Actueel
Meer as 50 busse brand uit in oornagaanvalle
2025-01-29"Die waarnemende provinsiale kommissaris van die SAPD in Mpumalanga, Zeph Mkhwanazi, het die voorval ten sterkste veroordeel en onmiddellik ’n span ondersoekers saamgestel om ondersoek in te stel 'met die hoop om oortreders van hierdie gruwelike kriminele optrede in hegtenis te neem'."
Spanning in regering laai op oor Onteieningswet
2025-01-28"Artikel 80 van die Grondwet bepaal dat een derde van die lede van die Nasionale Vergadering (NV) by die Konstitusionele Hof aansoek kan doen om ’n bevel te verkry dat ’n parlementswet in sy geheel of ten dele ongrondwetlik is."
Multatuli se grote Max Havelaar nou in Afrikaans, danksy Ena Jansen se vertaling
2025-01-24"Die boek bly belangrik omdat koloniale magsverhoudings en korrupsie in kapitalistiese stelsels steeds op globale skaal bestaan en selfs uitbrei." ’n Durende topstuk van die Nederlandse verhaalkuns is nou deel van die Afrikaanse letterkunde, danksy Ena Jansen se soepel vertaling van Multatuli se grootste werk. Sy het oor haar vertaling van die Max Havelaar of die koffieveilings van die Nederlandse Handelsmaatskappy (Protea Boekhuis, 2025) met Willem de Vries gesels.
"Skole se 30 persent slaagsyfer moet na 50 persent verhoog word"
2025-01-24"BOSA het ook aan die speaker van die nasionale vergadering, Thoko Didiza, geskryf om ’n dringende parlementêre debat oor die stand van onderwys te versoek."
Werklose dokters en aptekers vaar die strate in
2025-01-23"Verlede jaar September het dit aan die lig gekom dat van die totale aantal dokters wat hul gemeenskapsdiens in 2023 voltooi het, slegs 60% in befondsde poste as mediese beamptes in staatsfasiliteite aangestel is. Dit beteken dat 40% werk in die privaatsektor moes kry, of werkloos is, of moes emigreer."
Druk neem toe op Ramaphosa om minister in die presidensie te skors
2025-01-22"News24 het vroeër berig hoe die Valke hul ondersoek afgehandel het na ’n tender van R2,5 miljoen wat die minister in die presidensie betrek het, terwyl sy in 2009 die munisipale bestuurder van die Ba-Phalaborwa-munisipaliteit was."
Gauteng-waterkrisis: Vol damme waarborg nie genoeg water nie
2025-01-21"Munisipaliteite in die provinsie ervaar ’n voortdurende waterkrisis, met toevoer wat reeds in talle gebiede wisselvallig is."
Historiese slaagsyfer vir matrieks in ’n druipelingland
2025-01-17"En einde ten laas: Wat gaan ’n arbeidsmark met ’n werkloosheidsyfer van tussen 30% en 40% (afhangend van die definisie wat ingespan word) uit dié 'historiese' matriekslaagsyfer baat?"
Kaapstad is die wêreld se nommer een-stad vir 2025
2025-01-17"Nadat Kaapstad in 2024 in die tweede plek geëindig het, het Kaapstad vanjaar die nommer een-plek op die Britse maatskappy se ranglys behaal."
Mosambiekse president ingehuldig te midde van voortslepende geweld
2025-01-16"Die opposisieleier, Venancio Mondlane, hou egter vol dat die verkiesing van 9 Oktober ten gunste van die Frelimo-party, wat Mosambiek sedert onafhanklikwording van Portugal in 1975, regeer, gemanipuleer is."
Sunday World geroskam oor aantygings van "apartheidsvlag" by Bela-optog
2025-01-15"Die ombudsman sê in sy uitspraak hoewel die Vierkleur geassosieer word met regse en rassistiese houdings, is dit ’n ander vlag en is die status daarvan nog nie in die hof getoets nie."
Matrieks van 2024 se uitslae bekend
2025-01-14"Duisende leerders van die 2024-matriekjaar regoor Suid-Afrika sal vandag toegang tot hulle eksamenuitslae hê."
Wie ry regtig die soustrein tussen die DA en ActionSA?
2025-01-10"Die DA sê terwyl alle geërfde voertuie met blou ligte toegerus is, het DA-ministers dit duidelik gemaak dat die blou ligte in hul amptelike voertuie onder geen omstandighede gebruik sal word nie."
Inligtingsreguleerder loop bloutjie in hof oor matriekuitslae
2025-01-09"Die IR se poging om die publikasie van die 2024-matriekuitslae in Suid-Afrika se koerante te keer, is deur die Pretoriase Hooggeregshof met koste van die hand gewys."
Suider-Afrika hou asem op oor geweld in Mosambiek
2025-01-08"Die situasie in die land is steeds op ’n mespunt. Volgens mediaberigte is honderde Mosambiekers deur die polisie gedood nadat die land se verkiesingskommissie aangekondig het dat Frelimo die verkiesing met 65% gewen het."
Regeringslui is geskok oor aantal kinders wat babas kry
2025-01-07"Die rol en verantwoordelikheid van staatsdepartemente wanneer dit kom by die hantering van tiener- en kinderswangerskappe het opnuut in die kollig gekom met die geboorte van ’n aantal Kersfees- en Nuwejaarsbabas die afgelope maand wie se ma’s nog self in hulle kinderskoene is."
Atlanta, Georgia, aangekondig as rolprentbestemming by FAME Week Africa 2025
2025-01-02"Atlanta is die middelpunt van Georgia, die VSA se groot rolprent- en televisiebedryfsentrum. Die stad het Hollywood in 2016 verbygesteek met die aantal speelfilms wat vervaardig is. Die sinergie tussen Kaapstad en Atlanta het dié ooreenkoms ’n voor die hand liggende een gemaak. Kaapstad word beskryf as die Hollywood van Afrika en is ewe gewild as ’n bestemming vir die maak van films en TV-produksies."
Seisoengroete aan die einde van 2024
2024-12-24Voertaal wens al sy lesers en bydraers ’n salige feestyd aan die einde van hierdie jaar toe.
Nuwe uitdagings in die nuwe jaar vir die Bela-wet
2024-12-24"President Cyril Ramaphosa het die wet op 21 Desember 2024 in sy geheel afgeteken. Die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, moet sorg vir die volle implementering daarvan."
Suid-Afrika skud sy toerismevere reg vir die somerseisoen
2024-12-20"Met die somervakansieseisoen goed op dreef het die Departement van Toerisme met ’n sloertoer deur die land begin om Suid-Afrika se diverse besienswaardighede ten toon te stel en verantwoordelike toerisme by sleutelbestemmings te bevorder."