Trompoppie, pret wat alte na aan die ontgroeningswaarheid is
2024-02-01"Trompoppie is groot pret. ’n Mens sou dit kon afmaak as bog met mooi meisies, maar dan mis jy die punt. Al is dit ’n heerlike rillerreeks, al is die idee agter die storie baie oud, vra dit moeilike vrae sonder om vir ’n oomblik te vergeet dat die kykers eintlik ingeskakel het om hulself te geniet."
Runs in the family draf in die spore van Almodóvar
2023-12-21"Almodóvar sou trots gewees het op hierdie straight pa in ’n rooi rok en hoëhakskoene wat Kaapstad se strate invaar om sy transgender seun se lewe makliker te maak."
Uitvoergehalte: In gesprek met Amandala oor "Bloukopkoggelmander"
2023-12-13"My pa het pragtige skilderye geverf met olieverf. Hy was ’n opregte kunstenaar wat lief was vir kuns en musiek en die natuur. Hy was ’n weeskind wat nooit die geleentheid gehad het om musiek te doen nie. Hy wou graag vir my geleenthede gee wat hy nie gehad het nie."
Spinners is trots Suid-Afrikaans, ’n eerste by die Cannes-filmfees
2023-12-13"Selfs as jy nie in karre belangstel nie, is die klankbaan rede genoeg om aan Showmax R100 per maand te betaal om Spinners te kan sien. Jy hoor Suid-Afrika se heel beste hip-hop-kunstenaars in hierdie reeks."
Uitvoergehalte: Brixton Moord en Roof se Strate sonder bome
2023-12-12"Musiek is soms mos maar iets wat ons help om dinge te probeer verwerk wat nie eintlik verwerkbaar is nie of om iets te probeer verwoord wat nie verwoord kan word nie."
Happy ending deur Joosje Duk: ’n resensie
2023-12-11"Vroue en meisies oor 16 moet leer dat hulle die reg het om als te stop en te sê: 'Nou eers my beurt. Joune kan wag.'"
Uitvoergehalte: Kirky van Kirkwood se "Song vir Ma"
2023-12-06"Die regte mense kom toe op die regte tyd, sewe jaar later, oor my pad en ewe skielik kon ek my eerste woorde oor die verlies van my ma uitkry. Die skryf van 'Song vir Ma' was soos ’n diep uit-asem vir my."
Uitvoergehalte: “Wil jy sien hoe lyk die hemel” deur Christof Berg
2023-11-30"Karel Schoeman het ’n onvergeetlike rol in my lewe gespeel. Sy geselskap het my altyd vol vrae gelaat. Ons was baie goeie vriende gewees en het dieselfde belangstelling in kuns gedeel."
Uitvoergehalte: "Sal jy?" deur André Schwartz
2023-11-24"Jy slaan die spyker op die kop – dit is inderdaad ’n kunsfilm in die kleine. Ek kan met oortuiging sê dat daar beslis nog nie so ’n video in Afrikaans gemaak is nie."
Om dit te kan sien: All the light we cannot see draai op Netflix
2023-11-21"Steven Knight, wat Doerr se roman in ’n draaiboek verwerk het, kon daarin slaag om dit slim in vier episodes te verdeel wat lieflik verfilm is en elkeen uiters spannend eindig, en waarvan die geheel boonop die essensie van Doerr se roman goed uitbeeld."
Eo: ’n vreemde, fantastiese Poolse film | European Film Festival 2023
2023-11-06"Die verhaallyn is egter nie belangrik nie. Dit is die manier waarop Eo die mens waarneem op sy reis wat hierdie film laat uitstaan."
Narcosis, ’n hartseer film uit Nederland | European Film Festival 2023
2023-10-30"Ek beveel dit aan vir liefhebbers van kunsfilms – dit is immers Nederland se amptelike nominasie vir vanjaar se Oscars. Hierdie film het eers op 20 Oktober in Nederlandse teaters begin draai, so om dit hier in Suid-Afrika te kon kyk as deel van die Europese filmfees, was ’n voorreg. Ons kry dit boonop gratis."
Close, ’n beeldskone film uit België | European Film Festival 2023
2023-10-26"Leo se ouers is blomboere. Aan die een kant gee dit die film ’n onverwagte skoonheid; aan die ander kant gee dit aan die kyker ’n baie interessante blik op doodgewone Belgiese burgers se lewens."
’n Pad na Oekraïne: Die hoekom is die kruks van hierdie kykNET-film
2023-09-04"Kort ná die uitbreek van die Russiese oorlog in Oekraïne het hy bekend geword as 'Nederland se Schindler' omdat hy met sy eie geld ’n bus vol mense uit Oekraïne vervoer het."
M(W)ak(h)anda forever! Redes om die Nasionale Kunstefees te besoek
2023-07-18"Waarom sou enige iemand in die middel van die winter opruk na Makhanda, ’n universiteitsdorpie in die Oos-Kaap? Hier is ’n paar redes waarom jy en jou gesin dalk vir die volgende wintervakansie julle motor moet pak en ’n Oos-Kaapse draai moet gooi. Dit mag dalk meer bekostigbaar wees as wat jy dink."
