Hans Pienaar

Hans Pienaar is ’n 2018-skryfgenoot by die Johannesburg Institute for Advanced Study en skryf dramas, romans, kortverhale, gedigte en niefiksie in Afrikaans en Engels.

Hy werk as joernalis vir Business Day in Johannesburg en skryf ook vir Afrikaanse media. Sy jongste fiksiewerke is Te veel sorge en My china, en sy toneelstukke The good candidate en Die wortel van alle kwaad het onlangs gedebuteer, terwyl hy ook Uithoeke (fotogedigte) geproduseer het.

Hy is bekroon met ’n Rapport-prys vir Die derde oorlog teen Mapoch en die Pansa-prys vir die beste nuwe Suid-Afrikaanse toneelteks in 2005 vir Three dozen roses. Hy is die stigter van die nisuitgewery altoviolet en was voorsitter van die Melville Poetry Festival. Hy is getroud met die digter Corné Coetzee en het twee dogters.

Na wie gaan Vrye Weekblad vry?

Hans Pienaar Nuusvinke 2019-02-25

"Du Preez sê hulle gaan etniese mobilisering beveg, wat in ons hoogs veranderde media-opset met sy histeriese sosiale media maar net beteken hulle gaan dit bevorder. Zoeloe-mobilisering beveg met Afrikaans? Gaan Vrye Weekblad aanvoer AfriForum en Solidariteit moet ophou bestaan? Van agter ’n 'paywall'?"

Harare se staatsterreur

Hans Pienaar Nuusvinke 2019-01-28

"Mthuli Ncube, Zimbabwe se minister van finansies, geklee in ’n duur pak klere en ’n syserp, vertel aan joernaliste dat die jongste onrus in sy land, waarin 12 mense dood is, 300 of so aangehou en gemartel is en talle ander nog soek is, 'was just a blip on the agenda of reform'."

Sol Plaatje: A life of Solomon Tshekisho Plaatje, 1876‒1932 deur Brian Willan: ’n resensie

Hans Pienaar Literatuur 2018-12-14

"Die boek is propvol anekdotes, soos die een oor die 23-jarige Plaatje wat sy deel bygedra het om die koloniale Kaapse owerheid sover te kry om ammunisie aan Mafeking se swartmense te verskaf om hulself te verdedig teen die komende beleg."

Die stilte van die lammers

Hans Pienaar Nuusvinke 2018-11-19

"Die stilte van die lammers, en die stilte van die rowers en moordenaars, knaag aan plaasbewoners. Afrika is nie vir sissies nie, sê die wittes onder hulle een maal per week aan mekaar. Die smeulende konflik op die platteland word geëwenaar in die haatspraak teenoor wit mense en 'witheid' wat algemeen op sosiale media is. Al hoe meer boere dink aan oppak en trek. ’n Gesiene ekonoom praat in gunstige terme van die afskeiding van die Kaap."

Hoe om ’n bank te steel

Hans Pienaar Nuusvinke 2018-10-22

"Is VBS (Venda Mutual Society Bank) se skelms baie dom, of is hulle baie slim?"

Elon Musk en die man in die maan

Hans Pienaar Nuusvinke 2018-09-24

"Maar daar is dalk ’n eiesoortige dryfveer onder Suid-Afrikaners, iets wat met die man in die maan te doen het. In die oppomp van ons almal se nasionalistiese ego’s in die apartheidsjare is ons gedurig op skool vertel ons kan enige hoogte bereik – as hartoorplanter, kernbombouer, damontwerper, Nobelpryswenner, ruimtevaarder, die eerstes in Afrikaans."

Magnus Malan en die ore van die seekoei

Hans Pienaar Nuusvinke 2018-08-27

"In ’n wêreld waarin slagoffer en misdadiger saam in die hospitaal beland, Mengele-tipes jou lewe op straat kan red, en almal saam vir die Springbokke skree, verloor onskuld, net soos skuld, sy krag."

Veeltaligheid wêreldwyd: ’n oorsig van ’n onlangse werkswinkel

Hans Pienaar Meningen 2018-08-08

"In die Vaaldriehoek is daar ’n nuwe gebruik vir Afrikaans. Die kinders van Kongolese migrante wat die taal op skool aanleer, het ontdek dit dien goed as ’n kodetaal, een waarin hulle met mekaar kan konnekteer sonder dat ander mense, veral hul ouers, hulle kan verstaan."

Die stemme in die Chinese eiers

Hans Pienaar Nuusvinke 2018-07-26

"Ramaphosa het in die laaste dae van Julie saam met die leiers van die BRICS-blok van lande by ’n spitsberaad in Pretoria opgetree. As een van Thabo Mbeki se min diplomatieke prestasies het Suid-Afrika homself in die vorige dekade ingesmokkel as die vyfde land in Jim O’Neill se aanwysing van die destydse vier BRIC-lande as die enjins van die wêreldekonomie in die toekoms: Brasilië, Rusland, Indië en China."

Suid-Afrika ’n nuwe Zimbabwe? Miskien, miskien nie

Hans Pienaar Nuusvinke 2018-07-06

"Die week se nuus is gedomineer deur tonele by openbare konsultasies oor die grondkwessie, waar die polisie en politieke leiers moeite gehad het om ’n woedende gepeupel in toom te hou. Alomteenwoordig was Julius Malema, wat ook in die middel van ’n nuwe sosiale mediastorm was, nadat hy ’n klag dat hy agter ’n bepaalde plaasmoord was, beantwoord het deur te twiet, 'Maybe, maybe not.'"

Hou my naam liewer hieruit

Hans Pienaar Nuusvinke 2018-06-08

"Naamsveranderinge oorvleuel natuurlik met kwessies uit die geskiedenis. Om jou naam op ’n openbare gebou te kry, is ’n tweesnydende swaard. Deels weens die ANC se gebrekkige hantering van die geskiedenis weet min mense wie OR Tambo is."

Leeus in die strate

Hans Pienaar Nuusvinke 2018-05-11

'''Poaching' verwys na net een kwessie hier te lande: die slagting onder renosters, ’n bedreigde spesie, al tel dit onder Afrika se Groot Vyf wilde diere, die groepie wat op elke toeris se lys is as ’n moet-sien."

Ras, rassis, rassister

Hans Pienaar Nuusvinke 2018-04-16

"’n Onaangepaste toepassing van Critical Race Theory is gevaarlik. Die vrye teuels wat dit gee aan mense wat as swart identifiseer om rassistiese uitsprake teen wittes te maak, word oorvloediglik gedemonstreer op sosiale media, in die pers en selfs op konferensies, waar dit tot onlangs nog die mode was om op te staan en uit te roep: 'I hate white people', gepaardgaande met luide applous."

Die koloniale wond in die grond

Hans Pienaar Nuusvinke 2018-03-19

"Vanjaar se besettings is aangevuur deur ’n historiese geleentheid in Suid-Afrika se partypolitieke geskiedenis: die regerende ANC en die heethoofdige tweede grootste opposisieparty, die Economic Freedom Fighters, het hul stemme saamgegooi in die parlement om ’n mosie aanvaar te kry dat die staat grond kan onteien sonder om vergoeding uit te betaal."

Zuma: King Comrade

Hans Pienaar Nuusvinke 2018-02-15

"Op die ou end kon Zuma dit nie regkry om af te tree as koning nie, anders as sir Bob. Hy kry net ’n gewone pensioen en dié sal hy moet gebruik vir al die hofsake wat gaan volg."

Verified by MonsterInsights
Top