Donker COVID-19-prentjie wag nog op Suid-Afrika
2020-05-21"Tussen 40 000 en 45 000 Suid-Afrikaners kan volgens die jongste projeksies teen November as gevolg van COVID-19 sterf en soveel as een miljoen mense in die land sal na verwagting teen die einde van die jaar daardeur geïnfekteer word."
Afrikaanse Taalmonument wil COVID-19 se erns met taal en humor ligter maak
2020-05-21Kompetisietyd! Die Afrikaanse Taalmonument (ATM) nooi Afrikaanssprekers om in hierdie dae van inperking as deel van die ATM se 45-jarige vieringe hul penne te ontperk en iets snaaks, absurds of ironies in enige variëteit van Afrikaans op te tower. Dit kan limerieke, gedigte, gedagtes, haikoes, slagspreuke, flitsfiksie of lirieke oor dié geskiedkundige tye wees – iets wat by jou huis of enige ander plek tydens die inperking afspeel.
Vlak drie van inperking enige dag te wagte
2020-05-20"Op vlak drie kan meer bedrywe heropen en word mense toegelaat om vryer te beweeg. Soos wat die regulasies tans daar uitsien, sal mense tydens fase drie sigarette en tabak mag koop en drankwinkels sal gedurende beperkte ure oop wees. Mense sal ook toegelaat word om vryer en meer dikwels te oefen en meer besighede sal kan sake doen."
DA en VF+ gaan grendelstaat in hof betwis
2020-05-15"Die DA se tussentydse leier, John Steenhuisen, sê die bedreiging wat die huidige grendelstaat vir die land inhou, is veel groter as die bedreiging wat die koronavirus inhou. Hy sê die land het geen ander keuse as om die harde inperking te beëindig en die ekonomie weer aan die gang te kry nie."
Landwye gespot oor regering se klereregulasies
2020-05-15"Suid-Afrikaners is verstom oor die streng regulasies wat dié week in die Staatskoerant gepubliseer is oor watter klere hulle tydens die grendeltyd se fase 4 mag koop en watter items taboe is. Daar word selfs voorgeskryf hoe sekere kledingstukke gedra mag word."
Miljoene liter bier byna drein af weens inperking
2020-05-13"Suid-Afrikaanse Brouerye (SAB) het verlede week gesê as hy nie die bier vinnig kan bottel en vervoer nie, sal dit weggegooi moet word. Daar is foto’s op Twitter geplaas van bier wat reeds by een van die brouerye in Pretoria in die drein afgespoel moes word. Duisende liter bier kan egter nou gered word nadat SAB ’n ooreenkoms met die regering bereik het om verpakte voorraad bier veilig van sy brouerye na sy stoorplekke te vervoer."
Suid-Afrika moet gewoond raak aan ’n nuwe normaal
2020-05-12"President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrikaners moet hulleself voorberei vir ’n nuwe realiteit waar die stryd teen COVID-19 deel word van hulle daaglikse bestaan vir die volgende jaar of meer."
Politieke ontleders stamp kop oor Ramaphosa se posisie in ANC
2020-05-08"Volgens André Duvenhage se voorspelling is die druk teen Ramaphosa in die ANC besig om so sterk toe te neem dat hy dalk binnekort van sy troontjie gestoot kan word. Van Duvenhage se kollegas verskil met hom en sê hy is besig met samesweringsteorieë."
Tabakreus tree met die regering in gesprek
2020-05-07"In ’n onverwagse wending het Batsa Woensdag aangekondig dat hulle besluit het om eerder met die regering in gesprek te tree oor die formulering en toepassing van die regulasies. Die groep sê hulle is bekommerd oor die sluikhandel in onwettige sigarette wat te midde van vlak 4 meer as ooit floreer."
Polisie slaan toe op branderplankryers
2020-05-06"Die bekende Surfer’s Corner in Muizenberg was Dinsdag van vroegdag af die bymekaarkomplek van branderplankryers wat hulle misnoeë uitgespreek het omdat hulle nie soos drawwers, stappers en fietsryers mag oefen nie."
Ramaphosa trap water oor rook
2020-05-05"In sy weeklikse brief aan die nasie probeer president Cyril Ramaphosa verduidelik waarom daar ’n 180°-draai gemaak is nadat hy rokers belowe het hulle mag weer tabak koop tydens vlak 4 wat op 1 Mei in werking getree het."
Derde verskoning vir ongegronde bewerings in Bird Island-boek
2020-05-04"In die jongste en derde verskoning waarin Media24 erken dat die bewerings in die boek ongegrond is, word ’n skikkingsbedrag van R3 miljoen aan Du Plessis aangebied."
Suid-Afrikaners is keelvol vir drakoniese inperkings
2020-05-04"Die Verenigde Nasies (VN) se kommissie van menseregte het Suid-Afrika ook verlede week uitgesonder as een van die lande wat besig is om '’n giftige inperkingskultuur' te skep."
Eloff lig sluier oor FW se omstrede verklaring
2020-04-29"Eloff sê in die tydperk tussen 14 Februarie en 13 Maart 2020 het daar ’n reeks gebeure plaasgevind wat hom gedwing het om sy voortgesette betrokkenheid by die stigting te heroorweeg."
Maak gereed vir nog ’n lang skof inperkings
2020-04-29"Behalwe klein toegewings soos oefening onder streng voorwaardes en ’n dampie vir die rokers wie se sigarette op is, sal daar voorlopig nie veel toegewings vir Jan Publiek wees nie. Rakende skole: ’n Virtuele mediakonferensie deur die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, en die minister van hoër onderwys en opleiding, Blade Nzimande, vind Donderdag 30 April om 10h00 plaas."