Moederstad se waterbeperkings ná jare se droogte opgehef
2020-10-23"Die stadsraad sê in ’n mediaverklaring die opheffing van waterbeperkings en goedkoper watertariewe in die Moederstad tree op 1 November in werking."
SABC wil selfooneienaars vir TV-lisensies laat betaal
2020-10-21"Die SAUK hoop om sy leë geldkoffers te vul met bykomende lisensiegeld wat van tablette, selfone en verskaffers van betaaldienste soos Netflix en MultiChoice (DStv) afkomstig is."
Broedertwis in NG Kerk na "lafhartige verraad"
2020-10-20"Een van die kerk se mees uitgesproke teenstanders van gayverbintenisse, Chris van Wyk, beskuldig sy medebroers in die kerk van lafhartige verraad omdat hulle hom glo in die steek gelaat het."
Bekende letterkundige in Afrikaans-Nederlands sterf
2020-10-16"Ampie Coetzee, wat ’n persoonlike vriend en tydgenoot was van Breyten Breytenbach, was ook ’n taalstryder en vurige vegter teen sensuur. Hy was ’n stigterslid van die Breytenbach Sentrum in Wellington en eretrusteelid van die sentrum."
Bruin onderwyser in die pekel omdat hy sê hy is swart
2020-10-15"’n Bruin Wes-Kaapse onderwyser is in die moeilikheid omdat hy geweier het om as bruin geklassifiseer te word toe hy aansoek doen vir ’n onderwyspos. Hy het homself op sy CV as 'African' bekend gestel in plaas van 'Coloured' omdat hy gekant is teen rasseklassifikasie."
Ramaphosa se brief oor plaasmoorde lok wye reaksie
2020-10-14"Die landbou-organisasie Agri SA en die burgerregte-organisasie AfriForum het uiteenlopend reageer op president Cyril Ramaphosa se reaksie op die moord van Brendin Horner en die onlangse gebeure in Senekal."
ANC-minister sê Carl Niehaus is ’n boef
2020-10-13"’n Yslike bekgeveg het op Twitter uitgebreek tussen twee senior lede van die ANC, naamlik die minister van vervoer, Fikile Mbalula, en een van oudpresident Jacob Zuma se vurigste ondersteuners, Carl Niehaus."
Senekal-boere se optrede teen joernaliste veroordeel
2020-10-09"Die hardhandige wyse waarop twee vrouejoernaliste van The Citizen die afgelope week deur van die betogende boere in Senekal hanteer is, word ten sterkste deur die Suid-Afrikaanse redakteursforum (Sanef) veroordeel."
Cyril en Cele kry skuld vir boere se frustrasie wat oorkook
2020-10-08"AfriForum sê in ’n verklaring Ramaphosa het die bestaan van plaasmoorde vroeër op ’n internasionale platform ontken, terwyl Cele boere verlede maand op ’n vergadering in KwaZulu-Natal oor hul probleme uitgelok en verneder het."
Duisende stroom na Senekal uit protes teen plaasmoorde
2020-10-07"Chaos het buite die hof uitgebreek waar twee verdagtes vlugtig verskyn het in verband met Horner se moord. Van die betogers het die gebou bestorm en geëis dat die twee verdagtes, Sekwetje Mahlamba en Sekola Matlaletsa, aan hulle oorgegee word. ’n Polisievoertuig is ook deur van die betogers beskadig en aan die brand gesteek."
Gemoedere loop hoog na moord op jong plaasbestuurder
2020-10-06"Die moord op die jong plaasbestuurder het nie net dwarsoor Suid-Afrika nie, maar selfs in Europa en Noord-Amerika opslae gemaak. Namate meer Engelse media oor die aard en omvang van plaasmoorde berig, word al ernstiger vrae gevra oor die humanitêre krisis, en die regering se hantering daarvan, sê Saai in hulle verklaring."
Eksdominee skink wyn vir kaal vrou op strand
2020-10-02"’n Wynmaker en gewese predikant van Somerset-Wes wat bekend is vir sy onkonvensionele bemarkingmetodes het weer die tonge los met ’n nuwe wyn wat hy pas vrygestel het. 'Ek stel die wyn vry in ’n tyd waarin mense nog aangemoedig word om maskers te dra, maar ’n groot deel van die bevolking smag na maniere om van die kloustrofobie van inperking ontslae te raak,' het Van Niekerk aan Voertaal gesê."
NG Kerk-gemeentes in finansiële dilemma weens grendelstaat
2020-10-01"Hoewel gemeentes sedert die instelling van vlak 1 toegelaat word om weer tot 250 mense in eredienste toe te laat, verneem Voertaal van verskeie gemeentes waar die bywoning van eredienste sedert die inperking selfs minder is as die toegelate 50 mense onder vorige vlakke van inperking."
Zuma wil Zondo weer systap
2020-09-30"In ’n brief wat deur Zuma se regsverteenwoordigers aan die kommissie geskryf is, vra Zuma dat die voorsitter van die kommissie, adjunkhoofregter Raymond Zondo, hom as voorsitter moet onttrek."
Queeraktiviste plak in luukse gastehuis in Kampsbaai
2020-09-29"’n Woordvoerder van die groep, Kelly-Eve Koopman, sê hulle optrede is daarop gemik om die kwessie uit te lig en ’n groter dialoog te begin oor die dringende krisisse van veiligheid, grond en behuising."