Talle vrae oor omstrede Birds Island
2018-08-10"Die skrywers van die omstrede boek Die seuns van Birds Island waarin voormalige ministers uit die apartheidsera daarvan beskuldig word dat hulle pedofiele was wat seuns op die afgeleë eiland seksueel aangerand het, hou vol dat die bewerings waar is ten spyte van ’n stortvloed negatiewe kommentaar op sosiale media."
Renosterstropers kry pak na veldwagter se dood
2018-08-08"Altesaam 23 vermeende renosterstropers is die afgelope drie weke deur SANParke se veldwagters in die Krugerwildtuin vasgetrek."
Suid-Afrikaners gons oor “pedofiel-ministers”
2018-08-06"Suid-Afrikaners se tonge is behoorlik los na die skokkende bewerings in ’n nuwe boek dat die voormalige minister van verdediging tydens die apartheidsjare, genl Magnus Malan, glo ’n pedofiel was wat deelgeneem het aan seks-orgies met seuns."
Ramaphosa saai verwarring oor grond
2018-08-02"Die groot vraag wat tans in die lug hang en die onsekerheid oor grondbesit in Suid-Afrika opnuut in die kollig plaas, is hoe die bewoording gaan lyk van die Grondwetwysiging wat die ANC in gedagte het en watter effek dit op die land se ekonomie en buitelandse vertroue gaan hê."
Engelse kan maklik Afrikaans of Nederlands leer praat
2018-08-01"Die moeilikste tale vir Engelssprekendes om aan te leer is Japannees, Chinees, Arabies en Koreaans. Dit sal iemand wie se moedertaal Engels is min of meer 2 200 uur neem om een van hierdie tale baas te raak. Daarteenoor kan Engelse mense Afrikaans of Nederlands in minder as 600 uur baasraak."
Platsak Eskom waarsku oor kragonderbrekings
2018-07-31"Die voortslepende twis tussen Eskom en drie vakbonde oor salarisverhogings kan groot dele van die land weer om die beurt sonder krag laat."
DA slaan bollemakiesie oor De Lille
2018-07-27"Chaos het in die Kaapse metroraad uitgebreek toe raadslede ingelig is dat daar ’n ooreenkoms met De Lille bereik is en dat die wantrouemosie nie voortgaan nie. DA-raadslede het mekaar die hare ingevlieg en op mekaar geskreeu."
Protes teen stygende brandstofpryse
2018-07-26"Die DA-leier, Mmusi Maimane, het Suid-Afrikaners aangemoedig om Dinsdag (31 Julie) in hulle massas op te ruk en deel te neem aan die beoogde massabetoging om hulle stemme dik te maak teen die hoë brandstofprys."
Eskom se korrupsie kos Suid-Afrika miljarde
2018-07-25"Kommentators het ’n donker prentjie vir Eskom geskets nadat die maatskappy se jongste finansiële resultate bekendgemaak is. Die maatskappy se kumulatiewe onreëlmatige besteding sedert 2012 beloop bykans R20 miljard. Sowat R3 miljard se onreëlmatige besteding is vir verlede jaar alleen aangedui."
Kaapstad se treindienste deur brande gesaboteer
2018-07-24"Die skade wat brandstigters aan treine by die Kaapstadse stasie aangerig het waarin treinwaens die afgelope naweek uitgebrand het, beloop na raming sowat R30 miljoen."
Laaste oomblikke op Nederlandse rampvliegtuig
2018-07-19"Dramatiese videomateriaal is op die internet bekend gestel van die laaste oomblikke aan boord van die 64-jaar oue Convair 340 vliegtuig wat vir Nederland bestem was en verlede week buite Pretoria neergestort het."
ANC wen steun terwyl DA agteruit boer
2018-07-18"Tydens die vorige verkiesing in 2014 het die DA byna 60% van die stemme in die Wes-Kaap getrek. Volgens Ipsos se jongste peiling geniet die DA tans slegs sowat 28% van die steun en die ANC is kort op hul hakke met 26% van die steun."
Nóg petrolprysverhoging is Suid-Afrikaners se voorland
2018-07-17"Die Organisasie vir Belastingmisbruik (Outa) het voorgestel dat die algemene brandstofheffing en padongelukfondsheffing verlaag word. Volgens Outa het die algemene brandstofheffing oor die afgelope tien jaar kumulatief met 165% verhoog."
Betogers saai verwoesting in Wes-Kaap
2018-07-13"Betogers het anargie gesaai toe hulle in Kaapstad en Hermanus in die Wes-Kaap miljoene rand se skade aangerig het tydens protesoptredes."
Raaisel verdiep oor ontvoering van nóg ’n Kaapse sakeman
2018-07-12"Die 65-jarige sakeman Liyaqat Parker is Maandag in die Kaapse woonbuurt Parow ontvoer toe vyf mans hom glo in die parkeerterrein van sy besigheid oorrompel het. Dit is die vierde sakeman in die Wes-Kaap wat die afgelope twee jaar vir ’n losprys ontvoer is."