Actueel
Klimaatskrisis – siektes, brande, vloede, hitte – reeds hier
2022-09-01"Die verandering in klimaat is reeds sigbaar en tasbaar vir ons. Aansienlik hoër temperature in verskeie wêrelddele, oorstromings, droogtes, storms en brande bedreig mense en ander lewe. ... Die klimaatskrisis is nie ’n probleem vir die volgende generasie in 2100 nie – kinders wat nou gebore word, sal dan leef. Wil ons ’n onleefbare woesteny aan hulle nalaat?"
Reserwebank soek antwoorde by Ramaphosa oor Phala Phala
2022-09-01"Hulle wil onder andere weet of die President die buitelandsevaluta-transaksie aangemeld het wat die bron was van die Amerikaanse dollars wat na bewering van sy plaas gesteel is, soos wat deur die wet vereis word."
Openingstoespraak: tentoonstelling Ingrid Jonker ‒ Literatuurmuseum, Den Haag
2022-08-31"Zou Ingrid Jonker vrede hebben gehad met dit Haagse thuis?" Annemarié van Niekerk hield een toespraak bij de opening van de Ingrid Jonker-tentoonstelling in het Literatuurmuseum in Den Haag, Nederland op 27 augustus 2022.
Misdaad in Suid-Afrika neem steeds toe
2022-08-31"Die kwessie van misdaad is een wat byna alle burgers ervaar, ongeag hul ekonomiese status of waar hulle woon. Dit blyk uit die jongste data wat deur Statistieke Suid-Afrika vrygestel is."
Deurbraak om vermeende staatskapers agter tralies te kry
2022-08-30"Hul inhegtenisneming hou verband met ’n hoogs omstrede kontrak vir lokomotiewe wat die Suid-Afrikaanse belastingbetalers miljarde rand gekos het. Molefe ontken die bewerings teen hom en sê hy sal nie ’n verklaring aflê voordat die aanklagte teen hom bekendgemaak is nie."
"Kill the Boer, kill the farmer" is geen haatspraak, bevind hof
2022-08-26"Die Gelykheidshof het Donderdag beslis dit sou vryheid van spraak inperk as die lied 'Dubula Ibhunu' as haatspraak verklaar sou word. Regter Edwin Molahlehi het ook gelas dat AfriForum die koste betaal."
Pretoria spartel om die stad se ligte aan te hou
2022-08-25"Pretorianers leef in vrees dat Eskom enige dag die stad se krag kan afsny omdat hulle elektrisiteitsrekening aan Eskom met sowat R1,6 miljard agterstallig is."
Landwye stakings sal die ekonomie verder destabiliseer
2022-08-24"Suid-Afrikaners kan hulle voorberei op nóg landwye stakings later vanjaar ondanks waarskuwings deur ekonome en sommige politieke partye dat stakings die land se ekonomie groot skade berokken."
Die "hubriste" en "helde" in die stryd teen korrupsie in Suid-Afrika
2022-08-23"Die week begin met die teks aan die onderkant van die televisieskerm wat kykers daaraan herinner dat presies ’n jaar verloop het sedert die sluipmoord op die teenkorrupsie-fluitjieblaser Babita Deokaran in Johannesburg ... Háár soort is die keersy van die gesig van korrupsie."
Ramaphosa staan bont oor kaderontplooiing
2022-08-23"Regter Raymond Zondo het in sy verslag oor staatskaping bevind dat die ANC se ontplooiingsbeleid in stryd is met onder meer die Grondwet en die Staatsdienswet, omdat dit kandidate benadeel het wat nie deur die party verkies is nie."
Marie Luttig-gedenklesing: Die behoud van Afrikaans as inklusiewe taal
2022-08-19"Die direkteur van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM), Michael Jonas, sê terwyl daar ’n berekende poging van regeringskant is om die invloed van Afrikaans en Afrikaanses af te skaal, is Afrikaanssprekendes besig om oor ’n wye spektrum te verenig."
Ekologiese ramp dreig in Krugerwildtuin weens vergiftiging
2022-08-19"Volgens die Krugerwildtuin gebeur vergiftiging van wilde diere in Suid-Afrika om verskeie redes. Dit kan wees as gevolg daarvan dat mense proteïene soek om te eet, boere probeer om 'probleemdiere of -voëls' te hanteer, gewetenlose individue probeer om voël- of dieredele vir die mutihandel te misbruik, of weens chemikalieë wat deur onervare werkers gestort word."
Elders gesien: Hulde aan Piet Egbert Westra
2022-08-19"Piet Westra is deel van die, vir Suid-Afrika, werklik goue golf van immigrante uit Nederland wat in die eerste dekades ná die Tweede Wêreldoorlog na Suid-Afrika verhuis het. Hierdie mense en hul kinders het ’n onvolprese rol gespeel in die opbou van onder meer ’n moderne infrastruktuur, maar ook op kulturele gebied."
Lotto-baas maak spore na bewerings van korrupsie
2022-08-18"Gedurende die tien jaar waartydens sy aan die stuur van die organisasie was, was daar verskeie bewerings van korrupsie en wanadministrasie ten koste van gemarginaliseerdes."
Rushdie gebruik verbeelding om die vrye woord te verdedig
2022-08-17"Volgens hom (tereg ook) moet literêre verbeelding altyd grense opsoek en verkieslik ook grense oorskry: die grens tussen 'normale' werklikheid en ongeremde fantasie, die grens tussen konvensionaliteit aan die een kant en spot en satire aan die ander kant, die grens tussen ’n bepaalde en vasgelegde identiteit versus bewegingsvryheid van die migrant en wêreldburger wat oral maar ook nêrens tuis is nie."
DA en ActionSA baklei soos kat en hond in Tshwane
2022-08-17"In die jongste twis tussen die twee partye word die toekoms van die Tshwane-koalisie nou bedreig. Hulle baklei soos twee honde oor ’n been, wat kan beteken dat die ANC op die ou einde daarmee wegstap."
Hooggeregshof van appèl beslis oor Zuma se parool
2022-08-16"Oudpresident Jacob Zuma se appèlverhoor in die Hooggeregshof teen die tersydestelling van sy mediese parool in die Hooggeregshof in Desember verlede jaar sal ’n toets wees of daar in ’n post-Zondo Suid-Afrika ’n wil is om gelykheid voor die reg te demonstreer."
Sodat ons nie die rol van Krotoa in die Kaapse geskiedenis sal vergeet nie
2022-08-12"Dié treurlied (of teregwysing) spruit voort uit die Vrouedag-byeenkoms die afgelope Dinsdag by die Kasteel de Goede Hoop in die Kaapse stadskern, digby die ewe historiese Parade en die stadsaal aan die anderkant van Darlingstraat. Hiertydens is die nalatenskap van ’n uitsonderlike vroue-Khoisan-ikoon gevier – ’n geleentheid wat byna ongesiens verbygegaan het. Haar naam was Krotoa, ook bekend as Eva (haar 'doopnaam'); en Van Meerhof is sy getroud."
Cele spandeer glo miljoene op eet en drink terwyl misdaad floreer
2022-08-12"In ’n gesprek met eNCA het die minister besonderhede oor die skokkende aanval gegee, onder andere dat een vrou deur 10 mans verkrag is. Hy het gesê een van die ander vroue was 'gelukkig' om deur net een man verkrag te word."
Een cadavre exquis van Breyten Breytenbach in het Nederlands
2022-08-11"De fraai uitgegeven bundel met gedichten, prozateksten en tekeningen mocht ik ontdekken in de collectie Ernst van Heerden van het Poëziecentrum ... Cadavre Exquis bevindt zich in een omvangrijke verzameling met breytenbachiana, deel van een imposante poëzieverzameling in Afrikaans ... Het is mij niet bekend of in de Breytenbachstudie elders aandacht is besteed aan de Zweeds/Nederlandse uitgave (1991/2005). Ter illustratie neem ik enkele tekeningen over uit de Brumes Blondes-uitgave."