Actueel
China rol rooi tapyt uit vir Ramaphosa
2024-09-03"Dit is Ramaphosa se tweede staatsbesoek aan China en die eerste keer dat hy op ’n staatsbesoek na die buiteland vergesel word deur DA-ministers in sy regering van nasionale eenheid, onder andere die leier van die DA, John Steenhuisen."
Sneeu tower Wes-Kaap knap voor die lente in ’n sprokieparadys om
2024-08-30"Behalwe op Tafelberg is sneeuval onder andere ook in Cederberg, Tulbagh en Franschhoek aangemeld. Sneeu is ook op verskeie bergpieke in die Boland opgemerk in die omgewing van Stellenbosch en Somerset-Wes."
Skroewe draai al stywer om die minister van justisie se VBS-betrokkenheid
2024-08-29"President Cyril Ramaphosa het Woensdag gesê hy het met kommer kennis geneem van mediaberigte wat bewerings van korrupsie teen Simelane bevat."
Eskom se tariefskokke in parlement bespreek
2024-08-28"Die DA het ’n beroep op die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) gedoen om dringend duidelikheid te gee oor die metode waarvolgens hulle tariefverhogings goedkeur, na aanleiding van die reguleerder se erkenning dat die voortslepende krisis rakende elektrisiteitbekostigbaarheid vererger is deur tariefverhogings wat gebaseer is op '’n verkeerde interpretasie van die wet'."
Minister van justisie by VBS-skandaal betrek
2024-08-27"Die DA se woordvoerder oor justisie en konstitusionele ontwikkeling, Glynnis Breytenbach, sê die minister moet ten minste voor die parlementêre komitee verskyn om te verduidelik watter maatreëls sy van plan is om in werking te stel om die skreiende botsing van belange tussen haar, as minister van justisie, en haar rol wat die Nasionale Vervolgingsgesag sou kon beïnvloed, te bestuur."
Bij de dood van een schrijver: In memoriam Abraham H de Vries
2024-08-26"De Vries was niet de schrijver met de megafoon, de pamflettaire activist, maar een ingetogen en vastberaden persoon die in zijn schrijfwereld een blik op de wereld gericht hield."
DA en VF Plus se leiers wil twisvlamme blus
2024-08-23"Die nasionale leiers van die DA en die Vryheidsfront Plus het water op die vuur probeer gooi in die twis tussen die twee partye wat besig is om op plaaslike vlak in veral die Wes-Kaap uit te kring."
Zondo geprys as ’n man van wysheid en integriteit
2024-08-22"Die geskiedenis sal toon dat hoofregter Raymond Zondo sy toegewese verantwoordelikheid met wysheid en ywer nagekom het. Meer nog: Zondo sal onthou word vir die standaard vir eerlikheid in openbare aangeleenthede wat hy gevestig het wat ons land nog baie jare sal dien."
Publiek is glo mislei oor lisensiehernuwings
2024-08-21"Outa is bekommerd dat die weiering om die kaartgeldigheidstydperk te verleng, gekoppel is aan die tender om ’n nuwe kaartdrukmasjien te koop en die geld wat gemaak moet word uit die herdruk van kaarte elke vyf jaar."
Nog moontlike bedankings uit die EFF verwag ná Shivambu sy rooi pet ophang
2024-08-16"Die EFF-leier, Julius Malema, het egter tydens die nuuskonferensie waartydens Shivambu se bedanking uit die EFF amptelik aangekondig is, toegegee dat meer EFF-lede waarskynlik sy voorbeeld sal volg. Hy het EFF-lede op grondvlak voorberei dat daar waarskynlik nog bedankings uit die party sal wees en sê hulle moet daarop voorbereid wees."
Parlement vra dat VBS-skandaal se ondersoek bespoedig word
2024-08-15"Die parlementêre komitee oor polisie is gevra om te verseker dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) sy ondersoek na die sogenaamde VBS-skandaal, waar miljoene rand na bewering by arm mense geplunder is, so gou moontlik voltooi."
Rachel Kolisi: "I want to see myself worked out of a job."
2024-08-14"Brutality has become a norm in our lives. Organisations like Mosaic, with the aid of funders and foundations like the Kolisi Foundation, turn victims into survivors."
SA vroue sukkel steeds meer as mans om werk te kry
2024-08-14"Vroue in Suid-Afrika dra steeds ’n buitensporige las van werkloosheid, onderindiensneming en laer arbeidsmagdeelname in vergeleke met mans."
Meer krag vir die land maar nog is dit nie die einde van beurtkrag nie
2024-08-13"Die minister van elektrisiteit en energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê die land se kragnetwerk sal na verwagting versterk word met opwekkingseenhede wat waarskynlik teen die einde van Augustus weer in werking sal wees."
Regering stoom voort met omstrede NGV-wet
2024-08-08"Die wetgewing sal die rol van private versekering geleidelik beperk, ’n openbare fonds skep om gratis toegang aan pasiënte te bied en fooie en pryse vas te stel wat private gesondheidsorgverskaffers vir NGV-befondsde dienste kan hef."
Hoë kragtariewe raak onbekostigbaar vir talle huishoudings
2024-08-07"Eskom se voorneme om aansoek te doen vir ’n verhoging van tot 44% in die elektrisiteitstariewe wat hy van kliënte hef, kan Suid-Afrikaanse huishoudings ’n ernstige finansiële knou toedien."
Polisie slaan toe op mensehandelaars en ander misdaad
2024-08-06"Operasie Shanela, wat verlede jaar van stapel gestuur is, is ’n hoëdigtheidsinisiatief om sigbare polisiëring te verbeter en om gesoekte verdagtes op te spoor, veral diegene wat van moord en seksmisdade beskuldig word."
Polisie maak vordering in oorlog teen misdaad
2024-08-02"Duisende misdadigers wat deur die Suid-Afrikaanse polisie gesoek word, is die afgelope tyd aangekeer, en misdadigers wat steeds op vrye voet is, word versoek om hulself aan die polisie oor te gee."
Kommer oor militêre opleiding van Libiërs in Suid-Afrika
2024-08-01"Die SAPD se nasionale woordvoerder, Athlenda Mathe, het op X gesê die Libiërs het gesê dat hulle die land met studievisums binnegekom het om as veiligheidswagte opgelei te word, maar polisieondersoeke dui daarop dat hulle militêre opleiding ontvang het."
Munisipaliteite is besig om die land onder vullis te begrawe
2024-07-31"Meer as 85% van die vullisterreine in ons land voldoen nie aan die minimum vereistes vir verantwoordelike afvalbestuur nie, wat tot ’n algehele ineenstorting van afvalbestuur in die land kan lei."