Eeue oue joernaal onthul geheime van Nederlandse retoervlote
2022-06-24"Deur middel van hierdie geskiedkundige joernaal wat eeue lank onder die stof begrawe gelê het, kon Sleigh onder andere vasstel watter skip die draer was van die verwoestende epidemie van kinderpokke wat in die Kaap uitgebreek het."
Zondo sê kiesers moet self die land se president kies
2022-06-24"As Zondo sy sin kan kry, moet Suid-Afrikaners, net soos in Amerika, liewer self besluit wie hulle president word en nie die party met die grootste steun in die parlement nie."
Nelson Mandelabaai spook om water in die krane te hou
2022-06-23"Die nieregeringsorganisasie The Gift of the Givers is een van vele rolspelers wat probeer om ’n humanitêre krisis in die metro te voorkom. Hulle het vroeër die week gewaarsku dat die droogtesituasie in die Nelson Mandalabaai-streek so ernstig is dat die krane in Gqeberha binne dae heeltemal kan opdroog."
Verpligte dra van maskers se dae is dalk getel
2022-06-22"Die minister van gesondheid, Joe Phaala, is volgens mediaberigte ten gunste daarvan dat die koronavirusregulasies wat vereis dat maskers binnenshuis gedra moet word en dat die grootte van byeenkomste beperk word, geskrap word."
Waar is Zondo se verslag?
2022-06-21"Die vyfde, en laaste, gedeelte van die verslag sal nou Woensdag aan president Cyril Ramaphosa oorhandig word. Dit moes reeds verlede week oorhandig gewees het, maar is volgens die kommissie uitgestel weens ‘sekere uitdagings’ wat hom verhinder het om die verslag gereed te hê."
Minister maak 180-grade-U-draai oor Afrikaans by Taalmonument
2022-06-16"Dit is alle Afrikaanse mense wat lief is vir Afrikaans se oorwinning."
Onderwyswet is glo ongrondwetlik en bedreig Afrikaans
2022-06-16"Soos wat reeds in die onlangse verlede deur verskeie uitsprake van die Konstitusionele Hof bevestig is, is beheerliggame as verteenwoordigers van ouers, leerders en plaaslike skoolgemeenskappe volgens AfriForum veel beter in staat om die behoeftes van hul skole te bepaal."
Ondersoek gevra na korrupsiebewerings in hoofregter se kantoor
2022-06-15"Daar is glo later ontdek dat hulle 30% van die aandele in ZA Square besit, ’n firma wat sowat R67,5 miljoen sou kry uit die kontrak wat hulle help opstel het. Die DA sê dit ruik na korrupsie, en dit moet so gou moontlik ondersoek word."
Blydskap na Ramaphosa ’n stokkie steek voor ATM se naamsverandering
2022-06-14"Ramaphosa het verlede week die versekering in die parlement gegee dat die ATM nie gedwing sal word om sy naam te verander nie."
Woede oor vroueslaner se ligte vonnis
2022-06-10"AfriForum se privaatvervolgingseenheid sê hulle het gehoop dat meer gedoen sou word om toe te sien dat die beeldmateriaal op rekord geplaas word sodat die landdros eerstehands Swart se gewelddadige optrede teenoor sy vrou kon sien."
Duisende gekant teen naamsverandering van Afrikaanse Taalmonument
2022-06-09"Volgens die ondertekenaars kom dit neer op ’n growwe aanval op Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners – en veral op die Afrikaanssprekende meerderheid in die Wes-Kaap, waar die Taalmonument geleë is."
SA juig oor Guptas, maar uitlewering kan maande sloer
2022-06-08"Die Suid-Afrikaanse regering het Dinsdag gesê Suid-Afrika sal voortgaan om met die VAE saam te werk en volgens Suid-Afrikaanse amptenare vind uitleweringsgesprekke reeds met die VAE plaas. Die uitleweringsproses vanuit die VAE na Suid-Afrika kan egter maande neem."
DA skaar hulle by die stryd vir Afrikaanse skole
2022-06-07"Volgens die DA sal die Gautengse LUR van onderwys, Panyaza Lesufi, ‘en sy ANC-makkers se irrasionele haat vir Afrikaans en alle sprekers van die taal’ nie net die sprekers van Afrikaans benadeel nie, maar ook moedertaalonderrig in alle inheemse tale en kwaliteitonderwys in die geheel."
Druk neem toe om brandstofpryse te snoei
2022-06-03"Die AA waarsku egter dat die massiewe stygings in brandstofpryse vir Junie steeds verbruikers en die ekonomie ernstig knou."
Strenger tabakregulasies vir Suid-Afrika in die vooruitsig
2022-06-02"Elke jaar kos die tabakbedryf die wêreld meer as 8 miljoen menselewens, 600 miljoen bome, 200 000 hektaar grond, 22 miljard ton water en 84 miljoen ton koolsuurgas."