Vra die veearts | My yorkies is vreeslik vol fiemies

  • 0

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is ’n veearts wat dit geniet om met mense oor hulle diere te gesels. Stuur jou vrae na veearts@voertaal.nu.

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is a veterinarian who enjoys talking to people about their animals. Send your questions to veearts@voertaal.nu.

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is een dierenarts die graag met mensen over hun dieren praat. Stuur je vragen naar veearts@voertaal.nu.

***

Joan Drotskie skryf:

Goeienaand, my yorkies is vreeslik vol fiemies – sal korrels eet slegs as ek dit met hoender meng. Sal graag wil weet of dit nie beter is om na ’n rou dieet oor te skakel nie en watter soort vleis sal u aanbeveel? Sal rou vleis nie wurms veroorsaak nie?

 

Beste Joan

Ek verstaan heeltemal hoe vol fiemies kinders kan wees! Maar jy is reg dat rou kos probleme kan veroorsaak. In die geval van hoender is veeartse meer bekommerd oor bakterieë as oor wurms, terwyl wurminfeksies ’n groot probleem is met veral rou varkvleis.

’n Ander probleem met rou kos is dat dit nie altyd die regte balans van mikrovoedingstowwe bevat nie. Dit is definitief moontlik om honde rou kos te gee, maar dis tydrowend en moeilik. Dis hoekom ek dit verkies om ’n kommersiële kos aan te beveel, hetsy rou of gekook. Hondekos, insluitend rou kosse, wat in Suid-Afrikaanse winkels verkoop word, moet goedgekeur wees om seker te maak dat hulle ten volle gebalanseerd is vir honde se behoeftes. Indien jy dus rou kos wil probeer, koop liewers iets by jou plaaslike troeteldierwinkel met die V-registrasienommer wat bewys dat die kos goedgekeur is as beide veilig en gebalanseerd.

Vandag se antwoord word geborg deur My Pet Club (www.mypetclub.co.za). My Pet Club wil jou help om tyd en geld te bespaar, ook kennis op te bou wat jou sal help om die beste moontlike sorg aan jou troeteldiere te gee.

Lees ook:

Vra die veearts | Honde in Suid-Afrika vs honde in Europa

Vra die veearts: Dit lyk of iets in ons troetelhen se keel vassit

Vra die veearts: My nege weke oue rottweiler-tefie het katgriep

Vra die veearts: Ons honde trek vreeslik

Vra die veearts: Kan iemand help om ons honde in vrede saam te laat wees?

Vra die veearts: Diere versteur die balans in die huis

Vra die veearts: Honde moet ophou stout wees

Vra die veearts: My hond raak histeries, so erg dat sy my byt

Vra die veearts: Epilepsie

Vra die veearts: Dit is moeilik om my perde te verkoop

Ask the vet: My Yorkie cries when I leave

Vra die veearts: My Jack Russell is doof, grondpaaie laat hom kerm

Vra die veearts: Abby jeuk, Lulu kry aanvalle

Vra die veearts: Vlekkie kry angsaanvalle

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top