Solidariteit kla oor rassisme in polisie
2019-11-15"Die vakbond Solidariteit het die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) versoek om ondersoek in te stel na beweerde vals klagtes van rassisme en ander vorme van rassisme in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD)."
Poppe dans oor seksvoorligting in skole
2019-11-14"Seksvoorligting by skole het die hele land in rep en roer. Dit volg nadat ’n herrie losgebars het oor die departement van basiese onderwys se omstrede nuwe plan vir seksvoorligting aan skoolkinders."
Vloek met flair in Afrikaans
2019-11-13"’n Simposium wat sedebewakers na seep sal laat gryp om die monde mee uit te spoel word Vrydag in Pretoria gehou."
Toeris kritiek beseer na fratsongeluk in Krugerwildtuin
2019-11-12"’n Switserse toeris is krities beseer toe ’n kameelperd in die Krugerwildtuin op sy motor geval het nadat die dier deur ’n minibustaxi getref is."
Afrikaans kry hupstoot by US
2019-11-08"Afrikaans as akademiese taal, wat die afgelope tyd by die Universiteit van Stellenbosch (US) ernstig onder beleg is, het ’n welkome hupstoot by dié universiteit gekry."
Cyril paai maar Eskom is in sy maai
2019-11-07"Terwyl president Cyril Ramaphosa buitelandse beleggers Woensdag met ’n Springbokwapen aan sy lapel welkom geheet het in 'die land van die kampioene' moes Suid-Afrikaners hoor die kragreus Eskom is besig om verder ten gronde te gaan."
Zuma te siek vir Zondo
2019-11-06"Oudpresident Jacob Zuma, wat volgende week vir die tweede keer voor die Zondo-kommissie sou verskyn om vrae te antwoord, het op nommer 99 kleinkoppie getrek."
Bokke gaan landwyd met die beker spog
2019-11-05"Suid-Afrikaners kan die 2019-rugbywêreldbekerkampioene van Donderdag tot volgende week Maandag op verskillende plekke in die land te siene kry nadat hulle Engeland die afgelope naweek op ’n verrassende wyse kafgedraf het."
SA het Bokkoors
2019-11-01"Miljoene Suid-Afrikaners sal Saterdag voor hulle TV’s vasgenael sit om te kyk of die Springbokke die Wêreldbekereindstryd vir die derde keer kan wen om die Webb Ellis-trofee weer huis toe te bring."
Duisende sterf weens nalatigheid in Gautengse hospitale
2019-10-31"Byna 4 000 mense het verlede jaar in Gauteng se provinsiale hospitale gesterf as gevolg van mediese nalatigheid wat voorkom kon word."
US rektor en nuwe kanselier se koppe geëis oor Afrikaans
2019-10-30"Die herrie wat losgebars het oor die aanstelling van oudregter Edwin Cameron as kanselier van die Universiteit Stellenbosch (US) kring al hoe verder uit."
Jong kunstenaar ontvang talle aanbiedinge na "sataniese" kuns
2019-10-29"Die matriekleerling wie se kunswerk die hele land aan die gons gehad het toe ’n pastoor dit as demonies uitgekryt het, word nou oorval deur aanbiedinge van individue en organisasies wat hom wil help om sy kunsloopbaan te bevorder."
Binnegevegte en verwarring oor NG Kerk se besluit rondom gay’s neem toe
2019-10-25"Die NG Kerk se besluit oor selfdegeslagverhoudings tydens die kerk se afgelope sinode is een van verwarring en onenigheid."
Die duiwel is los oor "sataniese" kuns
2019-10-24"Die duiwel is behoorlik los soos wat Suid-Afrikaners mekaar in die hare vlieg oor ’n omstrede kunsuitstalling van ’n matriekleerling by die Curro-skool Grantleigh in Richardsbaai. Die skool het ná ’n hewige mediaherrie besluit om die omstrede uitstalling te onttrek nadat een van die ouers gekla het dit is satanies en laat die deur oop vir demoniese magte. In die video wat wyd op die internet gedeel is, vaar ’n ontstoke pa emosioneel uit teen die uitstalling."
Kaapstad jou sexy ding!
2019-10-23"Kaapstad staan kop en skouers bo die meeste ander stede uit wanneer dit kom by intieme avontuurtjies en romantiese bederfies."