Hans Pienaar

Hans Pienaar is ’n 2018-skryfgenoot by die Johannesburg Institute for Advanced Study en skryf dramas, romans, kortverhale, gedigte en niefiksie in Afrikaans en Engels.

Hy werk as joernalis vir Business Day in Johannesburg en skryf ook vir Afrikaanse media. Sy jongste fiksiewerke is Te veel sorge en My china, en sy toneelstukke The good candidate en Die wortel van alle kwaad het onlangs gedebuteer, terwyl hy ook Uithoeke (fotogedigte) geproduseer het.

Hy is bekroon met ’n Rapport-prys vir Die derde oorlog teen Mapoch en die Pansa-prys vir die beste nuwe Suid-Afrikaanse toneelteks in 2005 vir Three dozen roses. Hy is die stigter van die nisuitgewery altoviolet en was voorsitter van die Melville Poetry Festival. Hy is getroud met die digter Corné Coetzee en het twee dogters.

Staatsgreep in Suid-Afrika: Paranoia of "power to our people"?

Hans Pienaar Nuusvinke 2020-04-24

"Skielik is die vraag reg voor ons: Is die vyand die virus van COVID-19 of die virus van mag? Dis ’n pertinente vraag op Vryheidsdag 27 April (komende Maandag), wat veronderstel is om die koms van vryheid na Suid-Afrika op die eerste verkiesing van die moderne bestel op 27 April 1994 te vier."

Ons wag op die nuwe wêreld

Hans Pienaar Nuusvinke 2020-04-09

"Terwyl ons op die virus wag, is daar ritse aanbiedings om die dooie tyd om te kry, dikwels rolprente met clichétonele van mense wat in doodsangs wag vir die gevaar om die hoek: Tom Cruise vir die tentakels van die invallers uit die ruimte in The war of the worlds; Sigourney Weaver vir die tandewerk van die monster in Alien. Ons wag op die virus om haar uit te woed voor ons weer normaal kan word. Daarna gaan die wêreld verander, word ons belowe."

Kindermoord: die kern van die saak

Hans Pienaar Nuusvinke 2020-03-04

"In Suid-Afrika word elke dag drie kinders doodgemaak. Elke dag. Drie. Kinders. Daar was Tazne van Wyk, wie se dood in ’n mediasirkus ontaard het. Waar lees ’n mens van die res? ... Hoe gebeur dit dat die magtige mens nie sy kinders kan beskerm nie?"

Wat is ’n misdaad teen die mensdom?

Hans Pienaar Nuusvinke 2020-02-18

"Watter taal is die regte taal om die kern van die saak vas te vat?"

Bestaan Suid-Afrika nog?

Hans Pienaar Nuusvinke 2020-01-17

"Waar is die land met die naam Republiek van Suid-Afrika in hierdie opset?"

Die ideologie van woede

Hans Pienaar Nuusvinke 2019-12-06

"Nou is ons al gewoond daaraan, die doktrine: As ’n swart slagoffer van wat ookal in woede uitbars, is dit in sy omstandighede gegrond, wat hom dwing om só op te tree. 'Lived experience' is die sleutelwoord, een wat baie wit akademici ook opgeneem het in hulle rasionalisering van sommige van die #FeesMustFall-studente se dwalings."

Wim en Edwin praat rugby oor ’n glasie

Hans Pienaar Nuusvinke 2019-11-04

"Wat het die Springbokke se oorwinning in die Wêreldbekertoernooi in Japan met die Grondwetlike Hof se uitspraak oor taal op Stellenbosch te doen? Alles!"

Riviere vol krokodiltrane

Hans Pienaar Nuusvinke 2019-10-08

"Van Mbeki se gespog oor die manipulering van wit staatsamptenare deur die ANC tot Lesufi se demonstrasies van onbevoegdheid vir sy werk, en die bykans onherstelbare agteruitgang van so baie munisipaliteite, is daar ’n reguit lyn van hubris en triomfantisme wat besig is om ontwikkeling in Suid-Afrika tot stilstand te rem."

Eben Etzebeth en die tragedie van die vrou

Hans Pienaar Nuusvinke 2019-09-12

"Baie mense is kwaad vir die Springbok-rugbyspeler Eben Etzebeth. Hoewel daar geen bewyse is dat hy skuldig is op enige klagtes van aanranding nadat hy onlangs in ’n groep vir ’n aand uit na Langebaan was nie, voel baie mense, veral vroue, dat waar daar ’n rokie is, daar minstens ’n vape-kooltjie moet wees."

Om te steier onder die sterftes rondom jou

Hans Pienaar Meningen 2019-08-21

"Vrydag het ons afskeid geneem van my vriend van 36 jaar, Harry Kalmer, by ’n geleentheid in Johannesburg. Harry was die agtste mens na aan my wat die afgelope jaar of so dood is."

Hou my vas, korporaal

Hans Pienaar Nuusvinke 2019-07-15

"Bly die weermag net vir ’n rukkie, gaan die bendes net weer terugkeer en gaan Ramaphosa-hulle hul skuldig maak aan die handhawing van apartheid."

Van A tot Z, Assange tot Zuma

Hans Pienaar Nuusvinke 2019-06-18

"Julian Assange is nie die aangenaamste ou by die braai nie. Witmuis sou dalk sy bynaam gewees het hier te lande. Aanhangers van Hillary Clinton, dié wat nog oor is, sal hom nooit vergewe nie. Sweedse vroue gaan was liewer die skottelgoed. Of so word ons gemaak glo."

Godzille, tuimeldroërs en kokosneute

Hans Pienaar Nuusvinke 2019-05-20

"Een van die gebruikers van sosiale media wat haarself beslis nie as ’n slagoffer beskou nie – inteendeel – is Helen Zille; ook nie as  ’n robot wat in vrees lewe vir die volgende openbare skande nie. Sy was óók verlede week in die nuus, maar weens ’n pos op Twitter waarin sy sê swart bevoorregting het tot staatskaping gelei."

Oranje, blanje, blouoog

Hans Pienaar Nuusvinke 2019-04-23

"Maar ons weet mos waarvoor Steve staan. En ook dat hy nie ’n sissie is nie, en dat hy die blouoog wat hy gaan kry deur 98% van die bevolking die duiwel in te maak, met trots sal dra. Maar wie wil nou saam met Steve met ’n blouoog gesien word?"

Van kernkrag tot kerskrag

Hans Pienaar Nuusvinke 2019-03-25

"Hierdie elite sal altyd lig en warm water hê. Vir die res – nou ja, beurtkrag sal die kersbedryf laat groei en nuwe werk skep, dan nie?"

Verified by MonsterInsights
Top