In het nieuws
Opposisiepartye gaan die net wyer span om die ANC te verslaan
2023-08-11"Die ses partye het Donderdag in ’n gesamentlike verklaring gesê hulle het met ’n proses begin om uit te reik na leiers oor ’n wye verskeidenheid van die burgerlike samelewing om hul leiding te soek voor die nasionale konvensie wat volgende week op 16 en 17 Augustus in Kempton Park gehou word."
Vonke spat tussen Kaapstad se burgemeester en Cele oor taxistaking
2023-08-10"Cele beskuldig Hill-Lewis daarvan dat hy nie bereid is om met die nodige rolspelers te onderhandel nie, terwyl die stad se burgemeester weier om met 'misdadigers' te onderhandel."
Lily-mynslagoffers se families wag al sewe jaar vergeefs vir bystand
2023-08-09"Die families van die drie slagoffers wag steeds op antwoorde nadat die myneienaars en die regering versuim het om hulle by te staan en die lyke terug te kry."
Kaapstad bloei weens taxistaking
2023-08-08"Ian Cameron van die burgerlike organisasie Action Society het op die sosialemediaplatform X (voorheen Twitter) gesê daar is iets polities dieper daaraan as net ’n taxistaking. Hy sê dit is ’n poging tot groterskaalse destabilisering."
Gesiene Suid-Afrikaner voorsitter van Moonshot-beraad
2023-08-04"William Gumede is as voorsitter aangestel van die Nasionale Konvensie wat op 16 en 17 Augustus 2023 by Emperor’s Palace in Kempton Park sal vergader om die beoogde Moonshot-pakt van stapel te stuur."
Malema sal aanhou sing en Ramaphosa hou aan swyg
2023-08-03"Malema het Woensdag tydens ’n inligtingsesse van sy party aan joernaliste gesê hy beplan om voort te gaan om die lied te sing omdat die Hooggeregshof in 2022 beslis het dat dit nie haatspraak is nie."
Malema se omstrede "Kill the boer" maak internasionale opslae
2023-08-02"Steenhuisen sê die eerste element van die DA se klag by die VN se Menseregteraad sal fokus op Malema se herhaalde aanhitsing van etniese geweld."
Ramaphosa paai die land oor beurtkrag
2023-08-01"’n Jaar het verloop sedert die energie-aksieplan bekendgestel is om die beurtkragkrisis op te los. Volgens Ramaphosa kan daar nou beduidende vordering op verskeie gebiede gerapporteer word."
Minder as helfte van Afrika-leiers na Rusland vir beraad
2023-07-28"Die Suid-Afrikaanse publikasie Daily Maverick berig dat sy akkreditasie om die beraad in St Petersburg te dek, kort voor sy spesialisverslaggewer, Peter Fabricius, se vertrek sonder verduideliking deur Rusland herroep is."
Is "terminale" Zuma dalk voortvlugtig?
2023-07-27"Daar is steeds geen aanduiding van owerheidskant of oudpresident Jacob Zuma, wat tans in Rusland is, ooit weer die binnekant van ’n tronk in Suid-Afrika sal sien nie."
Padongelukkefonds in wanorde en chaos
2023-07-26"Regsliggame soos die Black Lawyers Association en ander blameer die chaos van die Padongelukkefonds op slegte besluite wat deur die direksie geneem is."
Blouligboelies in hof
2023-07-25"Die agt lede van die polisie se BBP-beskermingseenheid wat na die veiligheid van kabinetslede moet omsien, is dié naweek in hegtenis geneem. Hulle het hulself Sondag by die Sandton-polisiestasie oorgegee."
Suid-Afrika kry ’n twaalfde amptelike taal by
2023-07-21"Suid-Afrika het die afgelope week die vierde land in Afrika geword wat Gebaretaal as amptelike taal erken, nadat president Cyril Ramaphosa Woensdag die Wetsontwerp op Gebaretaal onderteken het."
Poetin se afwesigheid by Brics-beraad red Suid-Afrika van diplomatieke dilemma
2023-07-20"Die aankondiging dat Poetin nie meer die beraad sal bywoon nie, volg te midde van ’n hofsaak wat deur die DA aangevoer is om duidelikheid te kry hoe die regering ’n arrestasiebevel vir Poetin moet uitvoer indien hy wel volgende maand in Suid-Afrika sou aankom vir die Brics-beraad."
Kaalbas vrou op lamppale gee nie aanstoot nie
2023-07-19"Die sanger en Christelike prediker van Somerset-Wes, Heinz Winckler, het hom veral sterk uitgelaat oor die plakkate en gesê dit is tyd dat die stil meerderheid opstaan vir gesonde norme en waardes."
ANC wil glo omstrede onderwyswet deur parlement stoomroller
2023-07-18"Duisende kommentare en besware teen die wet is deur die publiek ingedien tydens ’n landwye openbaredeelnemingsproses. Dit blyk nou dat die portefeuljekomitee oor basiese onderwys nie al die verslae ontvang het nie en dit dus nie behoorlik sal kan oorweeg wanneer die wet deur die komitee bespreek word nie."
Vragmotoraanvalle is ekonomiese sabotasie
2023-07-14"Die gewelddadige kriminele aanvalle op vragmotors in Suid-Afrika die afgelope dae is ’n direkte aanslag op die Suid-Afrikaanse ekonomie en ’n wesenlike risiko vir voedselsekerheid."
Bankrot poskantoor sal duisende poste moet snoei
2023-07-13"Dit beteken dat die belastingbetalers weer sal moet opdok vir die skuld en dat tot 7 000 poste in die SAPK op die spel is."
Verligting van beurtkrag van korte duur
2023-07-12"Die effense verligting wat Suid-Afrikaners die afgelope week of wat ten opsigte van beurtkrag ervaar het, was van korte duur."
VF Plus en DA vlieg mekaar in die hare oor ANC
2023-07-11"Die VF Plus het enige sprake van samewerking met die ANC ten sterkste ontken en beskuldig die DA van opportunisme en oneerlikheid."
