Izak de Vries

Izak de Vries het ’n honneurs in skeppende skryfwerk gedoen en toe ’n MA-verhandeling oor André P Brink se Inteendeel. Hy het egter ewe veel geleer by die Universiteit van die Lewe. Op vyftienjarige ouderdom begin hy reeds as joernalis sy kamera- en woordvaardighede kombineer om sakgeld te verdien. Skaamteloos erken hy deesdae die invloed wat talle subredakteurs van verskeie koerante en tydskrifte op hom gehad het.

Om dié rede probeer hy deesdae terugploeg deur werkswinkels aan te bied waar ander weer uit sy praktiese ondervinding kan leer.

Sy eerste bundel kortverhale, Kom slag ’n bees, verskyn in 1996 en die tweede, Byna liefde, in 2006. Talle kortverhale en verskeie van sy gedigte is reeds gepubliseer in versamelbundels, veral dié wat op die skolemark gerig is.

In sy vrye tyd skryf hy graag die goed wat hý wil skryf, neem hy die foto’s wat hý wil neem en spandeer hy tyd met sy gesin. Hy is ook mal oor lees en spandeer soveel tyd as moontlik in die natuur – veral daar waar selfone nie werk nie en kragpunte nie eens ’n gedagte is nie. Om fiks te bly, draf Izak.

Amanda Gorman: Mag slegs swart, cisgender mense swart, cisgender skrywers vertaal?

Izak de Vries Meningen 2021-03-02

"Sal ons moet sê ons wil seker maak dat ’n swart persoon nie raak aan ’n wit skrywer se werk nie? Goeie hemel. Dink net aan daardie implikasie."

Greyton

Izak de Vries Reizen 2021-02-27

"Hier is die besoekers van buite noodsaaklik om die plaaslike mense te laat eet. Hier behandel die plaaslike mense jou soos ’n koning, al is jy ’n eensame kaalvoetwandelaar."

Die Nederlandse aandklokreël deur ’n regter opgehef

Izak de Vries In het nieuws 2021-02-16

"Die aandklokreël wat aan die einde van Januarie in Nederland afgekondig is en soveel woede veroorsaak het, is enkele ure gelede deur ’n regter ongeldig verklaar. Dit moet onmiddellik opgehef word."

Skole: Nederlandse ouers “staan op omvallen”

Izak de Vries Meningen 2021-02-04

"Dit wil voorkom of ’n klein bietjie VOC-DNS steeds skuil in die regerings van Nederland én Suid-Afrika. Ons mag verskillende tale praat, maar soms klink die kommunikasie van die onderskeie regerings aan die burgery maar baie dieselfde."

Sy wil jou leer Nederlands praat

Sabien van Craenendonck, Izak de Vries Over taal 2021-01-28

"Verder kan de kennis van het Nederlands deuren openen naar werkgelegenheid, uitwisselingsprogramma’s of zomerscholen."

Die geweld in Nederland – ’n Suid-Afrikaner probeer verstaan

Izak de Vries In het nieuws 2021-01-27

"Sondagnag was ’n soort katarsis van die ‘complotwappies’ (komplotdenkers), en dié komplotte het vele tentakels."

Breedekloof bekoor die reisiger

Izak de Vries Reizen 2021-01-12

"Die vallei is beeldskoon, dus skep selfs daardie kosbare oomblikke wanneer ’n mens wag vir die kos om voorberei te word, ’n geleentheid om stil te word en jou eie batterye te laai."

Die Sederberg is goed vir die siel

Izak de Vries Reizen 2021-01-08

"’n Mens hoef nie ryk te wees om die Sederberg te geniet nie, maar beplanning is noodsaaklik."

Die vertaler ontbind, verklaar en bewaar ’n ruimte tussen tale

Izak de Vries Vertalingen 2020-12-22

"Die vertaler van ’n teks doen meer as om woorde van een taal in ’n ander oor te skryf. Die vertaler moet ook die gevoel van die bronteks oordra – sonder om die teikenteks lomp en ontoeganklik te maak."

’n Resensie van Proxima

Izak de Vries Film 2020-12-07

"Wanneer haar deelname aangekondig word, is die manlike Amerikaanse spanleier se kommentaar dat hy bly is oor haar nasionaliteit, want hy het goeie goed gehoor oor Franse vroue se kookvernuf."

Hip-hop as brugteks: ’n Resensie van Mogul Mowgli

Izak de Vries Film 2020-12-01

"Wanneer Zed dit dan durf waag om velkleur aan te spreek, breek ’n geveg uit ... Zed is nie wit genoeg vir Brittanje nie, maar ook nie swart genoeg vir diegene wat hulself as ‘swart’ sien nie."

I am Greta, ’n resensie

Izak de Vries Film 2020-11-17

"Hierdie film doen meer as net goeie werk vir die klimaat, dit breek ook lansies vir mense wat op die outismespektrum is."

België in die Kaap: ’n Fotogalery

Izak de Vries Culinair 2020-11-16

"Die idee was om Belgiese maatskappye wat in Suid-Afrika handel dryf, groter lugtyd te gee onder die sambreelbeskrywing 'A taste of Belgium'."

Francis Galloway se teks oor Breyten Breytenbach vir die publiek beskikbaar

Francis Galloway, Izak de Vries Interviews 2020-11-10

"Of die boek nog tersaaklike aangeleenthede aanspreek in ’n era waarin Afrikaans (en witheid) onder druk staan? Ek glo wel mens moet weet waar jy vandaan kom (die hoofstroomgeskiedenis asook die alternatiewe narratief daaromheen) om jou eie pad vorentoe te vind. Dis soos om eers die klassieke kitaar te begryp sodat jy kan improviseer en vernuwe."

’n Gratis Europese filmfees en ’n bonus vir Afrikaanse lesers

Izak de Vries Film 2020-11-04

"Die Europese Filmfees 2020 word van 12 tot 22 November virtueel gehou, met gratis aanlyn uitsendings vir Suid-Afrikaners. Vir Afrikaanse lesers is daar boonop ’n groot bonus, byeengebring deur die Vlaamse verteenwoordiging in Suid-Afrika en Sasnev, ondersteun deur Protea Boekhuis en die Vrystaat Kunstefees."

Verified by MonsterInsights
Top