Actueel
Chaos in Kaboel, kopseer vir Nederland
2021-08-17"Premier Rutte het laat weet dat Nederland alles in sy vermoë doen om ambassadepersoneel, tolke en 'anderen die onze bescherming verdienen' in Afghanistan te gaan haal, gewapende rowers het probeer om ’n werk van die Franse skilder, Claude Monet, te steel en vissers betoog teen die uitbreiding van windmeulparke op see."
Kaapstad-lughawe beste, skoonste en effektiefste in Afrika
2021-08-13"Wanneer daar egter na die breër globale prentjie gekyk word, is alles nie net maanskyn en rose vir Kaapstad nie. Ten spyte van die lughawe se goeie prestasie in Afrika het die lughawe se wêreldwye statuur tydens die COVID-19-pandemie skerp gedaal."
Elisabeth Eybers, die vrou met ’n blou fiets in Amsterdam
2021-08-13"Ek ken min mense wat so lekker grappe kon vertel soos sy! Sy geniet dan altyd self die 'punchline' en kyk stralend as mens lag." Ena Jansen, samesteller van die jongste Elisabeth Eybers-bloemlesing Immigrant, vertel van haar vriendskap met die digter.
Gent-Universiteit hang solank die vlae uit vir Antjie se koms
2021-08-13Die Universiteit van Gent in België ontvang Antjie Krog in Oktober en November 2021 as hul eerste literêre gasskrywer. Yves T’Sjoen en Louise Viljoen besin oor Krog se internasionale statuur as skrywer en haar posisie as kulturele bemiddelaar.
Skok en woede na sesjarige kind glo by skool verkrag word
2021-08-12"Die sesjarige kind is na bewering by die Khensani-laerskool in Soshanguve deur ’n werknemer van die skool verkrag toe sy die skool se toilet besoek het."
Zuma se dag in die hof met nóg ’n maand uitgestel
2021-08-11"Dit bly steeds ’n raaisel wat Zuma regtig makeer en waarom hy te siek is om in die hof te verskyn."
Bekende Belgiese joernalis in die sop oor seksistiese opmerkings op die lug
2021-08-10"Die joernalis Eddy Demarez is voorlopig geskors rakende sy opmerkings oor die Belgiese vrouebasketbalspan. Nederland het geskitter in die pas afgelope Olimpiese Spele. Die bekroonde Surinaamse skryfster Astrid Roemer is onder skoot. In Nederland byt wolwe vee dood."
Munisipale verkiesingsdatum hang in die weegskaal
2021-08-06"Die OVK het Woensdag aangedui hulle gaan die Konstitusionele Hof op ’n dringende basis versoek om die verkiesing uit te stel."
ANC belhamels wil Ramaphosa by wêreldhof in Den Haag aankla
2021-08-05"Niehaus sê in die verklaring ’n volledige klagstaat sal later by die internasionale hof ingedien word. Dit word glo tans deur hulle regsverteenwoordigers voorberei, waarna dit openbaar gemaak sal word."
ANC kry wind van voor om grond sonder vergoeding te onteien
2021-08-04"Die EFF is ten gunste daarvan om die Grondwet te wysig. Hulle dring egter aan op veel radikaler onteiening as wat die ANC in gedagte het."
Verdraagsaamheid?
2021-08-03"Die 14-jarige Frédérique is tydens Gay Pride-week deur vyf minderjarige seuns aangeval, die Zero Flags-projek trek aandag, ’n spesiale kommissariaat is op die been gebring om die waterskade in België te bepaal, prinses Elisabeth se opleiding aan die Koninklike Militêre Skool het tot ’n einde gekom en alle meerdaagse groot byeenkomste in Nederland is weer eens verbied."
Opposisie sê gesondheidsminister se kop moet rol
2021-08-03"Die DA en die Vryheidsfront Plus dring nou daarop aan dat Ramaphosa nie langer durf uitstel om Mkhize te vervang en iemand anders in sy plek aan te stel nie."
The Commonwealth Short Story Prize 2021: an interview with Franklyn Usouwa from Nigeria
2021-08-02"I dream of telling stories that resonate with readers, stories that matter to people, and of improving continuously so that I am worthy to tell those stories."
Meer as 1 000 Suid-Afrikaanse soldate in Mosambiek ontplooi
2021-07-30"Die speaker van die parlement, Thandi Modise, en die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) se voorsitter, Amos Masondo, het ’n brief van Ramaphosa ontvang waarin hulle in kennis gestel is dat hy 1 495 lede van die SANW beskikbaar gestel het ter ondersteuning van ’n internasionale verpligting van Suid-Afrika teenoor die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG)."
Breytenbach skep in grendeltyd nuwe bundel en werke vir uitstalling op Wellington
2021-07-30Breyten Breytenbach was onlangs op Wellington om oor sy onlangs voltooide skilderye en nuwe bundel gedigte te gesels. Die uitstalling heet Skeursels en die bundel, wat benewens gedigte, afdrukke van werke op die uitstalling bevat, heet Hokhokaai Fragmente. Willem de Vries berig oor die virtuele bekendstelling daarvan. Skeursels duur tot 8 Augustus in die Breytenbach-galery.
Vakbond dien klag by VN in teen diskriminasie in Suid-Afrika
2021-07-29"Die klag is Woensdag by die VN se Komitee vir die Uitskakeling van Rassediskriminasie (CERD) gelê."
Universiteit Stellenbosch se taalbeleid laat weer vonke spat
2021-07-28"Die Universiteit Stellenbosch (US) en die bestuur van die universiteit se konvokasie stamp al weer koppe oor die hersiening van die US se taalbeleid. Dit volg nadat die US belangstellendes genooi het om kommentaar te lewer op die tweede konsepweergawe, wat tot 14 Augustus 2021 op die US se taalwebblad beskikbaar is."
Feeste gekelder, nog oorstromings met gepaardgaande rukwinde en hael
2021-07-27"België het opnuut onder hewige oorstromings deurgeloop, Pukkelpop, die Belgiese driedaagse musiekfees, is afgelas en die Nederlandse regering het ook aangekondig dat feeste wat meer as ’n dag lank duur, nie mag voortgaan nie."
The Commonwealth Short Story Prize 2021: an interview with Ola W Halim from Nigeria
2021-07-27"Being an albino myself, I wanted to read myself on the page, see myself outside myself, and perhaps send a message to the marginalised communities: 'Hey, dear, you’re seen!'"
Miljoene blikkies blikkieskos moet vernietig word
2021-07-27"Miljoene eenhede blikkieskos wat die afgelope twee jaar deur een van Suid-Afrika se grootste kosvervaardigers en bemarkers van blikkieskos vervaardig is, word van die mark onttrek en gaan vernietig word."