Izak de Vries

Izak de Vries het ’n honneurs in skeppende skryfwerk gedoen en toe ’n MA-verhandeling oor André P Brink se Inteendeel. Hy het egter ewe veel geleer by die Universiteit van die Lewe. Op vyftienjarige ouderdom begin hy reeds as joernalis sy kamera- en woordvaardighede kombineer om sakgeld te verdien. Skaamteloos erken hy deesdae die invloed wat talle subredakteurs van verskeie koerante en tydskrifte op hom gehad het.

Om dié rede probeer hy deesdae terugploeg deur werkswinkels aan te bied waar ander weer uit sy praktiese ondervinding kan leer.

Sy eerste bundel kortverhale, Kom slag ’n bees, verskyn in 1996 en die tweede, Byna liefde, in 2006. Talle kortverhale en verskeie van sy gedigte is reeds gepubliseer in versamelbundels, veral dié wat op die skolemark gerig is.

In sy vrye tyd skryf hy graag die goed wat hý wil skryf, neem hy die foto’s wat hý wil neem en spandeer hy tyd met sy gesin. Hy is ook mal oor lees en spandeer soveel tyd as moontlik in die natuur – veral daar waar selfone nie werk nie en kragpunte nie eens ’n gedagte is nie. Om fiks te bly, draf Izak.

Red Sandra, op die Europese filmfees as Save Sandra

Izak de Vries Film 2021-10-21

"William en Olga Massart probeer natuurlik alles om hulle dogter te red en hoor van ’n middel wat in Denemarke ontwikkel word. Die medisyne is nog nie op die mark nie, so hulle probeer vir Sandra op een van die kliniese proewe kry, maar hulle hulle slaag nie."

Studio SASNEV | Die SAVN se kortfilmkompetisie

Izak de Vries SASNEV 2021-10-20

"As deel van die sewende Week van Nederlands het die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek (SAVN) ’n kortfilmkompetisie uitgeroep. Die wenners is op Saterdag 9 Oktober 2021 tydens ’n uitsending vanaf Studio SASNEV bekendgemaak."

Studio SASNEV | Hoe sien buitelandse diplomate Afrikaans?

Izak de Vries SASNEV 2021-10-19

"Afrikaanssprekendes skakel so maklik oor na Engels wanneer ons ’n vreemde aksent hoor, óf ons donder soms aan sonder om enige een in ag te neem. Gedurende die Week van Nederlands is moeite gedoen om die ooreenkomste én die verskille tussen Nederlands en Afrikaans te vier. Die diplomate het dit raakgesien. Mag daar in die toekoms nóg brûe gebou word."

Sanlam Cape Town Marathon | Wêreldklas in ’n tyd van Covid

Izak de Vries In het nieuws 2021-10-18

"Wat meer is, dié marathon word tans amptelik geëvalueer om moontlik deel te word van die Abbott World Marathon Majors. Sou ons daarin slaag, sal Kaapstad aansluit by slegs ses ander wat as wêreldklasmarathons gesien word, naamlik die Londen-marathon, New York-marathon, Boston-marathon, Chicago-marathon, Berlin-marathon en die Tokio-marathon."

Studio SASNEV | Nederlands oor grense heen

Izak de Vries SASNEV 2021-10-15

"In hierdie openhartige gesprek tussen Eureka Barnard en Kabous Meiring vertel Barnard hoe ons die pyn van die verlede moet erken, maar ook die geleenthede moet aangryp om van mekaar te leer."

Studio SASNEV | Taal en identiteit

Izak de Vries SASNEV 2021-10-15

"Die antwoorde is verrassend – van Nederlandse restante in Oranjerivierafrikaans en Kaaps tot die nuansering van Suid-Afrikaanse taalgesprekke wanneer ons kyk hoe Nederlands met ander tale omgaan."

Studio SASNEV | Ontmoet die professore

Izak de Vries SASNEV 2021-10-13

"Kabous Meiring het op Saterdag 9 Oktober 2021 met Dorothea van Zyl en Wium van Zyl gesels oor hulle bydrae tot die bevordering van Nederlands in Suid-Afrika en Afrikaans in die Lae Lande." Luister na die gesprek.

Studio SASNEV | Welkom aan die Kaapse digters

Izak de Vries SASNEV 2021-10-13

"Waarom verkies sommige digters om Kaaps as draer van hulle boodskap te gebruik? Karin Benjamin het die vraag aan die woordkunstenaars Blaq Pearl, Churchil Naudé en Jitsvinger gestel." Kyk na die gesprek.

Studio SASNEV | Daniel Hugo, brugbouer tussen Nederlands en Afrikaans

Izak de Vries SASNEV 2021-10-13

"Daniel Hugo het reeds meer as 50 boeke uit Nederlands vertaal. Karin Benjamin het hom op Saterdag 9 Oktober gevra waarom dit nodig is om Nederlandse tekste te vertaal en wat die uitdagings is wat hy tydens sy vertalings in ag moet neem." Kyk na die gesprek.

Gesprek | Fries, Kaaps, Nederlands en Afrikaans: Wat kan ons van mekaar leer?

Jelle Krol, Ernst Bruinsma, Conrad Steenkamp, Kabous Meiring, Izak de Vries SASNEV 2021-10-07

Fries is ’n Wes-Germaanse taal, baie nou verwant aan Engels, wat steeds in die Nederlandse provinsie Friesland gepraat, geskryf en gelees word. Ernst Bruinsma en Jelle Krol brei uit oor die Friese taal en letterkunde, waarna Kabous Meiring vir Conrad Steenkamp en Izak de Vries betrek om by al vier te hoor wat Kaaps, Nederlands, Afrikaans en Fries by mekaar kan leer.

Boeke en films oor die lewe onder die Taliban

Izak de Vries Literatuur 2021-09-08

"Dit is vir ’n gewone Suid-Afrikaner moeilik om die situasie in Afganistan te probeer verstaan. Gelukkig is daar storievertellers wat ’n mens toegang gee tot lande waar ons nooit sal kom nie."

Emigrating to the Netherlands: “So much is so different.”

Kari Longman, Izak de Vries Interviews 2021-08-20

Because they have opened themselves up to the Dutch way of life, the Longmans are happy in the Netherlands. This is a frank, but funny, interview about making a huge transition.

Die Nederlandse Bibliotheek Kaapstad

Izak de Vries SASNEV 2021-08-10

"Hierdie boekery word tans in Pinelands, ’n voorstad van Kaapstad gehuisves, maar vir diegene wat ver woon, is daar ook goeie nuus. Die biblioteek nooi lesers of leeskringe om met hulle kontak te maak."

Baviane van die Krugerwildtuin: Op reis na die familie?

Izak de Vries Reizen 2021-08-05

"Seks is ’n sosiale aktiwiteit onder bobbejane, net soos vir ons. Dit word nie bloot vir voortplanting gebruik nie. Tog, wanneer daar babas kom, word hulle opgepas en versorg. Nie iets waaroor ons altyd kan spog nie."

Nederland se vlag twee dae ná mekaar die ruimte in

Izak de Vries Meningen 2021-07-22

"Op 20 Julie het Oliver Daemen die jongste persoon geword wat die ruimte ingevaar het, saam met Jeff Bezos, en op 21 Julie is ERA, ’n baie gevorderde robotarm wat in Leiden gebou is, op ’n Russiese vuurpyl die ruimte in gestuur."

Verified by MonsterInsights
Top