Nuusvinke
Die stemme in die Chinese eiers
2018-07-26"Ramaphosa het in die laaste dae van Julie saam met die leiers van die BRICS-blok van lande by ’n spitsberaad in Pretoria opgetree. As een van Thabo Mbeki se min diplomatieke prestasies het Suid-Afrika homself in die vorige dekade ingesmokkel as die vyfde land in Jim O’Neill se aanwysing van die destydse vier BRIC-lande as die enjins van die wêreldekonomie in die toekoms: Brasilië, Rusland, Indië en China."
Sport, die afgod, se donker kant
2018-07-20"Hoe manifesteer ’n diepgewortelde rassisme? Hoe manifesteer die nooitvergete druk van apartheid? Hoe 'gevaarlik' is dit om mense met sulke verskillende agtergronde saam in een span te sit?"
Madiba at 100, South Africa at 24
2018-07-16"Empty vessel revolutionaries grown fat on
Revolutionary speak
Unexercised by revolutionary acts
Already vulture his legacy"
Slaan SA ’n "foutbal" met Anderson en Klaasen se Wimbledon-oorwinnings?
2018-07-13"Die uiteenlopende wyse waarop die Suid-Afrikaanse publiek en media, en regering, op onderskeidelik Klaasen en Anderson se oortuigende oorwinnings gereageer het, het egter opnuut die 'foutbal' in die SA-samelewing uitgewys."
Suid-Afrika ’n nuwe Zimbabwe? Miskien, miskien nie
2018-07-06"Die week se nuus is gedomineer deur tonele by openbare konsultasies oor die grondkwessie, waar die polisie en politieke leiers moeite gehad het om ’n woedende gepeupel in toom te hou. Alomteenwoordig was Julius Malema, wat ook in die middel van ’n nuwe sosiale mediastorm was, nadat hy ’n klag dat hy agter ’n bepaalde plaasmoord was, beantwoord het deur te twiet, 'Maybe, maybe not.'"
Koeëls fluit, papiergeld fladder oor strate, lyke lê gestrooi ‒ die nuwe generasie rooftogte
2018-06-22"In minder as 120 dae is 159 transitorooftogte in Suid-Afrika uitgevoer. Transito dui op sekuriteitsvoertuie wat geld van sake-instansies na banke vervoer, op Engels cash-in-transit. Hierdie moderne struikrowers het ’n skrikbewind begin voer wat die beste krimi-skrywer sou verstom. Die verskynsel word al as nuwe-generasie heists bestempel vanweë die onverskrokke toename in die waagsaamheid en organisasie agter hierdie rooftogte."
"En Suid-Afrika het ’n plek vir almal": die viering van Mandela se 100ste jaar
2018-06-15"'We have made it very clear in our policy that South Africa is a country of many races,' het hy in die 1960’s gesê, rondom dieselfde tydperk toe hy lewenslank tronk toe gestuur is. En reeds tóé het hy benadruk: 'There is room for all the races in this country.'"
Hou my naam liewer hieruit
2018-06-08"Naamsveranderinge oorvleuel natuurlik met kwessies uit die geskiedenis. Om jou naam op ’n openbare gebou te kry, is ’n tweesnydende swaard. Deels weens die ANC se gebrekkige hantering van die geskiedenis weet min mense wie OR Tambo is."
Everyone is born equal, except when it comes to mobility
2018-06-01"Mobility of people reflects the fundamental and structural inequities in the world, inherited from a colonial past, exacerbated by globalisation and sharpened by the migration concerns and security interests of particularly Global North, 'liberal democratic' countries."
Die koreografie van ’n woedende, dansende massa
2018-05-25"Die dansende massas het genoeg gehad. Die TV-kameras word bondgenote om hul woede te wys. ’n Woede wat nie gou kan of sal bedaar nie."
Onteiening straks die verskil tussen bloeddruk wat styg en bloed wat vloei?
2018-05-18"Die koerantplakkate basuin dit uit: 'Apartheid nie misdaad – AfriForum'."
Leeus in die strate
2018-05-11'''Poaching' verwys na net een kwessie hier te lande: die slagting onder renosters, ’n bedreigde spesie, al tel dit onder Afrika se Groot Vyf wilde diere, die groepie wat op elke toeris se lys is as ’n moet-sien."
Makhosi betree die verlate landskap van inheemse tale
2018-05-08"Taal is allermins ’n brandende vraagstuk in ’n land wat tans met brandende protesoptogte geteister word. Sou dit genoeg uitdagings vir ’n energieke aktivis wees?"
For whom the rainbow works
2018-05-04"Herein lies the paradox and the contradiction that is South Africa. On the one hand, a railway service that can compete with the best in the world serves the nation’s elite in the richest province, showing off the potential of the country, while on the other hand, an erratic, unsafe and poorly maintained railway service frustrates those on the underside of contemporary South African history, as they struggle to get to work and earn their meagre salaries."
’n Pleidooi aan die “mama” van die nasie
2018-04-20"'Mama, stuur vir ons ’n teken,' is die nuwe politieke spreuk waaraan Suid-Afrika bekendgestel is by die begrafnis van die struggle-ikoon Winnie Madikizela-Mandela, wat pas op 81 jaar gesterf het."
Ras, rassis, rassister
2018-04-16"’n Onaangepaste toepassing van Critical Race Theory is gevaarlik. Die vrye teuels wat dit gee aan mense wat as swart identifiseer om rassistiese uitsprake teen wittes te maak, word oorvloediglik gedemonstreer op sosiale media, in die pers en selfs op konferensies, waar dit tot onlangs nog die mode was om op te staan en uit te roep: 'I hate white people', gepaardgaande met luide applous."
The death of Winnie Mandela: A reflection
2018-04-06"We allow ourselves to be influenced and to have our attitudes shaped by those who have the power and reach to do so, to see the world, and actors within that world, according to the value systems and ideas with which those in power are most comfortable."
783 klagtes teen Suid-Afrika se oud-president
2018-04-04"Die Teflonman met sy gesluierde, amper reptielagtige oë, kaalkop, fiere houding en duur klere, maar leë beursie, gaan nou die grootste uitdaging in sy lewe tegemoet."
Menseregtedag: mét en sónder regte
2018-03-27"Dit is een van Suid-Afrika se hande vol openbare vakansiedae: Menseregtedag, wat sedert die land se eerste demokratiese verkiesing in 1994 jaarliks op 21 Maart gevier word, soos ook hierdie jaar en verlede week."
Die koloniale wond in die grond
2018-03-19"Vanjaar se besettings is aangevuur deur ’n historiese geleentheid in Suid-Afrika se partypolitieke geskiedenis: die regerende ANC en die heethoofdige tweede grootste opposisieparty, die Economic Freedom Fighters, het hul stemme saamgegooi in die parlement om ’n mosie aanvaar te kry dat die staat grond kan onteien sonder om vergoeding uit te betaal."