In het nieuws

"ANC-plan vir Eskom soos om dekstoele op die Titanic te herrangskik"

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-01-12

"Die verandering in toesig het aansienlike finansiële kommer onder beleggers veroorsaak en het daartoe gelei dat ’n aantal vrae geopper is oor die toekomstige bestuurstruktuur van Eskom en die status van Eskom se massiewe skuld."

Menseregtekommissie kom voor stok oor Malema se haatspraak

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-01-11

"In die lig van Malema en die EFF se weiering om verskoning te vra en geen oënskynlike teken dat die MRK by hul woord gehou het om Malema en die EFF hof toe te vat nie, eis AfriForum nou in ’n prokureursbrief dat die MRK skriftelike terugvoer oor verskeie sake gee."

Eskom is in die hande van energiemafia, sê kenners

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-01-10

"Die vermeende poging om Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter, dood te maak, is die werk van kriminele sindikate binne Eskom wat van hom ontslae wou raak en voornemende aansoekers vir sy pos wou intimideer om nie daarvoor aansoek te doen nie."

’n Bus uit Oekraïne onthul die menslike kant van oorlog

Izak de Vries In het nieuws 2023-01-06

"Die span het die mense van Oekraïne die geleentheid gegee om te praat. Daarvoor het ek elke oomblik stilgesit om te luister."

KZN maak gereed vir nóg ’n vloedramp dié naweek

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-01-06

"Die weerburo het Donderdag vlak 9-waarskuwings vir dele van KwaZulu-Natal uitgereik en inwoners is teen wydverspreide oorstromings gewaarsku."

Persverklaring: ’n Bus uit Oekraïne Maandag 9 Januarie uitgesaai

Voertaal In het nieuws 2023-01-05

Maandag 9 Januarie 20:30 kan kykers vir die aangrypende dokumentêre program, ’n Bus uit Oekraïne, op kykNET (DStv-kanaal 144) inskakel. Die fokus is die merkwaardige verhaal van die Suid-Afrikaner, Johan Oldenburg, wat 52 Oekraïniese vlugtelinge gered en vervoer het na Nederland.

Al hoe meer wil hulle in 2023 losmaak van Eskom

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-01-05

"Terwyl individue wat dit kan bekostig, al hoe meer gebruik maak van sonpanele vir sonenergie en ander metodes om beurtkrag vry te spring, wil die Wes-Kaapse regering sowel as die kragvoorsiener City Power in Johannesburg ook vanjaar hulle afhanklikheid van Eskom verminder."

Parlementsgebou ná ’n jaar steeds in puin

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-01-04

"’n Jaar sedert ’n brand die land se parlementsgebou, wat die Nasionale Vergadering huisves, vernietig het en dele van die ou Volksraad beskadig het, is daar nog geen duidelikheid wanneer daar met herstelwerk begin sal word en hoe lank dit sal duur nie."

Moenie Kersfees met water en ligte mors nie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-12-23

"Intussen berig Moneyweb dat Suid-Afrikaners hulle moet voorberei vir ’n donker feesseisoen met gereelde kragonderbrekings weens beurtkrag, aangesien Eskom se kragopwekking tot heeltemal nuwe laagtepunte daal."

Kersvader die rob bring Kaapse verkeer tot stilstand

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-12-22

"Toe die Kaap die Goeie Hoop DBV Natuurlewe-afdeling Woensdag ’n oproep ontvang van ’n Kaapse pelsrob wat die besige Jakes Gerwel-rylaan oorkant die Vangate Mall in Athlone oorsteek, het selfs hulle gewonder of dit waar kan wees."

Goedkoper brandstof in sig na Kersfees

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-12-21

"Die brandstofpryse word gewoonlik op die eerste Woensdag van ’n maand aangepas en word bepaal deur die prys van olie en die rand-dollar-wisselkoers."

Ramaphosa en sy nuwe besems sal hard moet vee om skoon te vee

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-12-20

"Suid-Afrikaners se oë is nou gerig op president Cyril Ramaphosa se volgende politieke skuiwe nadat hy Maandag daarin geslaag het om die aanslag teen sy leierskap in eie geledere te oorleef."

Die naweek is maak of breek vir Ramaphosa

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-12-16

"Die komende naweek sal lotsbepalend wees vir president Cyril Ramaphosa se politieke toekoms."

Ramaphosa geprys en gekap nadat hy regter skors

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-12-15

"Na ’n uitgerekte sage van meer as ’n dekade se bewerings van wangedrag teen die Wes-Kaapse regter-president John Hlophe is die omstrede regter uiteindelik Woensdag deur president Cyril Ramaphosa uit sy amp geskors."

Ramaphosa oorleef Phala Phala-stemmery in die parlement

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-12-14

"Ramaphosa sal dus nie nou deur die parlement in ’n staat van beskuldiging geplaas kan word nie en kan sy volle aandag skenk aan die komende naweek se ANC-beleidskonferensie waar hy opnuut om sy politieke oorlewing sal moet veg."

DA en ActionSA wil nouer saamwerk om ANC in 2024 te verslaan

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-12-13

"Twee van die land se opposisiepartye wat mekaar gedurig aan die keel beet het, wil in die aanloop tot die 2024- algemene verkiesing hulle binnegevegte probeer tem en nouer saamwerk om die ANC tydens die volgende verkiesing uit die kussings te lig."

Woede en beskuldigings oor donker feestyd terwyl fase 8-beurtkrag wink

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-12-09

"Die versuim om ’n nasionale veiligheidsbenadering tot die elektrisiteitskrisis te volg het volgens die DA reeds ’n aansienlike ekonomiese koste op die land uitgeoefen en die vooruitsigte om die hoë werkloosheidsyfer aan te spreek belemmer."

Adjunkpresident Mabuza beskuldig van georganiseerde misdaad

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-12-08

"Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) vra dat aanklagte van georganiseerde misdaad teen Mabuza ingestel word. Mabuza word in ’n verklaring deur Outa daarvan beskuldig dat hy na bewering betrokke is by ’n grondeisebedrogspul van R35 miljard en misdade soos diefstal, bedrog, meineed en intimidasie."

Opposisie vies omdat speaker nee sê vir geheime stem oor Phala Phala

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-12-07

"Opposisiepartye is vies vir die speaker van die parlement omdat sy nie ’n geheime stemming wil toelaat wanneer die parlement volgende week oor die Phala Phala-verslag moet stem nie."

Ramaphosa veg voort om politieke oorlewing

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-12-06

"Die Nasionale Vergadering (NV) sou vandag (Dinsdag) stem oor die Phala Phala-verslag wat die President in ’n staat van beskuldiging sal plaas indien dit aanvaar word, maar dit is uitgestel tot aanstaande Dinsdag."

Verified by MonsterInsights
Top