Jean Oosthuizen

Joernalis

Zuma se stigting bedel geld om sy regskoste te betaal

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-08-25

"Jacob Zuma bevind hom skynbaar in ’n ernstige finansiële verknorsing noudat die belastingbetalers nie meer moet opdok vir sy regskoste nie."

Jeug stel voorbeeld met COVID-19-inentings

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-08-24

"Meer as ’n halfmiljoen Suid-Afrikaners het geregistreer op die eerste dag waarop inenting vir die 18–34-jaar-ouderdomsgroep geopen het. Daar was aansienlik meer inentings as tydens die afgelope weke ... Die besluit dat jongeres hulle nou ook kan laat inent, is verlede week deur die kabinet geneem in ’n poging om die inentingsprogram in die land vinniger uit te rol omdat daar genoeg entstof daarvoor beskikbaar is."

Vakbond wil hof toe as Oktober-skoolvakansie geskrap word

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-08-20

"Die Departement van Basiese Onderwys (DBO) staar ’n regsgeding in die gesig indien daar voortgegaan word met planne om die Oktober-skoolvakansie vir 2021 te skrap. Volgens die Suid-Afrikaanse Onderwysers Unie (SAOU) is die DBO van plan om die skoolvakansie in Oktober te kanselleer om te vergoed vir die vyf skooldae wat verlore gegaan het as gevolg van die vroeëre sluiting vir die wintervakansie."

Suid-Afrika oorweeg ook Covid-paspoorte

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-08-19

"Suid-Afrika oorweeg, net soos sommige ander lande, die instelling van Covid-paspoorte om toegang tot die land te kry wanneer die landsgrense weer oop is vir toeriste."

Konstitusionele Hof het laaste sê oor uitstel van verkiesing

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-08-18

"Verskeie politieke partye en organisasies het aangedui dat hulle gaan toetree tot die regsgeding in ’n poging om nie die verkiesingsdatum tot volgende jaar Februarie uit te stel nie."

Laaste kommentaar vir Afrikaans by Universiteit Stellenbosch ingedien

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-08-17

"AfriForum Jeug sê in ’n verklaring hulle is ook van mening dat indien die behoefte daar is, ’n addisionele taal vir onderrigdoeleindes ingestel kan word, soos die Nama-, San- en Khoi-tale."

Kaapstad-lughawe beste, skoonste en effektiefste in Afrika

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-08-13

"Wanneer daar egter na die breër globale prentjie gekyk word, is alles nie net maanskyn en rose vir Kaapstad nie. Ten spyte van die lughawe se goeie prestasie in Afrika het die lughawe se wêreldwye statuur tydens die COVID-19-pandemie skerp gedaal."

Skok en woede na sesjarige kind glo by skool verkrag word

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-08-12

"Die sesjarige kind is na bewering by die Khensani-laerskool in Soshanguve deur ’n werknemer van die skool verkrag toe sy die skool se toilet besoek het."

Zuma se dag in die hof met nóg ’n maand uitgestel

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-08-11

"Dit bly steeds ’n raaisel wat Zuma regtig makeer en waarom hy te siek is om in die hof te verskyn."

Munisipale verkiesingsdatum hang in die weegskaal

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-08-06

"Die OVK het Woensdag aangedui hulle gaan die Konstitusionele Hof op ’n dringende basis versoek om die verkiesing uit te stel."

ANC belhamels wil Ramaphosa by wêreldhof in Den Haag aankla

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-08-05

"Niehaus sê in die verklaring ’n volledige klagstaat sal later by die internasionale hof ingedien word. Dit word glo tans deur hulle regsverteenwoordigers voorberei, waarna dit openbaar gemaak sal word."

ANC kry wind van voor om grond sonder vergoeding te onteien

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-08-04

"Die EFF is ten gunste daarvan om die Grondwet te wysig. Hulle dring egter aan op veel radikaler onteiening as wat die ANC in gedagte het."

Opposisie sê gesondheidsminister se kop moet rol

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-08-03

"Die DA en die Vryheidsfront Plus dring nou daarop aan dat Ramaphosa nie langer durf uitstel om Mkhize te vervang en iemand anders in sy plek aan te stel nie."

Meer as 1 000 Suid-Afrikaanse soldate in Mosambiek ontplooi

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-07-30

"Die speaker van die parlement, Thandi Modise, en die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) se voorsitter, Amos Masondo, het ’n brief van Ramaphosa ontvang waarin hulle in kennis gestel is dat hy 1 495 lede van die SANW beskikbaar gestel het ter ondersteuning van ’n internasionale verpligting van Suid-Afrika teenoor die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG)."

Vakbond dien klag by VN in teen diskriminasie in Suid-Afrika

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-07-29

"Die klag is Woensdag by die VN se Komitee vir die Uitskakeling van Rassediskriminasie (CERD) gelê."

Verified by MonsterInsights
Top