Eenders en anders: Om Nederlands weer in Suid-Afrikaanse skole bekend te stel
2020-11-03"Die materiaal is so saamgestel dat dit enersyds kyk na dit wat dieselfde of eenders is in die twee tale, maar dan brei dit uit na die verskille. Die 'eenders en anders' verwys nie net na die taal nie, maar ook na die kulturele ooreenkomste en verskille."
"Staat van het Nederlands": belang vir Afrikaans
2020-11-02"In die 2016-studie is daar naamlik bevind dat heelwat Nederlanders aanstoot geneem het as hul streekstaal of dialek nie formeel erkenning gekry het nie; Hinskens het gewaarsku dat Suid-Afrika dit in ag moet neem sou ons ’n soortgelyke studie wou doen vir die stand van Afrikaans."
Ruby & Roach se animasie: geen taalgrense nie
2020-10-29"Ruby en Roach het tot op hede al by tien internasionale feeste en drie nasionale feeste gaan kuier."
Magda de Vries en Liza Grobler | Dansdialoog om die marimba
2020-10-14"Ek hou van buitengewone dinge – dit is veilig om te sê ek is ’n nonkonformis. As musikant voel ek dit is belangrik om Suid-Afrikaanse talent te erken en bevorder. Om hierdie rede het ek besluit om drie jong plaaslike komponiste opdrag te gee om werke vir marimba te komponeer."
Blomtyd in die Weskus Nasionale Park
2020-10-09"Wanneer dit blomtyd is, word Postberg vir ’n beperkte aantal motors per dag oopgestel. Toelatings tot daardie deel van die park gebeur reg deur die dag, maar dit is veiliger om vroeg op te staan en seker te maak dat jy nie té laat opdaag en weggewys word, of baie lank moet wag nie."
Besoek Suid-Afrika: Darling se blomme
2020-10-01"Darling, slegs sowat 80 km van Kaapstad af, is ’n uitstekende begin van ’n blommevakansie weens die groot aantal veldtipes om die dorp. Meer as 1 200 plantspesies is reeds om Darling opgeteken."
Huldeblyk aan John Nicholson, die man met ’n biblioteek in sy agterplaas
2020-10-01"John het egter gesê dit help nie jy sit kos in ’n kind se maag en die kop bly leeg nie. Aanvanklik het hy en Gail sommer hulle eie boeke aan die kinders gegee om te lees, maar uiteindelik het hulle skenkings gekry, en in 2008 is ’n biblioteek begin in ’n skeepshouer wat aan hulle geskenk is."
Storieboeke vir "vrylees" net so belangrik as Wiskunde in Nederlandse skole
2020-09-29In Suid-Afrika mor baie leerders oor die boeke op voorgeskrewe lyste wat hulle moet lees. Hoe dink Nederlandse skole oor die boeke wat hul leerders in die klas lees? Izak de Vries het dié vraag aan Solet Scheeres gevra. Sy is ’n dosent in Engels by d'Oultremontcollege in Drunen, Nederland.
Nuwe interkulturele bande word gesmee by SASNEV
2019-07-31Op Saterdag 27 Julie 2019 het veertig Suid-Afrikaanse en Nederlandse leerders by SASNEV (Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere) in Pinelands, Kaapstad, byeengekom om interkulturele kennismaking en leer te vier. Die leerders het saam met Frazer Barry leer rymklets. Diana Ferrus het ook op hierdie geleentheid haar nuutste boek, Die vrede kom later, bekend gestel. ’n Beursskema vir leerders van die Hoërskool Groenberg (Grabouw) is ook bekendgestel, waarmee hulle in 2020 na Nederland kan reis vir internasionale uitruiling en leer.
Belge, boeke, Bloemfontein en Nederlandse vrae oor feite
2019-07-25"Geraldine Reymenants, die algemene verteenwoordiger van die Vlaamse regering in Suid-Afrika, was in gesprek met die Nederlandse skrywer Wytske Versteeg. Hulle is bygestaan deur Corneli van den Berg, die literatuurfeeskoördineerder vir die Vrystaat Kunstefees. Versteeg is ’n politoloog, maar ook ’n skrywer. Die gesprek oor haar navorsing was net so fassinerend as die gesprek oor haar fiksie."
Afrikaans: Waarheid en versoening onder een DAK
2019-04-04Wat is die waarheid oor Afrikaans? Hoe kan versoening in of deur Afrikaans bewerkstellig word? Wat kan ons anders doen in Afrikaans, veral as ons na die toekoms wil kyk? Einde Maart 2019 het die DAK-Netwerk ’n konferensie in Kaapstad gehou. Izak de Vries berig.
’n Nuwe lente vir SASNEV
2018-11-22"Die Vlaams/Nederlandse Willem de Zwijgerstichting het in 1997 die Huis der Nederlanden gevestig en befonds die sentrum sedertdien. Op Vrydag 16 November 2018 het belangrike genote in die SASNEV-netwerk amptelik vir die eerste keer bymekaargekom om die nuwe voorsitter van die stigting te ontmoet."
Digkuns en die wyshede van water
2018-09-12"Die Koninkryk van die Nederlande en ’n aantal Suid-Afrikaanse organisasies het in 2018 weer hande gevat om digkuns oor taalgrense heen aan te bied in Kaapstad. Onder die vaandel #cocreatePOETICA is 21 verskillende poësiegeleenthede tydens die jaarlikse Open Book Festival aangebied. Moeite is gedoen om veeltaligheid en kultuur onder die loep te neem."
Die rooikop en die redakteur en ander stories 1955–1959 deur André P Brink: ’n resensie
2018-08-15"Die jonge, taamlik onskuldige André Brink het wel hierdie verhale om den brode geskryf, maar as jy sy oeuvre ken, sien jy alreeds vingeroefeninge van die persoon wat later ’n meesterskrywer sou word."
Wit issie ’n colour nie deur Nathan Trantraal: ’n resensie
2018-07-30"Nathan Trantraal se Wit issie ’n colour nie behoort verpligte leesstof te wees. Vir wie? Wel, alle politici, alle kerkgangers en almal wat in die onderwys belangstel. Gooi sommer mediese mense en regsmense ook hierby in. Waarom? Want dit is bitter min dat armoede van binne beskryf word."
