Jean Oosthuizen

Joernalis

Oorlog in Oekraïne ruk Suid-Afrikaners se sakke

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-03-24

"Nadat dit agt maande lank konstant gedaal het, het die jaarlikse brood- en graaninflasie in Februarie tot 3,7% gestyg van 1,5% in Januarie. Hierdie kategorie sluit graangebaseerde voedsel in wat van koring, rys en mielies gemaak word. Die maandelikse verandering was ook beduidend."

ActionSA gee Makhosi Khoza die trekpas

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-03-23

"Makhosi Busisiwe Khoza, wat tydens die munisipale verkiesing ActionSA se burgemeesterskandidaat vir eThekwini was, is Maandagaand deur die party in die pad gesteek."

Poskantoor op ’n "hopelose pad na nêrens"

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-03-22

"Intussen het die voormalige uitvoerende hoof van die omstrede posmaatskappy, Mark Barnes, vroeër aangebied om ’n deel van die groep te koop in ’n poging om te help om dit na sy vorige glorie terug te bring."

Partye span saam teen regering se ramptoestand

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-03-18

"Volgende Woensdag sal dit twee jaar wees sedert Suid-Afrika ’n drie weke lange inperking betree het om voor te berei vir die COVID-19-epidemie."

Poetin se vreemde Suid-Afrikaanse bedmaats

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-03-17

"Twee van die land se mees omstrede en uitgesproke Afrikaners aan teenoorgestelde pole van die politieke spektrum, Carl Niehaus van die Zuma-faksie in die ANC en Dan Roodt wat hom vir ’n Afrikaner-volkstaat beywer, deel skynbaar ook ’n bewondering vir Poetin en weersin vir Westerse regerings wat Oekraïne steun."

ANC se faksiegevegte steek die land aan die brand

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-03-16

"Volgens die verslag beskik president Cyril Ramaphosa nie oor die vermoë om die groeiende burgerlike onrus te bekamp nie, aangesien die faksies in die ANC met mekaar meeding om invloed, posisies en staatskontrakte."

Eise dat ramptoestand moet waai val op dowe ore

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-03-15

"Die verlenging van die ramptoestand met nóg ’n maand het Suid-Afrikaners die harnas in nadat die regering vroeër beloof het om dit spoedig op te hef."

Minister pleit vir meer moedertaalonderrig

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-03-11

"Sy sê onderwysers gebruik verskillende tale in klasse om kinders te help om te leer en hul punt oor te dra. Wanneer dit egter kom by assesserings – wat tipies in Engels gedoen word – word hulle weer gedwing om te worstel met ’n taal wat hulle nie verstaan ​​het terwyl hulle geleer het nie."

Suid-Afrika op die rand van algehele kragkrisis

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-03-10

"Wynand Boshoff van die Vryheidsfront Plus sê in ’n verklaring kragverbruikers wat die vernietigende uitwerking van hierdie krisis wil afweer, sal hul eie planne moet maak. Die prys van sonpanele en rugsteunbatterye moet nie meer met munisipale kragtariewe vergelyk word nie, maar met die skade van langdurige en gereelde kragonderbrekings."

Donker week wag nadat Eskom se fut weer uit is

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-03-09

"Die enigste lig vorentoe in Eskom se donker tonnel is dat Kaapstad ’n bystandskenking van byna R2 miljoen ontvang het vir sy nuwe energieplanne."

Ramaphosa probeer walgooi teen kritiek oor Oekraïne

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-03-08

"Ramaphosa skryf in sy weeklikse nuusbrief Suid-Afrika het buite stemming gebly omdat die resolusie nie die oproep tot betekenisvolle onderhandelings om die geskil op te los op die voorgrond gestel het nie."

SA se draadsittery oor Oekraïne wyd gekritiseer

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-03-04

"Suid-Afrika se weiering om hom by die meerderheid van die internasionale gemeenskap te skaar in hul verwerping van Rusland se optrede in Oekraïne is in skrille kontras met die wense van Westerse moondhede en die Suid-Afrikaanse burgerlike samelewing."

Ramaphosa sit met ’n warm patat in sy kabinet

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-03-03

"Die President het al herhaaldelik beloof dat almal wat betrokke was by staatskaping vervolg moet word, en dat hy sy regering wil suiwer van diegene wat betrokke was."

Premier steek minister in pad oor beweerde seks en drank

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-03-02

"Dié bevinding word gemaak in ’n verslag nadat ’n ondersoek van stapel gestuur is om die waarheid te toets van verskeie ernstige bewerings wat teen Fritz gemaak is, en wat tot sy skorsing verlede maand gelei het."

SA klink glasies met die Russe nadat Oekraïne binnegeval is

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-03-01

"‘Die groteskheid van hierdie gebaar kan nie oorbeklemtoon word nie. Stel jou voor dat jy ’n glas lig op die mag van die Duitse leër by die Duitse ambassade op die dag dat Hitler Pole binnegeval het,’ sê Steenhuisen in sy verklaring." Lees Jean Oosthuizen se berig.

Verified by MonsterInsights
Top