Covid-19 ruk Suid-Afrika ook tot stilstand
2020-03-16"Die president het ’n nasionale ramptoestand afgekondig, die grense tot ’n groot mate vir aankomelinge gesluit, skole sluit Dinsdag (en sal gesluit bly tot na die Paasnaweek) en samekomste van meer as 100 mense word verbied."
Is die NG Kerk ’n dinosourus wat uitsterf?
2020-03-13Waar gaan die NG Kerk hom oor tien jaar bevind?
Nuwe inisiatief om verengelsing op tersiêre vlak te stuit
2020-03-10"Die afskaling van Afrikaans op tersiêre vlak moet op ’n konstruktiewe manier teengewerk word deur gebruik te maak van alle beskikbare kanale om meertaligheid te bevorder en verengelsing van tersiêre inrigtings hok te slaan. Dit is die doelwit van ’n nuwe inisiatief wat deur die Afrikaanse Taalraad (ATR) aangekondig is om help keer dat Afrikaans as onderrigtaal verder kwyn."
Koronavirus het Suid-Afrikaners op hol
2020-03-09"Fopnuus en paniek oor die koronavirus versprei skynbaar vinniger in Suid-Afrika as die virus self. Slegs drie gevalle is tot dusver in Suid-Afrika geïdentifiseer, maar op sosiale media word reeds spoke opgejaag oor die land se vermoë om die virus in toom te hou indien dit verder sou toeneem onder Suid-Afrikaners."
Wes-Kaap wil wegdoen met beurtkrag
2020-03-06"Die Wes-Kaap kan die eerste provinsie in die land word wat nie deur beurtkrag geraak word nie. Altesaam 23 van die Wes-Kaap se 30 munisipaliteite is gereed om krag van onafhanklike kragvoorsieners te bekom."
Boek oor Bird Island was "karaktermoord" en "web van leuens"
2020-03-05"So lui die verklaring nadat die boek die afgelope week aan die mark onttrek is."
Buitelandse plakkers wil Kaapstad nie los
2020-03-04"Die onwettige immigrante in Kaapstad wat die Groentemarkplein onwettig beset en deur die hof gelas is om die gebied te verlaat, het na ander oop ruimtes in die stad uitgewyk."
Afrika systap nog gevreesde Covid-19
2020-03-03"Mediese kenners is tegelyk verbaas en verlig dat daar tot dusver nog slegs drie bevestigde koronavirusgevalle in Afrika is. Een van die grootste vrese is dat Afrika met sy swak mediese stelsels nie in staat sal wees om dit te hanteer as die virus in veral die armer lande sou begin versprei nie."
Beswaardes in NG Kerk wil treur maar nie skeur
2020-02-28"Beswaarde predikante en lidmate van die NG Kerk wat gekant is teen ’n besluit dat mense van dieselfde geslag mag trou, wil die kerk nou 'toegooi' onder besware."
Poedelkaal te perd deur dorp se hoofstraat
2020-02-27"’n Sakevrou van Clarens het die hele land aan die gons nadat sy poedelkaal op ’n wit perd deur die dorp se hoofstraat gery het. Vanessa Faarking Jenkins het besluit om op dié eksentrieke manier die lewe te vier. Sy het volgens Netwerk24 onlangs kanker oorwin en wou op dié manier groter bewusmaking van kanker skep nadat sy die siekte oorwin het."
Suid-Afrikaners is onder die wêreld se grootste pessimiste
2020-02-26"Misdaad en geweld bly die grootste rede waarom Suid-Afrikaners een van die negatiefste bevolkings in die wêreld is."
Tito gaan spartel om boeke te laat klop
2020-02-25"Die staatskas is feitlik dolleeg gesteel deur staatskapers. Die lig aan die einde van ekonomiese tonnel lyk al hoe meer na ’n aankomende trein."
Pauw dagvaar medejoernalis vir laster
2020-02-21"Die vete tussen die twee joernaliste broei al sedert The President’s keepers in 2017 op die rak verskyn het."
NG Kerk met geld afgedreig oor gays
2020-02-20"Een van die kerk se streeksinodes, Goudland, het besluit om nie meer ’n sent in die algemene sinode se beursie te gooi nie totdat die kerk sy besluit oor selfdegeslagverhoudings heroorweeg."
Zille gooi handdoek in oor "bose" Twitter
2020-02-19"Zille sê in haar vaarwel-twiet Twitter het vervlak tot ’n platform van irrasionele boendoegedrag wat gebruik word om ’n agenda van haat te bedryf om maksimum skade te berokken."