Izak de Vries

Izak de Vries het ’n honneurs in skeppende skryfwerk gedoen en toe ’n MA-verhandeling oor André P Brink se Inteendeel. Hy het egter ewe veel geleer by die Universiteit van die Lewe. Op vyftienjarige ouderdom begin hy reeds as joernalis sy kamera- en woordvaardighede kombineer om sakgeld te verdien. Skaamteloos erken hy deesdae die invloed wat talle subredakteurs van verskeie koerante en tydskrifte op hom gehad het.

Om dié rede probeer hy deesdae terugploeg deur werkswinkels aan te bied waar ander weer uit sy praktiese ondervinding kan leer.

Sy eerste bundel kortverhale, Kom slag ’n bees, verskyn in 1996 en die tweede, Byna liefde, in 2006. Talle kortverhale en verskeie van sy gedigte is reeds gepubliseer in versamelbundels, veral dié wat op die skolemark gerig is.

In sy vrye tyd skryf hy graag die goed wat hý wil skryf, neem hy die foto’s wat hý wil neem en spandeer hy tyd met sy gesin. Hy is ook mal oor lees en spandeer soveel tyd as moontlik in die natuur – veral daar waar selfone nie werk nie en kragpunte nie eens ’n gedagte is nie. Om fiks te bly, draf Izak.

Musici van die Oos-Kaap bekoor saam met Richard Cock

Izak de Vries Muziek 2022-04-27

"Cock is ook betrokke by verskeie liefdadigheidsaksies. Talle van sy konserte word gebruik om fondse vir ’n groot aantal projekte in te samel. Besoekers aan Suid-Afrika kan gerus enige konsert van Richard Cock bywoon. Dit is wêreldklas."

Wat beteken die + in LGBTQIA+?

Izak de Vries Meningen 2022-04-11

"Die + is positief. Dit staan vir ’n nuwe begin, weg van die stereotiepe, patriargale rolle waar mans oor vroue kon heers. Die + is ’n plus vir ons inklusiewe samelewing."

Broodnodige teater: ’n amper-resensie van Contested bodies or Doctor James Barry, Lord Charles Somerset, and I

Izak de Vries Theater 2022-03-25

"Moenie tradisionele teater verwag nie, beslis ook geen stigtelike oomblik nie. Tog: Die kostuums is beeldskoon. Die spel is verstommend. Hoewel jy van een historiese oomblik na die ander gegooi word, is die lyn maklik om te volg."

Nasionale biblioteekweek: ’n onderhoud

Izak de Vries, Zephne Ladbrook, Frouwien Bosman Interviews 2022-03-13

Vanjaar val nasionale biblioteekweek gedurende 14–20 Maart. Izak de Vries het in Distrik 6 by die Otto Stigting gaan kuier om uit te vind waarom nasionale biblioteekweek gevier word, waarom dit juis nou gevier word, en wat die doel van hierdie week is.

Philip de Vos en Piet Grobler gesels oor Tokkelossiebossie en ander dol gedoentes

Izak de Vries, Philip de Vos, Piet Grobler Literatuur 2022-02-24

Tokkelossiebossie en ander dol gedoentes is ’n bundel versies deur Philip de Vos met tekeninge deur Piet Grobler. Izak de Vries het met albei oor die boek gesels.

’n Besinning oor Mijn beste vriendin, Anne Frank

Izak de Vries Film 2022-02-22

"Hierdie film is steeds relevant en daar is talle mense in Suid-Afrika wat soortgelyke ervarings deurgemaak het. Ons moet hulle erken. Ons moet bewus wees. Suid-Afrika het nie eksterminasiekampe gehad nie, maar ons het tot in die jare sewentig nog goedsmoeds mense op totaal arbitrêre gronde uit hul huise gegooi."

Schoenbek: ’n Onderhoud met Joukje Akveld en Piet Grobler

Joukje Akveld, Piet Grobler, Izak de Vries Literatuur 2022-02-09

Schoenbek is ’n nuwe kinderboek deur Joukje Akveld en Piet Grobler. In hierdie video gesels Izak de Vries met Joukje en Piet.

Die Dylan Lewis-beeldetuin

Izak de Vries Reizen 2022-01-28

"Die werke straal sensuele genot uit. Die liggaam word gevier. Daar is pret in baie van hierdie beelde. Daar is ook pret in die tuin ingebou. ’n Mens voel byna stout as jy by ’n tonneltjie inglip om na nuwe avonture te gaan soek."

Op die spoor van ’n wetenskaplike monnik

Izak de Vries Reizen 2022-01-14

"Hierdie monnik was ’n dromer, denker en doener. Hy was ’n ingenieur, sonder enige formele opleiding, en een ook een van die eerste en uiters suksesvolle megaboere in Suid-Afrika. Om dit alles te kroon was hy ’n bemarker par excellence en ’n kommunikasiespesialis soos min. Klink dit te goed om waar te wees?"

Colonisation and immigration, an interview with Ashlin Winckler

Ashlin Winckler, Izak de Vries Interviews 2022-01-10

In this interview Ashlin speaks to us about growing up in Cape Town, relocating to a country where she does not speak the local language, and about the aftermath of colonisation that is still visible in the Netherlands and in South Africa.

Being a Dutch immigrant: Physical freedom versus social freedom

Imogen Winckler, Izak de Vries Interviews 2022-01-07

The Netherlands gives her physical freedom. She rides her bicycle wherever and whenever she feels and travels on her own. On the flip side, she experiences a genuine lack of social freedom, since she is not fluent in Dutch.

Emigrasie na Nederland: Wat jy moet weet

Cor Winckler, Izak de Vries Interviews 2022-01-05

Cor Winckler en sy een dogter het kort voor die pandemie na Nederland verhuis. In hierdie onderhoud van 90 minute gee hy gedetailleerde inligting oor wat mense moet weet en doen voor hulle besluit om na Nederland te verhuis.

Die oudste landbougenootskap in die land vier fees

Izak de Vries Culinair 2021-11-30

"Daar is 190 jaar gelede ’n landbougenootskap gestig wat nou bloedjonk en spoggerig is. Word deel van ons familie, nooi Agri-Expo alle kos- en wynliefhebbers."

Footnotes – ’n nuwe inisiatief van die Zuid-Afrikahuis

Izak de Vries Kunst 2021-11-24

"’n Voetnoot in ’n teks lei die aandag af, dit breek die gang van die gesprek en kan die leser in allerlei rigtings stuur wat uiteindelik niks met die teks te doen het nie. ’n Voetnoot lig egter ook toe, dit verduidelik of bevraagteken."

In vertaling verlore? In vertaling gevind?

Izak de Vries Literatuur 2021-10-28

"Verskeie gesprekke by die tiende Tuin van Digters het gehandel oor die wisselwerking tussen tale wat meer behels as ’n vertaling van woorde – dit behels dikwels ook die oordrag van kulturele kennis na ’n ander groep. In ’n gedig is dit soms ekstra moeilik."

Verified by MonsterInsights
Top