Venter en Nystrøm verklank ’n wêreld van liriese vernuwing op Kassandra
2025-12-24"Die eerste album van Juliana Venter en Rolf-Erik Nystrøm as duo dui op ’n diepgaande estetiese verbintenis. Die werk Under the Same Rainbow (2024) op die omslag van Kassandra is geskilder deur Wayne Barker, ’n internasionaal gerekende Suid-Afrikaanse visuele kunstenaar wat, soos Venter, sedert die laat apartheidsjare sy stempel bly afdruk op maatskappykritiese vrae en kunsvorme."
T'Sjoen verken komplekse, ryk nalatenskap van een van Afrika se mees enigmatiese literêre figure in De ontdekking van het eiland: #2
2025-07-23"Iedere schrijver is het product van zijn tijd. Dat is voor Breytenbach niet anders. Hij beschikte over de gave om anderen te begeesteren, bij de zaak te betrekken die hem ter harte ging – hij beheerste de kunst van de liefdesverklaring en de polemiek."
T’Sjoen vertel van uitkringende navorsing waartoe De ontdekking van het eiland lei: #1
2025-07-22"Ik bespreek literaire netwerken, de bemiddelende functie van de vertaler, Breytenbachs medewerking aan tijdschriften, boeken in het fonds van Nederlandse uitgeverijen, de kritische ontvangst in het doelcultuurgebied."
Bekroonde literatuurhistorici gesels oor omvattende verkenning van Nederlandse letterkunde in SA
2025-05-30Hoewel die gebruik van Nederlands ná 1925 in Suid-Afrika uit die openbare lewe verdwyn het, word in die 21ste eeu steeds Suid-Afrikaanse Nederlandse letterkunde geskryf, vertel Olf Praamstra en Eep Francken, vanjaar die ontvangers van die Van Ewijck-Stigting se prestasiebeurs. Hulle het met Willem de Vries gesels oor hul jarelange, omvattende navorsing (sedert 2012) wat gelei het tot die publikasie van Geen land voor dromen, Geschiedenis van de Zuid-Afrikaanse Nederlandse literatuur (2023).
Multatuli se grote Max Havelaar nou in Afrikaans, danksy Ena Jansen se vertaling
2025-01-24"Die boek bly belangrik omdat koloniale magsverhoudings en korrupsie in kapitalistiese stelsels steeds op globale skaal bestaan en selfs uitbrei." ’n Durende topstuk van die Nederlandse verhaalkuns is nou deel van die Afrikaanse letterkunde, danksy Ena Jansen se soepel vertaling van Multatuli se grootste werk. Sy het oor haar vertaling van die Max Havelaar of die koffieveilings van die Nederlandse Handelsmaatskappy (Protea Boekhuis, 2025) met Willem de Vries gesels.
Uit die argief: Die talle vertalings van Riet de Jong-Goossens – ’n tuiste vir Afrikaans in Nederlands
2024-12-14Riet de Jong-Goossens is op 13 Desember 2024 in Nijmegen oorlede. Voertaal deel graag hierdie onderhoud wat Willem de Vries met haar gevoer het. Dit is oorspronklik op 25 Julie 2018 gepubliseer.
Bruggenhoofden: Yves T’Sjoen en Andries Visagie verken die verruimende bande van letterkundes
2024-06-12In die voorlaaste sessie van die Kaapstadse gespreksreeks Bruggenhoofden het die Gentse literator Yves T’Sjoen met die Stellenbosse literator Andries Visagie gesels oor die verruimende perspektiewe tussen die Afrikaanse en Nederlandse letterkundes, berig Willem de Vries.
Bruggenhoofden: Anastasia de Vries lewer rigtende bydraes in kritiese herevaluering van tale, geskiedenis en gemeenskappe
2024-05-27"Haar studies in Nederland het haar baie krities en bewus gemaak van die noodsaak om anders te kyk en so ook na die geskiedenis van Afrikaans, het sy gesê. Waar dit gaan oor kleur, ras, geloof, veral dan die Moslemgeloof, is al baie goeie vordering gemaak ten opsigte van die navorsing oor die geskiedenis van Afrikaans, maar nog te weinig is op die gebied van (Afrikaanse) kerktaalgeskiedenis in byvoorbeeld die Rooms-Katolieke Kerk gedoen."
Fotoblad: Afrikaanse digters op literêre reis deur Nederland en België
2024-04-24"Alwyn Roux en Tom Dreyer het in Maart in Nederland en België hul onderskeie bundels Weerskyn en Nou in infrarooi bekendgestel aan die hand van verskeie kennismakings, gesprekke en voorlesings."
Digters Dreyer en Roux toer Lae Lande met hul bundels Nou in infrarooi en Weerskyn
2024-04-24"Tom Dreyer en Alwyn Roux se poësiebundels, onderskeidelik Nou in infrarooi en Weerskyn, is allerweë gunstig ontvang en onlangs in Nederland en België bekendgestel. Willem de Vries berig oor een só ’n geleentheid in die Poëziecentrum in Gent waar Jürgen Pieters, ’n literatuurwetenskaplike verbonde aan die Universiteit van Gent, ’n gesprek met die digters gelei het."
Bruggenhoofden: Alfred Schaffer, ’n digter en vertaler van die tussengebied
2024-04-02Hoe bly neem ’n digter en vertaler aan die orde van Alfred Schaffer sy sentrale plek in die kreatiewe tussengebied tussen Afrikaans en Nederlands in, in ’n era waarin so ’n groot verskeidenheid skrywerstemme, tale en temas in die polifonie van multikulturele letterkundes in Afrikaans en Nederlands al hoe meer aandag ontvang? Willem de Vries het gaan luister na Yves T’Sjoen se gesprek met Schaffer op 23 Maart in die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV) in Kaapstad.
Bruggenhoofden by SASNEV: Yves T’Sjoen lei saam met Louise Viljoen gesprekreeks in oor letterkundes
2024-02-14Louise Viljoen en Yves T’Sjoen, albei gerekende literatore wat aansluitend werk in transnasionale verband oor aspekte van Afrikaanse en Nederlandse letterkunde, het op 27 Januarie 2024 in die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV) in Pinelands, ’n voorstad van Kaapstad, gesels, berig Willem de Vries.
Daniel Hugo oor digterlike gesprekke, Vers & Kapittel II en welkome hulde aan Ina Rousseau
2024-02-02Die poësie en sy beoefenaars kort voortdurende bekendstelling en bewusmaking, sê Daniel Hugo, ’n meermaal bekroonde vertaler en digter in ’n gesprek oor sy tweede versamelbundel oor die digkuns, Vers & Kapittel II (en hy werk reeds aan ’n derde versameling). Hy is ook die redakteur van ’n belangrike bestekopname en huldiging van Ina Rousseau, Digter van die kwiksilwerwoord, wat pas verskyn het. Hy het met Willem de Vries oor gedigte, digters en brûe tussen letterkundes gesels.
Henning Pieterse se nuwe vertaling wys Reinaard is onverminderd ’n bron van vermaak, spot en lering
2024-01-03"Deur te vertaal, hou jy jou vingers (en brein) fiks, tas jy rond in die vesels van groot tekste en wys jy aan studente hoe vermeende 'dooie' tekste verlewendig kan word."
Nobelpryswenner Wole Soyinka bring aktualiteit en letterkunde in kaart op Africa in the World
2023-10-16Soyinka, die ontvanger van die Nobelprys vir letterkunde in 1986, was onlangs ’n gas van die Africa in the World-fees op Stellenbosch op uitnodiging van die stigter van die fees, Dele Olojede.
