Piet Westra: “Kulturele uitwisseling tussen Nederland en Suid-Afrika vandag sterker as ooit”
2019-02-15Westra is al vir jare ’n aktiewe bevorderaar van die bande tussen Afrikaans en Nederlands, onder andere deur nou betrokke te wees by die Van Ewijck Stigting en die uitgebreide Nederlandse Bibliotheek wat in die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Vlaandere en Nederland (Sasnev) gehuisves word. Hy het Willem de Vries se vrae beantwoord.
Uitnodiging na Gent lei tot wedersyds verrykende program vir vertaler en digter Daniel Hugo
2019-02-13Daniel Hugo, ’n bekende Afrikaanse digter wat al meermale bekroon is vir sy vertalings uit Nederlands, is die eerste vertaler wat ná die instelling van die leerstoel Zuid-Afrika: talen, literaturen, cultuur en maatschappij aan die Universiteit van Gent daarheen genooi is. Hy het Willem de Vries se vrae beantwoord oor sy werk, optredes en ervarings daar as "vertaler op kampus".
Ludo Helsen van Willem de Zwijger-stigting sê opnuut steun toe aan SASNEV en die Nederlandse Biblioteek
2018-12-18Die nuwe voorsitter van die Willem de Zwijger-stigting, onder wie se mandaat die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV) en die Nederlandse Biblioteek val, is ’n ervare bemiddelaar, iemand wat samewerking in die bereiking van oplossings en besluite hoog op prys stel. Ludo Helsen het met Willem de Vries per e-pos gesels oor wat hy beoog vir die stigting en met SASNEV, oor die bande tussen Afrikaans en Nederlands, Suid-Afrika en die Lae Lande.
Hermans blý uitdaag, nou ook in Afrikaans: Wium van Zyl vertel van vertaalwerk aan klassieke Nooit meer slapen
2018-11-02Willem Frederik Hermans is onder die Nederlandse publiek teen die eeuwending as die grootste Nederlandse skrywer van die 20ste eeu beskou. Die Afrikaanse vertaling van Nooit meer slapen het pas verskyn. Die vertaler Wium van Zyl het met Willem de Vries oor Hermans gesels.
T’Sjoen oor taalkwessies en noodsaak van "krachten bundelen, banden smeden, de bestaande expertise delen"
2018-09-27"Onderweg van Suid-Afrika na België het die literator Yves T’Sjoen, betrokke by die Gentse Sentrum vir Afrikaans en die studie van Suid-Afrika aan die Universiteit van Gent, vertel van wat die sentrum alles in die vooruitsig stel."
Suid-Afrikaanse letterkundes en transnasionale bande: in gesprek met Louise Viljoen
2018-08-30"Die globale bestaan nooit sonder die lokale nie; dit is ’n tergende, moeilike en ook produktiewe verhouding waarin die twee mekaar behoort te bevraagteken en te erken, sê die Stellenbosse literator Louise Viljoen. Sy het met Willem de Vries gesels oor onder meer die Afrikaanse letterkunde se toenemende bydrae tot ’n transnasionale gesprek."
DBNL het ’n groeiende versameling ryk aan tekste, bande en moontlikhede
2018-08-16"Die Digitale Bibliotheek voor de Nederlandse Letteren (DBNL) bied ’n gehaltewebwerf vir lesers en ondersoekers, studente en kenners. Ryanne Keltjens, dienskoördineerder van die DBNL, het per e-pos met Willem de Vries gesels oor hierdie versameling aanlyn tekste wat jaarliks sowat 4 miljoen keer deur gebruikers van oor die hele wêreld geraadpleeg word."
Deon Meyer is ''met groot warmte en gasvryheid regoor Nederland ontvang''
2018-05-29Nadat verlede jaar sy Boekenweekgeschenk vir die Weken van de Spannende Boeken verskyn het en dit positief in die Lae Lande ontvang is, is Deon Meyer driekwartpad klaar met die volgende boek. Meyer, ’n Afrikaanse skrywer wie se werk internasionaal in aanvraag is, het met Willem de Vries oor die boek en sy ontvangs van sy werk in die Nederlande gesels.
''Ga ik weet niet waar, haal ik weet niet wat'': ’n Gesprek met Hans C ten Berge, digter en stigterredakteur van Raster
2018-05-10Vir die bekroonde digter Hans C ten Berge, stigterredakteur van die eksperimentele tydskrif Raster, waarin werk van Breyten Breytenbach die eerste keer in Nederland verskyn het, was en is die grensoorskrydende of kosmopolitiese van lewensbelang. Hy verbind laasgenoemde met die verdediging en instandhouding van inheemse tale, maar sonder die eng nasionalistiese impulse wat dikwels daarmee gepaardgaan, het hy aan Willem de Vries in ’n gesprek oor Raster, tale en poësie gesê.
Stef Bos: ’n Konstante spieël waarin ek lewe, is dié tussen Afrikaans en Nederlands
2018-05-03Stef Bos, ’n verkenner van die kreatiewe moontlikhede tussen Afrikaans en Nederlands, het aan Willem de Vries vertel van ’n gebied waar gedigte en lirieke mekaar ontmoet.
Winternachten fokus al hoe meer op transnasionale gesprek in die letterkunde
2018-04-12"Ton van de Langkruis is die hoof van Den Haag se Winternachten-letterkundefees. Vir hom is dit belangrik dat, benewens dié vir die beskouings van politici, wetenskaplikes, joernaliste en meningsvormers in die media, ook skrywers en digters ’n verhoog het. 'Skrywers wat in hul werk kwessies aanroer wat verband hou met die ontwikkelinge in die wêreld en in hul land, het op hul eie manier kundigheid oor hierdie kwessies,' het hy aan Willem de Vries gesê."
Westerman sit reis met El Negro en ek voort
2018-04-09"‘Saartjie Baartman was bekend. El Negro minder so. Maar die besondere is dat El Negro een jaar voor die terugkeer van Saartjie Baartman uiteindelik na Botswana gebring en daar begrawe was.’"
In Afrikaanse letterkunde word ons globale verbondenheid steeds meer sigbaar, sê Margriet van der Waal
2018-03-15"Die Suid-Afrikaanse akademikus Margriet van der Waal is sedert September verlede jaar besondere hoogleraar aan die Universiteit van Amsterdam (UvA). Sy het aan Willem de Vries van die Leerstoel vir Suid-Afrikaanse Literatuur, Kultuur en Geskiedenis en haar voornemens in hierdie verband vertel."
Kaapse sentrum ’n kulturele tuiste vir die Nederlandse taal en letterkunde in Suid-Afrika
2018-03-01"Vanjaar werk die sentrum nou saam met Protea Boekhuis, die Nederlandse Letterenfonds, ook die Woordfees op Stellenbosch en die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) op Oudtshoorn. Die sentrum het gehelp dat Ray Kluun vanjaar by die Woordfees optree en dat Frank Westerman na die KKNK gaan."
Die werklike dialoog tussen Nederlands en Afrikaans as anderselwige gelykes begin nou eers. – Breyten Breytenbach
2018-02-22"Breyten Breytenbach het aan Willem de Vries vertel van sy ervaring van ’n Nederland gerig op groter verruiming en bevryding en hoedat 'Afrikaanse-Suid-Afrikaanse-Afrikane se inherente rykdom bestaan in die feit dat ons inheemsheid kom deur ons vermenging'."
