COVID-19 laat baie onbeantwoorde vrae
2020-07-03"Die versekeringseiskenners Insurance Claims Africa sê hulle gaan hulle tot die hof wend om die dooiepunt op te los nadat sommige versekeringsmaatskappye geweier het om eise uit te betaal wat met COVID-19 verband hou."
Al hoe meer standbeelde kry die trekpas
2020-07-02"Dit lyk of Paul Kruger se dae op Kerkplein getel is. Dit is glo net ’n kwessie van tyd voordat dit, soos baie ander standbeelde uit die land se verlede, verskuif gaan word."
Zille se twiet het DA weer die harnas in
2020-07-01"Dié slag het sy getwiet daar is vandag meer rassistiese wette as gedurende apartheid."
Solidariteit neem die wapen op teen Denel
2020-06-26"Die vakbond Solidariteit het weer die spreekwoordelike wapen opgeneem teen die wapenvervaardiger Denel en ’n aansoek in die Arbeidshof ingedien omdat Denel nie werknemers se volle salarisse betaal het nie."
Oud-NP-minister sê die ANC is gedoem tot skeuring
2020-06-25"Die ANC sal in die na-COVID-19 era uitmekaar spat. Die ou struggle-verlede sal hulle nie bymekaar kan hou nie. Só sê die oud-NP-minister Leon Wessels en destydse ondervoorsitter van die grondwetskrywende vergadering wat die land se nuwe Grondwet geskryf het."
Dlamini-Zuma praat bont oor regulasies
2020-06-24"Nkosazana Dlamini-Zuma, wat die regering se omstrede inperkingsregulasies dié week ook weer aan die hof moet verduidelik, het verskeie vrae wat opposisiepartye skriftelik in die parlement aan haar gestel het, gesystap."
Gerrie Nel wil beleggers uit bedrogspul help
2020-06-23"Duisende beleggers wat altesaam miljarde rand verloor het in die Sharemax-bedrogspul, hoop advokaat Gerrie Nel en die burgerregteorganisasie AfriForum kan hulle help dat geregtigheid uiteindelik geskied."
Regering tussen die duiwel en diep blou see oor COVID-19
2020-06-19"Politieke partye het president Cyril Ramaphosa se aankondiging dat die inperkingsmaatreëls verder verslap gaan word, met gemengde gevoelens ontvang."
Blydskap oor inhegtenisname van VBS-voorbokke
2020-06-18"Agt mense is Woensdag in hegtenis geneem vir bedrog van miljarde rand. Die inhegtenisnemings volg bykans twee jaar nadat diefstal by die bank blootgelê is."
Oos-Kaap se skokkende COVID-19-chaos
2020-06-16"Rapport se susterkoerant City Press het ook die naweek berig oor die haglike toestande by die Oos-Kaap se hospitale. Die tonele by die hospitaal herinner mens volgens die koerante aan 'ʼn distopiese toekomsriller'. Talle van die hospitaal se verpleegpersoneel is glo self siek en moet mekaar in die buitegebou van die hospitaal verpleeg."
Solidariteit wil duisende onderwysposte help red
2020-06-15"Die vakbond sê in ’n verklaring hulle gaan met ’n groot veldtog begin om te keer dat personeel in onderwys- en ander poste, wat deur skoolbeheerliggame aangestel is, hul werk verloor."
Openbare beskermer se uurglas loop uit
2020-06-12"Verskeie politieke partye, burgerlike organisasies en kommentators het al Busisiwe Mkhwebane se kop geëis en gevra dat sy haar tas pak en loop, maar sy skop met alle mag vas. Die OB sê sy sal hof toe gaan om haar pos te behou, indien nodig."
Vrees by skole oor COVID-19 is volgens mediese spesialiste oordrewe
2020-06-10"Daar is geen rede vir ’n kultuur van vrees noudat kinders weer begin skoolgaan nie. Dít blyk uit omvattende gesprekke wat die joernalis, Willemien Brümmer, met mediese spesialiste gehad het oor wat presies kinders se risiko is wanneer hulle weer moet skoolgaan terwyl die koronavirus nog met ons is."
Riemtelegram oor Bacchus het drinkers op hol
2020-06-09"Gerugte dat die regering die verbod op die verkoop van alkohol later dié week weer gaan instel, het Maandag soos ’n veldbrand op sosiale media versprei. Dit is nie bekend hoe en waar die gerug ontstaan het nie. Die regering sowel as die polisie het op navraag gesê hulle dra geen kennis van so ’n besluit nie."
Zondo wil Zuma gou weer sien
2020-06-05"Zuma se kat-en-muis-speletjie met die land se regstelsel is alombekend. Hy het voorheen daarmee gespog dat hy graag sy 'dag in die hof'' wil hê. Wanneer dit puntjie by paaltjie kom, gebruik hy en sy regspan egter elke toertjie in die boek om sy saak uit te stel."