Nuwe variant is verwoestend vir Suid-Afrika se toerisme
2021-11-30"Die reisbedryf het president Cyril Ramaphosa intussen geloof vir sy ferm benadering ten opsigte van mense wat huiwerig is om hulself teen COVID-19 te laat inent. Die President het Sondagaand aangekondig dat hy ’n taakspan saamgestel het om verpligte inentings vir spesifieke plekke en geleenthede te ondersoek."
Kommer oor seksuele mishandeling van kinders
2021-11-26"Nadat AfriForum se privaatvervolgingseenheid daarvan te hore gekom en vertoë aan die DOV gerig het, het die DOV bevestig dat daar wel ’n prima facie-saak teen die beskuldigdes is en dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) hulle gaan vervolg."
Derde dosis teen COVID-19 oorweeg terwyl vierde golf nader
2021-11-25"Van die vrae waaroor tans by woonkomplekse gestry word, is: As besighede dit doen, kan die trustees of direkteure van jou gemeenskapsbehuisingskema dit ook doen? Kan inwoners of hul besoekers verplig word om bewys van inenting te lewer voordat hulle die kompleks binnegaan of van gemeenskaplike geriewe soos die swembad, gimnasium of klubhuis gebruik maak?"
Week van drama in Suid-Afrikaanse politiek
2021-11-24"Dit plaas die DA nou in die ongemaklike posisie dat hulle nie anders kan as om wel met die EFF in gesprek te tree as hulle aan die bewind wil bly in munisipaliteite waar daar nie ’n volstrekte meerderheid is nie en waar die EFF gehelp het om die goue ketting om die burgemeester se nek te hang."
Misdaad vier steeds hoogty in Suid-Afrika
2021-11-23"Suid-Afrika se misdaadsyfer toon ’n skokkende toename oor die afgelope tien jaar; die minister van polisie, Bheki Cele, sê hy is tevrede met die vordering wat teen misdaad gemaak word ..."
Nóg duurder petrol is Suid-Afrikaners se voorland
2021-11-19"Suid-Afrikaanse brandstofpryse het op 3 November aansienlik gestyg. Die Automobiel Assosiasie van Suid-Afrika (AA) waarsku dat R20 per liter teen die einde van die jaar ’n moontlikheid is."
DA kla minister by Verenigde Nasies aan oor Afrikaans
2021-11-18"Die DA het ’n klag by die VN se Organisasie vir Opvoedkunde, Wetenskap en Kultuur (Unesco) aanhangig gemaak teen die Suid-Afrikaanse regering en die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande."
Piepklein party kraai koning in verskeie munisipaliteite
2021-11-17"Die PA het reeds hulle eerste burgemeester in Laingsburg tot die amp verkies gekry en hoop om nog verskeie burgemeestersposte en ander uitvoerende poste op burgemeesterskomitees landwyd in te palm."
Mej Heelal-kompetisie ontketen politieke storm in Suid-Afrika oor Israel
2021-11-16"Vanjaar se Mej Heelal-kompetisie het in ’n politieke speelbal ontaard. Die regering het hulle steun aan die Mej Suid-Afrika-kompetisie onttrek omdat die organiseerders weier om vanjaar se Mej Heelal-kompetisie te boikot omdat dit in Israel plaasvind."
Vier broers se ontvoerders nog op vrye voet
2021-11-12"Kenners sê die sielkundige effek wat die insident op die kinders en die res van die gesin gehad het, moet nie onderskat word nie. Die hele gesin sal waarskynlik berading by ’n traumaterapeut of sielkundige moet ontvang."
FW de Klerk vra vir oulaas verskoning vir die pyn van apartheid
2021-11-11"Suid-Afrika se laaste wit staatspresident onder apartheid, FW de Klerk, het in sy heel laaste boodskap aan die mense van Suid-Afrika opnuut onvoorwaardelik verskoning gevra vir die pyn wat apartheid veroorsaak het."
Eskom is in totale verval, sê opposisie
2021-11-11"’n Wonderwerk is nodig om in Suid-Afrika se huidige elektrisiteitsbehoeftes te voorsien vanweë die haglike toestand waarin Eskom tans verkeer en die totale verval by die organisasie."
Fluitjieblaser wat voor Zondo getuig het vlug landuit
2021-11-10"Williams beweer in sy verklaring hy is deur die regering, die universiteit waar hy etiek doseer het en deur baie vriende in die steek gelaat."
Ramaphosa positief oor ekonomiese vooruitsigte
2021-11-09"President Cyril Ramaphosa is vasbeslote om voort te gaan met sy ambisieuse beleggingsveldtog om buitelandse beleggers na die land te lok."
"Infodemie" veroorsaak entstofhuiwerigheid in Suid-Afrika
2021-11-05"Die goeie nuus is dat slegs ’n klein aantal mense heeltemal teen die entstof gekant is."