Nuusvinke

Mugabe, held van die Suid-Afrikaanse restaurant

Hans Pienaar Nuusvinke 2021-01-27

"Daar is wonderlike restaurateurs en hulle is gewoonlik aangename en interessante mense, maar groot dele van die bedryf teer op die rampe van die wêreld, op diktators soos Mugabe en Mnangagwa wat hul lande vernietig, op natuurlike katastrofes wat sal sorg dat daar altyd vlugtelinge iewers is wat teen hongerlone sal werk om te oorlewe."

The minister of congratulations and condolences pressured to resign

Mike van Graan Nuusvinke 2021-01-26

"Nathi Mthethwa, minister of sport, arts and culture is the subject of a petition launched by artists calling on him to resign by the end of January or be replaced by the president in February. The petition is in response to a tweet by the minister on 15 January, in which he stated that 'South African theatre is alive and well', mentioning the five theatres subsidised by his department as his 'proof'."

Osama se wraak

Hans Pienaar Nuusvinke 2021-01-14

"Dit sou te ver gaan om te beweer dat Bin Laden die teks vir die sirkusteater in die Capitol geskryf het, maar Trump en kie speel lekker saam om sy sprokie ’n realistiese oorlogsroman te maak. Joe Biden se inhuldiging wag nou vir die opvolgepisodes en het die hele land op hete kole."

Amsterdam, Kaapstad en die COVID-19-pandemie

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2021-01-13

"Wanneer hierdie pandemie sélf eendag ter ruste gelê is en ons landsgrense weer vir besoekers oopgestel word, sal Amsterdammers en Kapenaars ’n rustige, dog indringende, gesprek kan hê oor wat laasgenoemde by eersgenoemde kan leer oor hoe om die stad se eie 'sporen van het slavernijverleden' meer sigbaar te maak."

Godsdiens en die teleskoop

Hans Pienaar Nuusvinke 2021-01-05

"Die gevolg is die grootskeepse vergrype van godsdienste, wat mense medepligtig aan moord maak deur ’n hoofregter te laat praat van entstowwe wat DNS verander, of te laat verkondig die virus is ’n sekulêre komplot deur Bill Gates en dat hy hulle lewens nog meer gaan beheer as wat sy rekenaars reeds doen."

All we want for Christmas….

Mike van Graan Nuusvinke 2020-12-24

"So, perhaps Father Christmas could bring us a competent minister, and competent senior government officials?"

My jaar van strengheid en plesier

Hans Pienaar Nuusvinke 2020-12-22

"Annus horribilis is die frase wat koningin Elizabeth van Brittanje aan ons geskenk het ..."

Oor versoening en die "onbetaalde skuld"

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2020-12-15

"Moontlik ’n nog erger aanklag teen die ANC – of wag, teen die hele land en haar mense – is dat Versoeningsdag op 16 Desember geen werklike impak het as ’n dag waarop daar oor die 'groot trek' deur kolonialisme en apartheid en die menseregtevergrype wat daarmee gepaard gegaan het, gereflekteer behoort te word nie. Dit is veronderstel om ’n dag te wees waarop landsburgers besin oor 'onvoltooide vrede', haak-en-tak-eenheid en hoe sosiale kohesie bevorder kan word."

Motivering vir afgestigte Kaap dalk "die leuen van 2020"

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2020-12-11

"Die belangstelling (of is dit eerder omstredenheid?) wat The lie of 1652: A decolonised history of land, Patric Tariq Mellet se boek oor die vroeë koloniale geskiedenis van die Kaap, ontketen het, loop tesame met ’n ander, ewe opspraakwekkende verwikkeling."

Koud, bitter koud, vrekkoud

Hans Pienaar Nuusvinke 2020-12-03

"In die huidige globale raamwerk vir entstowwe gaan die armer lande net 20% van die entstowwe teen die einde van aanstaande jaar kry. [...] Miskien kan ons Mbeki of ons Grendeltante Nkosazana kry om, soos in die geval van die Virodene anti-MIV-entstof, ’n plan te maak om entstowwe in die ruimte te gaan stoor. Aan die ander kant het die meeste van die wetenskaplike en organiserende talent wat ons daarvoor sou kon inspan, soos Elon Musk, reeds verhuis na ander lande wat hulle beter behandel."

On arm's length and political strangleholds in the arts

Mike van Graan Nuusvinke 2020-12-03

"There were reasons for the law being drafted as it was in 1997. Given the apartheid experience where government-controlled, publicly funded cultural institutions and the allocation of public funds generally upheld the values and worldview of the National Party regime, civil society organisations advocated strongly for a National Arts Council that would dispense public funds to the arts at 'arm’s length' from government."

Ramaphosa, ras en die apartheidspoke wat tot ruste moet kom

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2020-11-13

"Ramaphosa het dus goeie rede gehad om in sy antwoord op die vraag oor rasseverdeeldheid verder te benadruk dat die regering daarop ingestel is om die materiële ongelykheid tussen wit en swart Suid-Afrikaners te verminder."

Die naam is Biden, James Biden

Hans Pienaar Nuusvinke 2020-11-09

"Biden was visepresident onder Obama, die president wat die meeste aanvalle deur hommeltuie op Amerika se vyande geloods het. In die rolprentwêreld is spioene superhelde; in werklikheid is hulle meestal inligtingsklerke – die naaste wat die meeste aan 007-aksie kom, is om knoppies te druk wat 10 000 km daarvandaan konvooie en huweliksprosessies opblaas, met regslui wat aan hul elmboë sit om hul straffeloosheid te verseker."

COVID-19 and its impact on the aesthetics of dance and theatre

Mike van Graan Nuusvinke 2020-11-06

"Without live audiences for more than seven months and the retreat to online platforms, how have theatre and dance adapted and changed?"

Want daar is g’n "klein" of "groot" sonde in staatskaping nie

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2020-10-24

"Suid-Afrika se voormalige openbare beskermer, Thuli Madonsela, se voorstel vir amnestie vir sogenaamde 'ondergeskiktes' ten einde die 'groot visse' vas te trek, is uiteindelik ’n gedagte wat vasgeval is in die maalstroom van ’n denkskool wat glo dat daar 'klein sonde' en 'groot sonde' in die pleeg van korrupsie en staatskaping is."

Donald Trump, die Koning van die Wittes

Hans Pienaar Nuusvinke 2020-10-06

"Dinge kan nog lelik skeefloop in Amerika."

Artists as essential workers?

Mike van Graan Nuusvinke 2020-10-05

"Carole Karemera of Rwanda, Ecuador’s Susan Togra and Vikram Iyengar of India spoke about the general precarity of the arts in their respective contexts, and that COVID-19 conditions were simply reinforcing the fragility of a sector about which few Global South governments seem to care. And yet, it was argued that artists should be regarded as essential workers, for how else would many have stayed sane through the isolation of the pandemic were it not for online films, music, literature, comedy and television?"

Danny Titus (1957–2020): Nederland verloor ’n vriend

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2020-09-24

"Die verwerwing van sy doktorsgraad in die regte (LLD), ook aan die Rijksuniversiteit Leiden, het die weg voorberei vir ’n rol in die akademie en uiteindelik tog ook, hoewel ompad langs, ’n betrokkenheid in internasionale verhoudinge en diplomatieke praktyk in strukture van die Verenigde Nasies vir die belange van inheemse volkere."

Clicks: Dis dié keer regtig Van Riebeeck se skuld

Hans Pienaar Nuusvinke 2020-09-09

"Dis Jan van Riebeeck en sy opvolgers se pruike wat die grondslag vir die Eurosentriese harebedryf in Suid-Afrika gelê het. Natuurlik is enige gesprek oor harekwessies op die verkeerde grond gestel as jy nie ook verwys na die skreiendhede van apartheid en sy potloodtoetse nie. En dis inderdaad ’n maatstaf van die onvoltooide werk met rasseversoening dat relle oor hare en die vernederings van swart en bruin mense wat daarmee gepaard gaan, nog gereeld in skole uitslaan."

Sustaining Theatre and Dance (STAND)

Mike van Graan Nuusvinke 2020-09-04

"It is against this background that a few friends and colleagues in the dance and theatre sector and I decided to launch the Sustaining Theatre and Dance (STAND) Foundation, whose core purpose is to provide support to South Africa’s dance and theatre ecosystems. These include, amongst others, Saartjie Botha (director of Woordfees), Debbie Turner (CEO of Cape Town City Ballet) and Ricardo Peach (director of the Vrystaat Arts Festival)."

Verified by MonsterInsights
Top