Where’s Wally?
2021-05-13"As Brittanje se poet laureate is Simon Armitage ’n besige man ... Maar Serote is nêrens te siene nie, nie in die openbare oog nie."
Wim de Villiers: Liewers taalbal as taalbul
2021-04-08"Hy maak die eienaardige uitspraak dat Universiteit Stellenbosch (US) nie as speelbal deur politici gebruik moet word nie. Dit sê hy terwyl hy US se oorname van die klassifikasie van Afrikaans as nie-inheems aan die hand van ’n politieke dokument probeer verduidelik!"
Coup d'état vanuit Nkandla
2021-03-11"Met die staat se beleid wat eintlik deur die ANC se uitvoerende komitee beheer word en dus nie eintlik meer deel is van die demokratiese potensiaal van die land nie, het die magsgreep nie reeds plaasgevind nie? Bewys Zuma nie juis dat in die era van sosiale media as die tiran se tribunaal, met trolle as sy laksmanne, dat mag nie meer afhang van wie in Mahlamba Ndlopfu slaap nie?"
Suid-Afrika se skyndemokrasie
2021-02-09"Om te steel is om ’n revolusionêre aanslag op die 'commanding heights' van die nieswart ekonomie uit te voer ... En eise vir verantwoordbaarheid maak jou ’n ondermyner en rugsteker, wat jou selfs jou lewe kan kos."
Mugabe, held van die Suid-Afrikaanse restaurant
2021-01-27"Daar is wonderlike restaurateurs en hulle is gewoonlik aangename en interessante mense, maar groot dele van die bedryf teer op die rampe van die wêreld, op diktators soos Mugabe en Mnangagwa wat hul lande vernietig, op natuurlike katastrofes wat sal sorg dat daar altyd vlugtelinge iewers is wat teen hongerlone sal werk om te oorlewe."
Osama se wraak
2021-01-14"Dit sou te ver gaan om te beweer dat Bin Laden die teks vir die sirkusteater in die Capitol geskryf het, maar Trump en kie speel lekker saam om sy sprokie ’n realistiese oorlogsroman te maak. Joe Biden se inhuldiging wag nou vir die opvolgepisodes en het die hele land op hete kole."
Godsdiens en die teleskoop
2021-01-05"Die gevolg is die grootskeepse vergrype van godsdienste, wat mense medepligtig aan moord maak deur ’n hoofregter te laat praat van entstowwe wat DNS verander, of te laat verkondig die virus is ’n sekulêre komplot deur Bill Gates en dat hy hulle lewens nog meer gaan beheer as wat sy rekenaars reeds doen."
My jaar van strengheid en plesier
2020-12-22"Annus horribilis is die frase wat koningin Elizabeth van Brittanje aan ons geskenk het ..."
Koud, bitter koud, vrekkoud
2020-12-03"In die huidige globale raamwerk vir entstowwe gaan die armer lande net 20% van die entstowwe teen die einde van aanstaande jaar kry. [...] Miskien kan ons Mbeki of ons Grendeltante Nkosazana kry om, soos in die geval van die Virodene anti-MIV-entstof, ’n plan te maak om entstowwe in die ruimte te gaan stoor. Aan die ander kant het die meeste van die wetenskaplike en organiserende talent wat ons daarvoor sou kon inspan, soos Elon Musk, reeds verhuis na ander lande wat hulle beter behandel."
Die naam is Biden, James Biden
2020-11-09"Biden was visepresident onder Obama, die president wat die meeste aanvalle deur hommeltuie op Amerika se vyande geloods het. In die rolprentwêreld is spioene superhelde; in werklikheid is hulle meestal inligtingsklerke – die naaste wat die meeste aan 007-aksie kom, is om knoppies te druk wat 10 000 km daarvandaan konvooie en huweliksprosessies opblaas, met regslui wat aan hul elmboë sit om hul straffeloosheid te verseker."
Clicks: Dis dié keer regtig Van Riebeeck se skuld
2020-09-09"Dis Jan van Riebeeck en sy opvolgers se pruike wat die grondslag vir die Eurosentriese harebedryf in Suid-Afrika gelê het. Natuurlik is enige gesprek oor harekwessies op die verkeerde grond gestel as jy nie ook verwys na die skreiendhede van apartheid en sy potloodtoetse nie. En dis inderdaad ’n maatstaf van die onvoltooide werk met rasseversoening dat relle oor hare en die vernederings van swart en bruin mense wat daarmee gepaard gaan, nog gereeld in skole uitslaan."
Pollie ons gaan Paarl toe
2020-08-11"Skielik het ’n intrigerende nuwe debat hom onder ons ingesmokkel, die een oor die onafhanklikheid van die Kaap ... Onlangs is die Cape Independence Advocacy Group gestig, en dit lyk of dit die pad van ander inisiatiewe sal volg nadat dit ’n vlag in die kleure van die ou koloniale moondhede ontwerp het."
Wat gaan gebeur as Trump wen?
2020-07-02"Op die oomblik lyk dit asof Trump se hantering van die landwye betogings, waartydens hy sy diktatoriale instinkte ontbloot het, en van die koronakrisis, hom twee nekslae toegedien het, en spreek al meer Trump-aanhangers hul berou uit dat hulle in 2016 vir hom gestem het. Maar ’n mens moet waarnemers soos Wolfgang Münchau gelyk gee dat daar teen November ’n konserwatiewe teenreaksie kan ontwikkel, net soos die Franse na 1968 vir Charles de Gaulle met ’n groter meerderheid herkies het."
Gesoek: ’n minister van die toekoms
2020-06-03"Gaan ons ’n postpandemie hê, of gaan dinge maar net aangaan soos tevore, post die pandemie? Die groter probleem in Suid-Afrika is dat ons gekoloniseer is deur die verlede, beide omdat sy vergrype ons laat met bykans onoorkomelike ongelykhede, en omdat ons denke oorheers word deur kwessies gedryf deur 19de-eeuse ideologieë. Die meerderheid Suid-Afrikaners veg nog teen Britse kolonialisme en apartheid, terwyl die nuwe kolonialismes bedryf word deur Microsoft, Facebook, Twitter, Amazon en Google."