Jean Oosthuizen

Joernalis

Derde dosis teen COVID-19 oorweeg terwyl vierde golf nader

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-11-25

"Van die vrae waaroor tans by woonkomplekse gestry word, is: As besighede dit doen, kan die trustees of direkteure van jou gemeenskapsbehuisingskema dit ook doen? Kan inwoners of hul besoekers verplig word om bewys van inenting te lewer voordat hulle die kompleks binnegaan of van gemeenskaplike geriewe soos die swembad, gimnasium of klubhuis gebruik maak?"

Week van drama in Suid-Afrikaanse politiek

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-11-24

"Dit plaas die DA nou in die ongemaklike posisie dat hulle nie anders kan as om wel met die EFF in gesprek te tree as hulle aan die bewind wil bly in munisipaliteite waar daar nie ’n volstrekte meerderheid is nie en waar die EFF gehelp het om die goue ketting om die burgemeester se nek te hang."

Misdaad vier steeds hoogty in Suid-Afrika

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-11-23

"Suid-Afrika se misdaadsyfer toon ’n skokkende toename oor die afgelope tien jaar; die minister van polisie, Bheki Cele, sê hy is tevrede met die vordering wat teen misdaad gemaak word ..."

Nóg duurder petrol is Suid-Afrikaners se voorland

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-11-19

"Suid-Afrikaanse brandstofpryse het op 3 November aansienlik gestyg. Die Automobiel Assosiasie van Suid-Afrika (AA) waarsku dat R20 per liter teen die einde van die jaar ’n moontlikheid is."

DA kla minister by Verenigde Nasies aan oor Afrikaans

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-11-18

"Die DA het ’n klag by die VN se Organisasie vir Opvoedkunde, Wetenskap en Kultuur (Unesco) aanhangig gemaak teen die Suid-Afrikaanse regering en die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande."

Piepklein party kraai koning in verskeie munisipaliteite

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-11-17

"Die PA het reeds hulle eerste burgemeester in Laingsburg tot die amp verkies gekry en hoop om nog verskeie burgemeestersposte en ander uitvoerende poste op burgemeesterskomitees landwyd in te palm."

Mej Heelal-kompetisie ontketen politieke storm in Suid-Afrika oor Israel

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-11-16

"Vanjaar se Mej Heelal-kompetisie het in ’n politieke speelbal ontaard. Die regering het hulle steun aan die Mej Suid-Afrika-kompetisie onttrek omdat die organiseerders weier om vanjaar se Mej Heelal-kompetisie te boikot omdat dit in Israel plaasvind."

Vier broers se ontvoerders nog op vrye voet

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-11-12

"Kenners sê die sielkundige effek wat die insident op die kinders en die res van die gesin gehad het, moet nie onderskat word nie. Die hele gesin sal waarskynlik berading by ’n traumaterapeut of sielkundige moet ontvang."

FW de Klerk vra vir oulaas verskoning vir die pyn van apartheid

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-11-11

"Suid-Afrika se laaste wit staatspresident onder apartheid, FW de Klerk, het in sy heel laaste boodskap aan die mense van Suid-Afrika opnuut onvoorwaardelik verskoning gevra vir die pyn wat apartheid veroorsaak het."

Eskom is in totale verval, sê opposisie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-11-11

 "’n Wonderwerk is nodig om in Suid-Afrika se huidige elektrisiteitsbehoeftes te voorsien vanweë die haglike toestand waarin Eskom tans verkeer en die totale verval by die organisasie."

Fluitjieblaser wat voor Zondo getuig het vlug landuit

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-11-10

"Williams beweer in sy verklaring hy is deur die regering, die universiteit waar hy etiek doseer het en deur baie vriende in die steek gelaat."

Ramaphosa positief oor ekonomiese vooruitsigte

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-11-09

"President Cyril Ramaphosa is vasbeslote om voort te gaan met sy ambisieuse beleggingsveldtog om buitelandse beleggers na die land te lok."

"Infodemie" veroorsaak entstofhuiwerigheid in Suid-Afrika

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-11-05

"Die goeie nuus is dat slegs ’n klein aantal mense heeltemal teen die entstof gekant is."

Talle koalisies kom na reusewegblystem

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-11-04

"Die Suid-Afrikaanse politieke landskap het die afgelope week drasties verander en ’n nuwe era binnegegaan waar koalisiepolitiek aan die orde van die dag sal wees. Dit volg nadat die ANC vir die eerste keer sedert 1994 nie daarin kon slaag om landwyd en in talle munisipaliteite meer as 50 persent van die stemme te trek nie."

Groenkrag wink terwyl Eskom in die duister voortploeter

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-11-03

"Volgens Eskom word beurtkrag slegs as ’n laaste uitweg geïmplementeer om die stabiliteit van die kragstelsel te handhaaf."

Verified by MonsterInsights
Top