Maryke Roberts

Vryskutjoernalis

Korea en Japan: Word deel van die geskiedenis aan boord ’n luukse skip

Maryke Roberts Reizen 2025-07-02

"Die gebeure van die Tweede Wêreldoorlog word dikwels net in boeke en flieks en dokumentêre films aan mens ontbloot. ... Maar dan staan jy eendag danksy ’n bootvaart tussen die Japannese eilande op die drumpel van dié gebeure en die nagevolge ruk jou 80 jaar later asof jy dit self ervaar het."

Chardonnay ’n staatmaker danksy twee pioniers

Maryke Roberts Culinair 2025-06-20

Met Internasionale Chardonnay-dag wat op 22 Mei gevier is, was dit heel gepas dat mens hulde bring aan die pioniers wat hierdie druifsoort na Suid-Afrika gebring het en boonop wêreldklasstatus gegee het. Chardonnay is die tweede grootste witdruifaanplantings ter wêreld.

Stap vir geregtigheid én studenteregte

Maryke Roberts Actueel 2025-06-19

"Die vierde Maatskaplike Geregtigheid-staptog is Maandag 16 Junie, Jeugdag, in Stellenbosch gestap. Dis ’n inisiatief van die Sentrum vir Maatskaplike Geregtigheid en die 13 kilometer-staptog van Stellenbosch na Kylemore via die historiese Ou Helshoogtepas is daarop gemik om fondse in te samel vir die #Aksie4Insluiting- (#Action4Inclusion-) inisiatief."

Vier vanjaar Internasionale Chenin-dag met ’n besondere vrou in gedagte

Maryke Roberts Culinair 2025-06-11

"Anna de Koning is amper ’n Suid-Afrikaanse Aspoestertjie-verhaal [...] Sy was Suid-Afrika se eerste vroulike grondbarones van kleur [...] Wynliefhebbers kan ’n heildronk op die merkwaardige Anna kom drink wanneer die huidige oesjaar van die Anna de Koning Chenin Blanc op vanjaar se #DrinkChenin-dag, Saterdag 14 Junie, op die plaas [Phesantekraal] te proe is."

Gaan verken die wonderlike oud en nuut van Dubai

Maryke Roberts Reizen 2025-06-05

"Dis danksy ’n vriendin se seun se vertellinge oor die Dubai Esports en Aanlynspeletjiesfees wat van 25 April tot 11 Mei gehou word en waarheen hy graag wil gaan, dat ons besluit om op te lees oor wat alles in die stad te sien is. Ons vlieg met Emirates en staan vir ’n dag en ’n half oor en kuier in Dubai, voor ons aanskuif na die stad se meer besadigde buurman, Abu Dhabi."

Dertig jaar van demokrasie met kuns vertel

Maryke Roberts Kunst 2025-05-27

"Op die vooraand van die 31ste viering van die demokratiese Suid-Afrika op 27 April staan ek in die groot uitstalsale van die museum van die Norvalstigting in Tokai, Kaapstad voor die werke wat deel vorm van We, the people: 30 years of democracy in South Africa. Liese van der Watt is die kurator en die fokus is om drie dekades van die Suid-Afrikaanse demokratiese reis en die land se transformasie deur magtige visuele kuns te vertoon."

Museums moet inklusief word en die jeug betrek om dit te bereik

Maryke Roberts Kunst 2025-05-16

"Baie museums is stowwerige, donker plekke waar uitsluiting – eerder as insluiting – die wagwoord is. Dit is dus ook dikwels nie op jongmense se radar wanneer ’n nuwe omgewing verken word nie. Met Internasionale Museumdag wat op 18 Mei gevier word, bring dit weer museums in die kollig. Die dosente van die Stellenbosch Academy of Design and Photography het besluit om hierdie dilemma met ywer aan te gryp en jongmense by ’n interessante projek te betrek, naamlik “Imagine a just future”, ’n projek vir hul derdejaarstudente."

Ontvlug na tradisie by Vriesenhof

Maryke Roberts Reizen 2025-05-14

"Die nuwe restaurant in die ou plaashuis op Vriesenhof buite Stellenbosch is heel gepas genaamd Die Stoep. Hier verlustig jy jou nie net in die plaas se bekroonde wyne, die wonderlike geregte uit die kombuis, of deel jy in ons erfenis nie, jy word een met die portretagtige landskappe wat deur die reusevensters omraam word."

Grootste park in Zimbabwe, grootste vreugde

Maryke Roberts Reizen 2025-04-30

"Die ses wildkykvoertuie, wat elkeen 10 gaste kan akkommodeer, het net ses mense elk op."

Hier respekteer almal mekaar

Maryke Roberts Reizen 2025-04-24

"Die Abrahamitiese Familiehuis wat op 1 Maart 2023 geopen het, se missie bou voort op die Dokument oor Menslike Broederskap (The Document on Human Fraternity) wat in 2019 deur Pous Francis en Ahmed El-Tayeb onderteken is en veral gaan om die oortuiging dat oop dialoog, begrip en aanvaarding van kardinale belang is om die vele uitdagings wat die mensdom vandag in die gesig staar, aan te spreek."

Ligkuns bied alternatiewe kunsvorm

Maryke Roberts Kunst 2025-04-09

"[Die Spier Ligkuns-uitstalling] is een van die enigste toegewyde kontemporêre ligkunsuitstallings in Afrika en toegewy aan die groei van die ligkunsgenre in die suidelike halfrond. Dit bied geleenthede aan opkomende én gevestigde Suid-Afrikaanse kunstenaars, maar werk ook met besoekende kunstenaars van elders."

Kuns het die Kaap behoorlik laat gons

Maryke Roberts Kunst 2025-04-04

"Kaapstad se aanwysing as die eerste Afrika Wêreld Ontwerp Hoofstad het baie bygedra om die Investec Cape Town Art Fair se status te laat groei tot die kontinent se grootste kunsfees."

Ons reis met parfuum en geur en nostalgie

Maryke Roberts Reizen 2025-04-01

"Hierdie geure laat jou toe om ’n stukkie van jou ervaring saam huis toe te bring, wat dien as ’n herinnering aan jou verblyf wat lank na jou besoek talm."

Erfenis en die toekoms leef hier in harmonie

Maryke Roberts Culinair 2025-03-28

"Durbanville vier vanjaar sy 200ste verjaardag en binne die dorp se grense lê van die land se oudste wynplase waar wyne in koel klimaatstoestande groei. Daar is verskeie redes om vandeesmaand ekstra lank te vertoef met een van die Durbanville Wynvallei-lede se spesiale verjaardaggeleenthede."

Geskiedkundige jaar vir dorp én wynplaas

Maryke Roberts Culinair 2025-03-26

"Die jaar 2025 is vir Durbanville, buite Kaapstad, ’n besondere jaar: Die voorstad vier op 1 April sy 200ste verjaardag en die Durbanville Wynvallei se plase vier dit op 10 en 11 April behoorlik met verskeie aanbiedinge vir wynliefhebbers. Op 2 Mei vier die wêreld Internasionale Sauvignon Blanc-dag – die druif waarvoor hierdie vallei sekerlik die bekendste is."

Verified by MonsterInsights
Top