Suid-Afrikaanse boere wil in Rusland gaan boer
2018-07-11"Verskeie Suid-Afrikaanse boere oorweeg dit glo om in Rusland te gaan boer uit vrees dat hulle grond in Suid-Afrika sonder vergoeding onteien gaan word."
Net span stywer om die Zumas
2018-07-09"Oudpresident Jacob Zuma se seun Duduzane Zuma is onder streng borgvoorwaardes op borgtog van R100 000 vrygelaat tot 24 Januarie aanstaande jaar wanneer hy weer in die hof moet verskyn op klagtes van korrupsie. Sy paspoort is ook ingetrek en hy mag nie die land sonder toestemming verlaat nie."
Waardevolle Vlaamse skildery in SA opgeveil
2018-07-04"Kunsliefhebbers regoor die wêreld wag in spanning vir die Stephan Welz-afslaers om bekend te maak hoeveel daar betaal is vir die meer as 400-jaar oue skildery van die bekende Vlaamse skilder Peter Paul Rubens wat onlangs in Suid-Afrika ontdek en verlede week aanlyn opgeveil is."
Sneeu en ysige weer tref Suid-Afrikaners
2018-07-03"Kaapstad se hoofopgaardamme is gemiddeld reeds meer as 48% vol. Dit is byna dubbel soveel as verlede jaar dié tyd toe die damme minder as 25% vol was."
Geen Dag Zero meer vir Kapenaars nie
2018-06-29"Kapenaars hoef nie meer te vrees dat hulle krane binnekort sal opdroog as gevolg van die knellende droogte nie. Die huidige waterkrisis is verby."
DA loop nóg ’n bloutjie teen veglustige De Lille
2018-06-28"Die Demokratiese Alliansie (DA) het nóg ’n bloutjie in die hof geloop in hul poging om van Kaapstad se burgemeester Patricia de Lille ontslae te raak."
Wêreldbekende Suid-Afrikaanse fotograaf sterf
2018-06-25"Die internasionaal bekroonde veteraan-fotograaf David Goldblatt is op 87-jarige ouderdom in Johannesburg oorlede."
Suid-Afrikaners praat oor grondonteiening sonder vergoeding
2018-06-22"Die Suid-Afrikaanse parlement se Grondwethersieningskomitee begin volgende week met openbare verhore oor die onteiening van grond sonder vergoeding. Meer as ’n miljoen skriftelike voorleggings is reeds deur Suid-Afrikaners ingedien as deel van die openbare kommentaar of die Grondwet gewysig behoort te word om grondonteiening sonder vergoeding moontlik te maak."
Oud-Springbok wil hof toe oor ''rassisme''
2018-06-21"Die voorval waartydens die bruin sportanalis en voormalige Springbokrugbyspeler Ashwin Willemse ’n maand gelede uit die sportateljee geloop het, gaan in die gelykheidshof verder gevoer word."
Suid-Afrikaners in die duister oor Eskom
2018-06-20"Suid-Afrikaners sal nog ’n week of wat in die duister wees oor die gevolge wat die Eskom-staking op hul kragtoevoer gaan hê."
Omstrede oud SAUK-baas wil sy werk terughê
2018-06-15"Volgens Motsoeneng behoort die SAUK hulle te skaam vir die klagtes wat hulle teen hom ingebring het. Hy sê hy het in die beste belang van die SAUK en sy werkers opgetree en het geensins ’n groot ego soos wat beweer word nie."
Die ANC hoort in kwarantyn
2018-06-13"Volgens Moeng is die enigste oplossing vir Suid-Afrika ’n nuwe politieke party wat waardegedrewe is en waarin alle Suid-Afrikaners tuis kan voel."
Hof moet beslis oor NG Kerk se besluit dat gays nie mag trou
2018-06-08"In hulle bydrae om die hof by te staan om tot ’n besluit te kom, sê die geslagskommissie geen vorm van diskriminasie kan ingevolge die Grondwet verdedig word nie."
Verdeeldheid kan ANC by stembus knou
2018-06-06"Die moontlikheid dat ondersteuners van oudpresident Jacob Zuma ’n nuwe politieke party wil stig, het die verdeeldheid in ANC-geledere verder aangeblaas. Dit kan president Cyril Ramaphosa se hoop in die wiele ry dat die ANC in volgende jaar se verkiesing ’n tweederdemeerderheid by die stembus sal behaal."
Rugby ontbloot Suid-Afrika se rasseverdeeldheid
2018-05-23"Suid-Afrikaners van alle rasse het mekaar ná die voorval in die media en op sosiale media vanuit verskillende hoeke soos in ’n losskrum getakel en vanuit hulle onderskeie agtergronde op mekaar losgetrek."