US rektor wil "aanbeweeg" ná taalstryd
2019-12-04"Die ondersoek onder leiding van oudregter Burton Fourie het bevind dat daar geen bewyse was dat Wim de Villiers onbehoorlik opgetree het met die nominasie van oudregter Edwin Cameron vir die amp van kanselier van die US nie."
"Rasbehepte transformasie" maak PUK armer
2019-12-03"Die twee belangrikste kenmerke wat die PUK in sy bloeitydperk beleef het en waarvan daar toenemend wegbeweeg word, is volgens Theuns Eloff eerstens Christelik-prinsipiële denke oor die wetenskap en die wêreld, en tweedens onderrig en navorsing in Afrikaans."
Jansen se vloermoer oor Afrikaans berus op "halwe waarhede"
2019-12-02“Ek gaan beslis nie met enige media in gesprek tree oor die onderwerp nie behalwe vir ’n lang essay daaroor waaraan ek nog besig is om te werk,” het Jonathan Jansen gesê. Die eienaar van Protea Boekwinkel, Nicol Stassen, het ook kommentaar gelewer. Jean Oosthuizen berig.
Dis nou vlieg of val vir SAL
2019-11-29"Die lugdiens is op die rand van finale ineenstorting en slegs ’n wonderwerk kan dit nog red."
Jonathan Jansen "flip" toe vrou hom in Afrikaans aanspreek
2019-11-28"Die voormalige visekanselier van die Universiteit Vrystaat (UV) is ten volle tweetalig."
Kaapstad kraai weer koning in die wêreld
2019-11-27"Suid-Afrika se toerismehoofstad Kaapstad is vir die sewende agtereenvolgende jaar aangewys as die beste stad in die wêreld om te besoek."
Gary Player is keelvol vir misdaad
2019-11-26"Die Suid-Afrikaanse gholflegende Gary Player het hom by ’n al groter wordende koor Suid-Afrikaners aangesluit wat protes aanteken teen die vlaag van geweld en misdaad in die land."
Bankrot SAL se dae is getel
2019-11-22"As die wankelende Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) nie baie vinnig ’n noodlanding maak nie, kan hy homself met al sy werknemers en miljarde rand se skuld te pletter val."
Inflasie is die laagste in agt jaar
2019-11-21"Suid-Afrikaanse verbruikers kan ’n sug van verligting slaak oor die nuus aangesien dit beteken dat die prys van verskeie goedere en dienste teen ’n laer tempo sal styg en in sommige gevalle selfs kan daal."
Land gis of nuwe Eskombaas die ligte kan aanhou
2019-11-20"Die persoon wat Suid-Afrika se kragvoorsiener Eskom van ondergang moet help red en toesien dat die land se ligte aanhou brand, se aanstelling is dié week met gemengde reaksies begroet."
Oud-onderwyser skoonveld ná bewerings van kindermolestering
2019-11-19"’n Oud-onderwyser wat na bewering verskeie skoolseuns gemolesteer het, het skynbaar op die vlug geslaan toe die wêreld om hom te warm word."
Solidariteit kla oor rassisme in polisie
2019-11-15"Die vakbond Solidariteit het die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) versoek om ondersoek in te stel na beweerde vals klagtes van rassisme en ander vorme van rassisme in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD)."
Poppe dans oor seksvoorligting in skole
2019-11-14"Seksvoorligting by skole het die hele land in rep en roer. Dit volg nadat ’n herrie losgebars het oor die departement van basiese onderwys se omstrede nuwe plan vir seksvoorligting aan skoolkinders."
Vloek met flair in Afrikaans
2019-11-13"’n Simposium wat sedebewakers na seep sal laat gryp om die monde mee uit te spoel word Vrydag in Pretoria gehou."
Toeris kritiek beseer na fratsongeluk in Krugerwildtuin
2019-11-12"’n Switserse toeris is krities beseer toe ’n kameelperd in die Krugerwildtuin op sy motor geval het nadat die dier deur ’n minibustaxi getref is."