Vonke spat by Kaapse skool oor ras
2020-11-11"Die onderonsie waartydens die vuiste gebal en selfs skote geklap het, het gevolg nadat die indruk vermoedelik geskep is dat die Hoërskool Brackenfell ’n matriekafskeid gereël het waarheen slegs wit kinders genooi is."
Suid-Afrika hou asem op vir tweede golf COVID-19
2020-11-10"Ramaphosa sê die opofferings wat die land gemaak het om die verspreiding van die virus te stuit, moet nie vergeet word nie."
Getuie met Zuma-lojaliteite trap klei voor Zondo
2020-11-06"Die voormalige voorsitter van die SAL se direksie, Dudu Myeni, het die afgelope week kwaai kleigetrap toe sy voor regter Raymond Zondo getuig het oor haar beweerde betrokkenheid by staatskaping."
Solidariteit breek ’n lansie vir Afrikaans in die regsberoep
2020-11-05"Solidariteit het bekendgemaak dat die Regspraktisynsraad (RPR) uiteindelik aan die Solidariteit Regsgilde bevestig het dat toelatingseksamens vir regslui in sowel Afrikaans as Engels beskikbaar sal wees."
Ikoniese Tafelberg skud sy vere reg
2020-11-04"Een van die wêreld se bekendste landmerke, Tafelberg in Kaapstad, gaan later die maand opgeruim word tydens ’n vrywillige bergskoonmaakaksie."
Wynboere maak planne om COVID-19 te oorleef
2020-11-03"Die skade wat die nasionale inperking as gevolg van COVID-19-regeringsbeleid aan Suid-Afrika se wynbedryf aangerig het, beloop reeds R7,5 miljard in die sewe maande sedert die inperking aangekondig is. Na raming is daar ’n oorskot van byna 400 miljoen liter wyn, wat meer as Suid-Afrika se plaaslike jaarlikse verbruik is, sê Suider-Afrika Agri Inisiatief (Saai). Saai sê hulle is baie bekommerd oor die duisende hektaar wingerde wat in die gedrang is. Tot 80 familieplase kan as gevolg hiervan verlore gaan."
Boikot SAL nes e-tol, vra Outa
2020-10-31"Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) het ’n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) te boikot net soos wat hulle die e-tol-stelsel geboikot het en glad nie van hulle diens gebruik te maak nie."
Bankrot SAL kry nog R10,5 miljard terwyl ekonomie verder krimp
2020-10-29"Die land se fiskus is in ’n baie slegter posisie as wat dit tydens 2008 se wêreldwye finansiële krisis was."
DA weer in beheer van die Jakarandastad
2020-10-28"Die DA is voorlopig weer in beheer van die Jakarandastad nadat die party hom tot die hof gewend het omdat die Gautengse regering die Tshwane Metroraad vroeër vanjaar ontbind en onder administrasie geplaas het."
Min hoop vir Tito se mediumtermynbegroting
2020-10-27"Opposisiepartye is bekommerd dat die minister van finansies, Tito Mboweni, die belastingbetalers se sakke weer gaan skud om die staat se boeke te laat klop wanneer hy Woensdag sy mediumtermynbegroting indien."
DA klim in bokskryt oor Afrikaans by US
2020-10-23"Die universiteit volstaan met hulle standpunt dat daar geen onbehoorlike gedrag deur De Villiers of regter Cameron was nie."
Moederstad se waterbeperkings ná jare se droogte opgehef
2020-10-23"Die stadsraad sê in ’n mediaverklaring die opheffing van waterbeperkings en goedkoper watertariewe in die Moederstad tree op 1 November in werking."
SABC wil selfooneienaars vir TV-lisensies laat betaal
2020-10-21"Die SAUK hoop om sy leë geldkoffers te vul met bykomende lisensiegeld wat van tablette, selfone en verskaffers van betaaldienste soos Netflix en MultiChoice (DStv) afkomstig is."
Broedertwis in NG Kerk na "lafhartige verraad"
2020-10-20"Een van die kerk se mees uitgesproke teenstanders van gayverbintenisse, Chris van Wyk, beskuldig sy medebroers in die kerk van lafhartige verraad omdat hulle hom glo in die steek gelaat het."
Bekende letterkundige in Afrikaans-Nederlands sterf
2020-10-16"Ampie Coetzee, wat ’n persoonlike vriend en tydgenoot was van Breyten Breytenbach, was ook ’n taalstryder en vurige vegter teen sensuur. Hy was ’n stigterslid van die Breytenbach Sentrum in Wellington en eretrusteelid van die sentrum."