’n Onderhoud met Kenan Davids, kortfilmwenner
2022-10-04Hy kon nie Nederlands studeer as deel van sy kursus aan sy eie universiteit nie, toe skryf hy nauurs by ’n ander universiteit in. Kenan Davids het pas R50 000 gewen om België en Nederland te besoek sodat hy meer kan leer van sy 'tantetaal' – ’n mooi konsep wat hy uitgedink het, want Nederlands is mos ’n sustertaal van Afrikaans, wat sy moedertaal is?
Die "professionele klas" uitgedaag in ’n gesprek oor Songezo Zibi se Manifesto
2022-09-19"As die nodige verskil gemaak kan word deur ’n professionele klas wat uiteindelik die werkersklas tot voordeel kan wees, is die geld wat spandeer is in die opleiding van die professionele klas, dus tot voordeel van almal. Indien die professionele klas egter hul opleiding slegs tot voordeel van hulself gaan gebruik, sal diegene met geen opleiding nie in opstand kom, want hulle sal nie ’n ander opsie hê nie."
Die Natalse Middelland is ’n fees
2022-09-01"Daar is iets vir die meeste van ons in die Middelland van KwaZulu-Natal, veral ’n bietjie rus en vrede as jy uit die stad wil wegkom."
Dirty lines: ’n besondere blik op die tagtigs
2022-08-23"Dirty lines is fiksie, maar dit steun swaar op Fred Saueressig se boek 06 Cowboys, uitgegee deur Q in 2016. Saueressig het as bemarkingsdirekteur gewerk by ’n maatskappy wat 06-lyne bedryf het en sy verslag lê die fondamente vir die fiktiewe Teledutch."
Bedreig ons die liefde? Nee, wat! Ons vier dit
2022-08-10"Die film is pret en verskaf ’n aantal komiese oomblikke. Die titel ten spyt, is dit hoegenaamd nie iets wat die alledaagse idee van huwelike tussen hetoroseksuele, cisgender mense uitdaag nie. Inteendeel."
Springbokkleure in gevegskuns
2022-07-13"Ek was verbaas om te sien hoe jong springbokke stoei – dit gaan oor soveel meer as koppe stamp. Dit gebeur natuurlik alles in breukdele van ’n sekonde."
Cradock, ’n klein oase om te ervaar
2022-07-06"’n Hele aantal ontwikkelaars begin die waarde sien van beleggings op die platteland. Jy kan soms in so ’n dorpie ’n hele straat koop vir die prys van ’n huis in die stad."
Aus Tebza speel harte warm op die Nasionale Kunstefees
2022-06-27"Aus Tebza is die verhoognaam van Tebogo Sedumedi, wat in Krugersdorp grootgeword het. Sy het op 15-jarige ouderdom reeds geweet dat sy eendag haar eie groep wou lei, maar het eers haar skoolgeld betaal deur vir 12 jaar vir Hip Hop Pantsula (ook bekend as HHP) die baskitaar te laat brom."
Disinformation in the Global South: ’n onderhoud met Herman Wasserman
2022-06-08Herman Wasserman vertel vir Izak de Vries en Menán van Heerden oor sy jongste twee projekte: ’n boek, Disinformation in the Global South, en ’n verslag, "Meeting the challenges of information disorder in the Global South".
#cocreateSANL: Hoe bou ons stede in balans met die natuur?
2022-06-02"Kompartementalisering – waar die onderskeie dissiplines en rolspelers nie genoegsaam met mekaar praat nie – is veral as ’n probleem uitgesonder en praktiese gevalle is gesoek om positiewe voorbeelde te toon waar samewerking wel ’n verskil gemaak het."
Inperking het haar nie laat ophou reis nie
2022-05-26"Ek is van nature nuuskierig en ook op fisiese reise gesels ek graag met plaaslike mense. Op die virtuele reis sien jy jou vordering op die kaart, en kan jy ook beeldmateriaal kry van waar jy is. Dikwels het ek ook van die plekke gegoogle vir meer inligting en foto’s."
Education entails more than just learning: An interview with Paul Jaspers from the Young Entrepreneurship Project
2022-05-16"Entrepreneurial education is essential in this context, because improved and scaled entrepreneurship is the engine for economic growth, poverty reduction and reduced youth unemployment. So, it’s a win-win situation: students share their entrepreneurial skills with high school learners and act as coaches in real-life settings, and thus they contribute to implementing real-life business ideas."
Diamante of as op 9 Mei?
2022-05-09"Die datums 8 en 9 Mei was vir jare lank dae van verligting, maar in 2022 het 9 Mei skielik ’n skrikdag geword; iets wat dalk geëggo word in Wajda se film."
Moderne verhoudings in Anne+
2022-05-06"Anne se pa vra basies om verskoning dat hy nie die opvoeding gebied het wat sy dogter graag sou wou gehad het nie, maar hy wys haar dan ook daarop dat die verlede reeds geleef is: Sy wat Anne is, moet nou haar eie besluite neem in die lig wat sy om haar het."
#cocreateSANL: Die ontwerp van blougroen stede
2022-05-04"’n Blougroen stad ondervang beide die blou aspek natuurlike water en die groen aspekte, wat die natuur, besparing, hergebruik en hersirkuleer insluit."
