Wynbedryf weer hof toe oor drankverbod
2021-07-01"Die twee week lange verbod op die verkoop van alkohol wat tans geld, volg op ’n 19-weke-verlies aan inkomste oor die afgelope 16 maande, wat ’n verwoestende uitwerking op die wyn- en toerismesektor gehad het. Meer as 269 000 mense werk in die sektor."
Hoogste hof lewer striemende en verdoemende uitspraak teen Zuma
2021-06-30"Een van Zuma se getroue ondersteuners, Carl Niehaus, het op Twitter uitgevaar teen die vonnis en gesê dit is totaal onaanvaarbaar. Hy sê dit is Zuma-ondersteuners se revolusionêr-demokratiese reg om hulle verontwaardiging en weerstand teen die vonnis uit te spreek en dat hulle dit onverbloemd sal doen."
Opposisie blameer regering vir nuwe inperkings
2021-06-29"Opposisiepartye hou die regering verantwoordelik vir die strenger inperkingsmaatreëls wat Sondagaand deur president Cyril Ramaphosa aangekondig is."
Duisende onderwysers gereed om teen COVID-19 geënt te word
2021-06-25"Die meer as 48 000 onderwysers en personeel wat Woensdag ingeënt is, sluit nie die Wes-Kaap en Limpopo in wat eers Donderdag met hulle volskaalse inentings vir onderwysers begin het nie. Leiers van onderwysersunies het hulle ook Donderdag in Atteridgeville laat ent."
Miljoene rand se onwettige sigarette vernietig
2021-06-24"Die sigarette wat vernietig is, is onwettig ingevoer of vervaardig in stryd met Suid-Afrika se Doeane- en Aksynswetgewing."
COVID-19 in Gauteng “buite beheer” sê premier
2021-06-23"Die omvang en erns van die derde vlaag hang grootliks van die doeltreffendheid van die inentingsveldtog af."
Derde COVID-golf slaan Gauteng hard
2021-06-22"Wynand Boshoff sê sedert die aanvang van Covid-verwante inperkings het die VF Plus hom daarvoor beywer dat die onderwyssektor so gou moontlik heropen moet word. Daarom verwelkom die party die geleentheid wat geskep word om alle skoolverwante personeel wat dit verlang, te laat inent."
Vlak 3-inperking straks nie genoeg om derde vlaag te stuit nie
2021-06-18"Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (SAMV) is van mening dat strenger maatreëls reeds vroeër ingestel moes gewees het om die derde vlaag in bedwang te hou. Volgens SAMV se voorsitter, Angelique Coetzee, is die jongste beperkings te min te laat. Sy sê sommige hospitale se kapasiteit word reeds tot die maksimum gerek."
Suid-Afrikaanse tienling is glo fopnuus
2021-06-17"Rampedi het Donderdag op Twitter volgehou dat hy ’n betroubare joernalis is wat nooit vir sy lesers sal jok nie."
Menseregtekommissie wik en weeg oor Afrikaans by US
2021-06-16"Die Menseregtekommissie (MRK) het die afgelope week weer uiteenlopende standpunte aangehoor oor die status van Afrikaans op die Universiteit Stellenbosch se kampus."
Besmette J&J-entstowwe nie in Suid-Afrika vrygestel nie
2021-06-15"Die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad (Sahpra) het Sondag in ’n verklaring aangedui dat hy nie die Johnson & Johnson-entstowwe wat deur die Amerikaanse voedsel-en-medisyne-administrasie (FDA) in die VSA as ongeskik beskou word, sal vrystel nie."
Eskom dompel Suid-Afrika al hoe dieper in die duister
2021-06-11"Ramaphosa sê die pas van ekonomiese herstel sal kan koers kry slegs indien die regering die krisis spoedig oplos. Hy sê dit is tans die regering se belangrikste prioriteit. Daarom word die 1 megawatt beperking op munisipaliteite en ondernemings om self krag op te wek opgehef om tot 100 megawatt sonder ’n lisensie toe te laat."
Wêreld wonder en gons oor tienling van Suid-Afrika
2021-06-10"’n Vrou van Gauteng wat glo geboorte geskenk het aan 10 babas het Suid-Afrikaners en die res van die wêreld die afgelope week aan die gons gehad toe selfs die regering nie daarin kon slaag om die vrou en haar kroos op te spoor nie."
Suid-Afrikaanse landbou vra buitelandse hulp oor grondonteiening
2021-06-09"Verskeie waarnemers meen die ANC wil die Grondwet-wysiging oor eiendomsreg gebruik om kiesers mee te lok om tydens vanjaar se munisipale verkiesing vir die ANC te stem."
Rassisme is nie Suid-Afrika se grootste probleem nie, volgens meningspeiling
2021-06-08In dié Instituut vir Rasseverhoudinge-peiling is mense ook gevra of 'al hierdie praatjies van rassisme en kolonialisme' net politici is wat verskonings probeer soek vir hul mislukkings. Die meeste mense het ja gesê.