Jean Oosthuizen

Joernalis

Druk neem toe oor "irrasionele" regulasies tydens inperking

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-06-04

"Druk op die regering is besig om uit al hoe meer oorde toe te neem om weg te doen met irrasionele regulasies tydens die grendelstaat wat niks te doen het met die verspreiding van die koronavirus nie."

Suid-Afrikaners moet raap en skraap om COVID-19 te oorleef

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-06-03

"Talle Suid-Afrikaners moet geld leen of hulle spaargeld gebruik om COVID-19 te oorleef." 

Geskarrel agter skerms oor heropening van skole

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-06-03

"Die heropening van skole het die naweek groot verwarring veroorsaak toe daar Sondagaand op die nippertjie aangekondig is skole heropen nie meer op Maandag 1 Junie vir graad 7- en graad 12-leerlinge soos wat vroeër in die Staatskoerant aangekondig is nie."

Groter vryhede wink van Maandag vir Suid-Afrikaners

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-05-29

"Van Maandag af kan Suid-Afrikaners na hartelus weer enige tyd van die dag in die buitelug gaan oefen of gaan stap mits dit nie in groepe is nie. Hulle mag ook weer sekere dae van die week ’n koue bier of ander alkoholiese drank gaan koop om mee te ontspan, maar mag dit net in hulle eie huise drink."

Oop kerke kry die wind van voor

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-05-28

"Daar bestaan gemengde reaksie onder gelowiges oor president Cyril Ramaphosa se aankondiging dat kerke van 1 Junie onder streng voorwaardes weer eredienste mag hou. Die meeste geloofsleiers het die besluit verwelkom. Baie mense dink egter nie dit is ’n goeie plan nie."

Winter gooi sy sneeukombers oor groot dele van die land

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-05-27

"Volgens die weerdiens kan die land hom gereedmaak vir ’n yskoue begin van die winterseisoen."

Woedende rokers wil vuurmaak onder regering

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-05-26

"Terwyl dorstige Suid-Afrikaners hulle lippe aflek om volgende Maandag in die tou te val om ’n kissie bier of bottel wyn te gaan koop, is die land se rokers op die oorlogspad. Hulle is woedend omdat hulle steeds nie sigarette of tabak mag koop wanneer vlak 3 Maandag in werking tree nie."

Minister en dokter haaks oor COVID-19

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-05-22

"Die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, en ’n lid van die ministeriële advieskomitee oor COVID-19 en lid van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad, Glenda Gray, het in woordestryd beland oor die koronavirus."

Donker COVID-19-prentjie wag nog op Suid-Afrika

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-05-21

"Tussen 40 000 en 45 000 Suid-Afrikaners kan volgens die jongste projeksies teen November as gevolg van COVID-19 sterf en soveel as een miljoen mense in die land sal na verwagting teen die einde van die jaar daardeur geïnfekteer word."

Afrikaanse Taalmonument wil COVID-19 se erns met taal en humor ligter maak

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-05-21

Kompetisietyd! Die Afrikaanse Taalmonument (ATM) nooi Afrikaanssprekers om in hierdie dae van inperking as deel van die ATM se 45-jarige vieringe hul penne te ontperk en iets snaaks, absurds of ironies in enige variëteit van Afrikaans op te tower. Dit kan limerieke, gedigte, gedagtes, haikoes, slagspreuke, flitsfiksie of lirieke oor dié geskiedkundige tye wees – iets wat by jou huis of enige ander plek tydens die inperking afspeel. 

Vlak drie van inperking enige dag te wagte

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-05-20

"Op vlak drie kan meer bedrywe heropen en word mense toegelaat om vryer te beweeg. Soos wat die regulasies tans daar uitsien, sal mense tydens fase drie sigarette en tabak mag koop en drankwinkels sal gedurende beperkte ure oop wees. Mense sal ook toegelaat word om vryer en meer dikwels te oefen en meer besighede sal kan sake doen."

DA en VF+ gaan grendelstaat in hof betwis

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-05-15

"Die DA se tussentydse leier, John Steenhuisen, sê die bedreiging wat die huidige grendelstaat vir die land inhou, is veel groter as die bedreiging wat die koronavirus inhou. Hy sê die land het geen ander keuse as om die harde inperking te beëindig en die ekonomie weer aan die gang te kry nie."

Landwye gespot oor regering se klereregulasies

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-05-15

"Suid-Afrikaners is verstom oor die streng regulasies wat dié week in die Staatskoerant gepubliseer is oor watter klere hulle tydens die grendeltyd se fase 4 mag koop en watter items taboe is. Daar word selfs voorgeskryf hoe sekere kledingstukke gedra mag word."

Miljoene liter bier byna drein af weens inperking

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-05-13

"Suid-Afrikaanse Brouerye (SAB) het verlede week gesê as hy nie die bier vinnig kan bottel en vervoer nie, sal dit weggegooi moet word. Daar is foto’s op Twitter geplaas van bier wat reeds by een van die brouerye in Pretoria in die drein afgespoel moes word. Duisende liter bier kan egter nou gered word nadat SAB ’n ooreenkoms met die regering bereik het om verpakte voorraad bier veilig van sy brouerye na sy stoorplekke te vervoer."

Suid-Afrika moet gewoond raak aan ’n nuwe normaal

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-05-12

"President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrikaners moet hulleself voorberei vir ’n nuwe realiteit waar die stryd teen COVID-19 deel word van hulle daaglikse bestaan vir die volgende jaar of meer."

Verified by MonsterInsights
Top