Afgedankte SABC-baas wil president van Suid-Afrika word
2018-12-13"Motsoeneng, wat daarvoor bekend is dat sy selfvertroue geen perke ken nie, is van plan om sy eie politieke party te stig. Selfs president Cyril Ramaphosa kan hom nie by die stembus verslaan nie, sê hy."
Regter looi afgedankte belastingbaas
2018-12-12"Die voormalige kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), Tom Moyane, gaan appelleer teen ’n uitspraak van die Hooggeregshof in Pretoria waarvolgens sy aansoek om sy werk terug te kry, met koste van die hand gewys is."
BLF-leier onder skoot na dreigement om witmense te vermoor
2018-12-11"Emosies loop hoog nadat die leier van die Black First Land First (BLF-beweging), Andile Mngxitama, die afgelope naweek oorlog verklaar het teen wittes en gedreig het om hulle te vermoor. Hy het in ’n opruiende toespraak gedreig om vrouens en kinders en sommer ook diere te vermoor."
Eskom is op rand van ’n afgrond
2018-12-07"Die kragvoorsiener Eskom bevind hom op die rand van ’n afgrond en noodmaatreëls moet dringend ingestel word om die land van algehele duisternis te red."
Stryder vir demokrasie sterf
2018-12-06"Boraine was een van enkele lede van die destydse Progressiewe Federale Party wat in 1986 saam met hulle leier, Frederik van Zyl Slabbert, as parlementslede bedank het omdat hulle nie meer vertroue gehad het in die parlementêre proses onder die apartheidsregering nie."
Ekonomie tel kop op
2018-12-05"Ekonome voorspel dat die ekonomie volgende jaar verder kan verbeter namate beleggingsvertroue toeneem, maar waarsku dat die ekonomie op ’n jaar tot jaar basis steeds ’n negatiewe groei toon en dat dit geruime tyd mag neem voordat die ekonomie weer ten volle herstel het."
Tug die kinders, vra Christelike belangegroep
2018-12-04"Suid-Afrikaners is in twee kampe verdeel oor die toepassing van lyfstraf deur ouers op kinders. Sommige meen dit is nie net ouers se reg om hulle kinders te slaan nie, maar ook hulle Christelike plig. Ander meen egter dit kan lei tot die verbrokkeling van ’n gemeenskap se standaarde en dien as aanhitsing tot geweld in ’n land wat ernstig gebuk gaan onder geweld teen veral vroue en kinders."
Goeie én slegte nuus vir Kersfees
2018-11-30"Goedkoper petrol, meer water vir Kapenaars maar die moontlikheid van ’n donker Kerstyd is Suid-Afrikaners se vooruitsig vir die Kersseisoen."
Bankbaas sonder kantoor, motor of lessenaar
2018-11-29"Celliers wat die afgelope vyf jaar aan die stuur van FNB staan, sê sy slimfoon is sy kantoor. Hy het ook vyf jaar gelede besluit om van sy motor ontslae te raak."
Vroueskrywers vier 16 dae van aktivisme saam
2018-11-28"Die vroue wat aan die simposium vir Afrika-vroueskrywers in Johannesburg deelneem, sal onder andere praat oor rassisme en marginalisering en die nalatenskap van die verlede asook die mislukkings van vandag om geweld teen vroue en kinders hok te slaan."
Malema en EFF onder skoot
2018-11-27"Die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, het Maandag strafregtelike aanklagte by die polisie ingedien teen Malema. Gordhan, vergesel van sy regsverteenwoordiger, Tebogo Malatjie, het die aanklagte by die Brooklyn-polisiestasie in Pretoria ingedien. Die drie aanklagte is crimen injuria, laster en aanhitsing tot geweld."
Rampspoed vir SA skrywers
2018-11-23"’n Voorgestelde wysigingswetsontwerp oor kopiereg kan rampspoedige gevolge vir Suid-Afrika se hele kunstebedryf inhou."
Zuma het die kabinet mislei
2018-11-22"Leuens, manipulasie en misleiding van die uitvoerende gesag was aan die orde van die dag terwyl Jacob Zuma president van die land was."
Sanger vra verskoning vir onderbroekfoto
2018-11-21"Nog ’n Suid-Afrikaner is by sy eie vrou in die verleentheid nadat hy ’n skrapsgeklede foto van homself in sy onderbroek aan ’n ander vrou gestuur het."
De Lille wil DA by stembus pak gee
2018-11-20"Die vuurvreterpolitikus Patricia de Lille se aankondiging dat sy ’n nuwe politieke party gaan stig, het gemengde reaksie onder Suid-Afrikaners uitgelok."