Actueel
Parlement besluit volgende week oor Cyril en Phala Phala
2022-09-22"Opposisiepartye in die parlement hoop om volgende week die parlement se wiele aan die rol te kry om president Cyril Ramaphosa tot verantwoording te roep om in die openbaar te verduidelik presies wat gebeur het tydens die omstrede diefstal by sy Phala Phala-wildsplaas."
Woede oor Eskom se voorgestelde verhoging van meer as 32 persent
2022-09-22"Terwyl die land meer as vier uur se kragonderbrekings op ’n slag in die gesig staar omdat die staatsbeheerde nutsmaatskappy nie genoeg elektrisiteit uit sy ou en swak onderhoude aanlegte kan produseer om in die vraag te voorsien nie, sê Eskom die huidige tariewe is nie hoog genoeg om die broodnodige instandhouding te doen nie."
Elektrisiteitskrisis bedreig land se ekonomie
2022-09-21"Die erns van die elektrisiteitskrisis waarin die land hom tans bevind, hou groot ekonomiese implikasies in vir Suid-Afrika. Beide president Cyril Ramaphosa en die leier van die DA, John Steenhuisen, het Dinsdag op die huidige krisis reageer en die erns daarvan beklemtoon."
Vertalings ontsluit nuwe wêrelde tussen Suid-Afrika en die Lae Lande
2022-09-20Vertaling behoort eintlik Suid-Afrika se twaalfde taal wees, omdat die land se mense mekaar nie verstaan nie of mekaar dikwels verkeerd verstaan, aldus Antjie Krog. Die belangrike rol wat vertaling in die algemeen speel, is opnuut beklemtoon tydens ’n gesprek by Sasnev (die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere in Kaapstad). Die gespreksgenote was Antjie Krog en Yves T’Sjoen (Universiteit Gent en Universiteit Stellenbosch).
Miljoene dosisse entstof van miljarde rand vir die ashoop bestem
2022-09-20"Suid-Afrika het die meeste koronavirusinfeksies en -sterftes op die Afrika-kontinent aangeteken, maar inentings het verlangsaam en as gevolg daarvan sit die land nou opgeskeep met miljoene dosisse ongebruikte entstof."
Die "professionele klas" uitgedaag in ’n gesprek oor Songezo Zibi se Manifesto
2022-09-19"As die nodige verskil gemaak kan word deur ’n professionele klas wat uiteindelik die werkersklas tot voordeel kan wees, is die geld wat spandeer is in die opleiding van die professionele klas, dus tot voordeel van almal. Indien die professionele klas egter hul opleiding slegs tot voordeel van hulself gaan gebruik, sal diegene met geen opleiding nie in opstand kom, want hulle sal nie ’n ander opsie hê nie."
Breytenbach notities #2: "Die groot Andersmaak". Samenspraak tussen Frederik Van Zyl Slabbert en Breyten Breytenbach over democratie in Zuid-Afrika na 1990
2022-09-19"In Woordenaar woordnar (2019), meer bepaald in de 'Loopbaanskets', memoreert Francis Galloway Van Zyl Slabberts actieve betrokkenheid bij de Dakar-gesprekken en bij het centrum voor democratie, ontwikkeling en cultuur, als mede-initiatiefnemer van het beraad en later als medeoprichter van het instituut."
LitNet Akademies Weerdink: Om ’n transnasionale grootouer te word (waar wetenskap en kuns ontmoet)
2022-09-16"Die emigrasie van individue en gesinne is vandag baie Suid-Afrikaners se werklikheid. Heelwat jong mense soek na groener weivelde elders in die wêreld. Hierdie groot verandering eis ’n tol op die emigrante én diegene wat in Suid-Afrika agterbly."
Duisternis wag op Suid-Afrika as Koeberg vou
2022-09-16"’n Reeks noodsaaklike stappe sal volgens die DA gedoen moet word om Koeberg se lewensverlengingsprojek te red en ’n moontlike ineenstorting van die netwerk te voorkom."
Afrikaans in die Martini Kerk met Antjie Krog
2022-09-15"Ek preek gereeld in die historiese Martini Kerk van Doesburg waar Antjie Krog haar 'Brose aarde' voorgedra het, met begeleiding van koor en simfonie-orkes. Ek glo wie nie waag nie wen nie, so ek het ses maande na my aankoms alhier al in Nederlands gepreek in die Protestante Kerk Schaarsbergen en nou, twee jaar later in Nederland, kla die kerkmense nie oor die korrektheid van my Nederlands nie, maar oor my artikulasie, want die woorde is so na aan my Afrikaanse taal dat ek dit ook so artikuleer. Daarom was dit heerlik om Antjie Krog te hoor Afrikaans praat in die Martini Kerk waar ek gereeld moet let op my Nederlandse artikulasie."
Doesburg komt samen rond Krogs Broze aarde
2022-09-15"Het was een merkwaardig gezicht. Wie in het weekend van 10 en 11 september door de straten van het Gelderse plaatsje Doesburg liep, zag overal – op aanplakborden, in etalages van winkels en tegen ramen van huizen – affiches met vooral één titel, Broze aarde, en één naam: Antjie Krog."
Groot druk op nuwe spioenbaas om skelmstreke oop te vlek
2022-09-15"In ’n buitengewone gees van eenstemmigheid het politieke partye regoor die politieke spektrum die afgelope week eenparig gestem ten gunste van die aanstelling van Imtiaz Ahmed Fazel, huidige adjunkdirekteur-generaal van openbare werke en infrastruktuur, as Suid-Afrika se nuwe spioenbaas."
Cordis Trust se Orde van die Goue Pen 2022: ’n onderhoud met Johan Allers
2022-09-14"Afrikaans sal uiteindelik al sy openbare funksies verloor. Reken maar met wetenskappers wat voorspel dat Suid-Afrika se bevolking teen die einde van hierdie eeu 80 miljoen mense sal tel. Ondanks die getalle-oorwig is daar geen enkele rede waarom Afrikaans nie sy amptelike status in Suid-Afrika behoort te behou nie. Wat dit betref, lê ons taal in ons eie (goeie) hande."
Substasies word geplunder terwyl Eskom spook om die ligte aan te hou
2022-09-14"Terwyl die land swaar gebuk gaan onder beurtkrag en Eskom spartel en spook om die ligte aan te hou, loop substasies en kragbokse in dele van die land onder vandale deur."
Persverklaring: Yves T'Sjoen en Antjie Krog by SASNEV (Saterdag 17 September 2022 om 17:30)
2022-09-13Jy word hartlik uitgenooi na Saterdag 17 September 2022 se heuglike byeenkoms. SASNEV, die Suid-Afrikaanse sentrum vir Nederland en Vlaandere, reël ’n spesiale geleentheid: ’n openbare gesprek tussen Yves T’Sjoen en Antjie Krog oor "netwerke en wisselwerking met die Lae Lande".
Eskom struikel val-val voort
2022-09-13"Suid-Afrikaners moet hulle maar voorberei vir ’n donker somer as dit van Eskom afhang en sal nie vir die volgende 12 maande die voordele van president Cyril Ramaphosa se nuwe energieplan sien nie."
Herman de Coninck schrijft Antjie Krog: "Een van de redenen waarom ik graag naar Zuid-Afrika kom, is het gevoel dat alles daar in beweging is, de politiek, maar ook de moraal"
2022-09-13"De briefpassages waarin Breytenbach wordt genoemd, hebben alle te maken met de antiapartheidsstrijd en diens politieke rol in Zuid-Afrika. De brief [360] die is gericht aan Antjie Krog, opgenomen op pagina’s 673–675 van de epistolaire verzameling, spreekt niet over haar poëzie – hoewel 'een prima dichteres' – maar over literatuur en engagement, over het gegeven dat volgens De Coninck het dichterschap 'ondergeschikt gemaakt [aan] de struggle'."
"Bij Mouille Point ligt de zeeolifant met haar gemuilkorfde weemoed": Kousbroek en Van Woerden in de Moederstad
2022-09-12"In het slotdeel van de notitie over Zuid-Afrika duikt een bij Drieankerbaai gestrande zeeolifant op. Méér nog, het dier dringt zich op de voorgrond en is meer dan een aquatische metafoor."
Die albatros(se) om Ramaphosa se nek
2022-09-09"Die dood van die Britse monarg koningin Elizabeth II mag Ramaphosa dalk bietjie langer landuit hou, wie weet, as haar begrafnis saamval met sy beplande terugkeer huis toe. Selfs dán sal hy steeds ingewag word deur die opposisie, die parlement, die Valke, die OB, die Reserwebank, en teenstanders vanuit die geledere van die ANC. Die Phala Phala-albatros sal nog ’n ruk lank om sy nek bly hang."
Krugerwildtuin se renosters op groot skaal afgemaai
2022-09-09"Suid-Afrika se wêreldbekende Krugerwildtuin het in minder as twee jaar sowat 12 persent van sy renosterbevolking verloor. Meer as 350 renosters is in dié tyd deur renosterstropers afgemaai."