Meest recent

Izicwangciso Zezethu: Dis nie ’n "Ag shame"-uitstalling nie

Cliffordene Norton Kunst 2019-08-01

"Die stryd het nie verander nie, want vroue word steeds misgekyk," sê kunstenaar Nobukho Nqaba. "Vroue het in alle sfere van die samelewing geleenthede nodig." Nobukho se eerste solo-uitstalling, Izicwangciso Zezethu ("ons maak planne"), is tot 20 Oktober 2019 by Zeitz MOCAA (Kaapstad) te sien. Hierdie uitstalling beeld die lewe in ’n informele nedersetting uit en weerspieël die kunstenaar se kinderlewe in die Oos-Kaap. #vrouemaand2019

Omstreden "boerkaverbod" vanaf vandaag van kracht

Ingrid Glorie In het nieuws 2019-08-01

"Per 1 augustus is het in Nederland verboden gezichtsbedekkende kleding te dragen. Maar hoe moet dit verbod in de praktijk gehandhaafd worden?"

Luna Paige bring Korreltjie Kantel Lae Lande toe

Ingrid Glorie, Luna Paige Interviews 2019-07-31

In Oktober kom die Suid-Afrikaanse sangeres en liedjieskrywer Luna Paige Lae Lande toe met Korreltjie Kantel, ’n oorspronklike en gevarieerde vertoning oor die liefde tussen André P Brink en Ingrid Jonker. Om hierdie toer moontlik te maak, is ’n skarebefondsingsveldtog begin. Bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars het kunswerke vervaardig wat geïnspireer is met die storie van Jonker en Brink. Afdrukke van hierdie kunswerke is nog tot 5 Augustus te koop. Ingrid Glorie gesels met Luna Paige.

Werkloosheid skiet die hoogte in

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-07-31

"Werkloosheid in Suid-Afrika het ’n nuwe rekordhoogte bereik en sowat tienmiljoen Suid-Afrikaners sit sonder werk. Dit is die hoogste werkloosheidsyfer in die land se geskiedenis. Die kommerwekkende toedrag van sake is deur Statistieke Suid-Afrika (SSA) bekend gemaak in hulle jongste kwartaallikse indiensnemingspeiling."

Nuwe interkulturele bande word gesmee by SASNEV

Menán van Heerden, Izak de Vries SASNEV 2019-07-31

Op Saterdag 27 Julie 2019 het veertig Suid-Afrikaanse en Nederlandse leerders by SASNEV (Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere) in Pinelands, Kaapstad, byeengekom om interkulturele kennismaking en leer te vier. Die leerders het saam met Frazer Barry leer rymklets. Diana Ferrus het ook op hierdie geleentheid haar nuutste boek, Die vrede kom later, bekend gestel. ’n Beursskema vir leerders van die Hoërskool Groenberg (Grabouw) is ook bekendgestel, waarmee hulle in 2020 na Nederland kan reis vir internasionale uitruiling en leer.

Den Haag-studie-uitruil: ’n onderhoud met Tenita Kidelo

Cliffordene Norton, Tenita Kidelo Interviews 2019-07-30

Talle Suid-Afrikaanse studente besoek Nederland jaarliks as deel van studie-uitruilprogramme. Tenita Kidelo is van De Doorns en is tans besig met haar meestersgraad in Afrikaans en Nederlandse Letterkunde aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Sy het vir ses maande in Den Haag gewoon. Cliffordene Norton gesels met haar oor haar tyd in die pragtige stad.

Hof gee openbare beskermer nóg ’n hou op die ken

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-07-30

"Die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, moes Maandag nog ’n hou op die ken vat toe die Hooggeregshof in Pretoria in een van talle hofsake ook teen haar beslis het."

Jou Europa-toer en oorsee studeer survival guide

Menán van Heerden Reizen 2019-07-29

"Hierdie gids is vir enige jongmens wat beoog om nuwe horisonne te ontdek en om nuwe kuslyne te betree, of dit nou Barcelona, Rome, of Amsterdam is."

Duitsland-studie-uitruil: ’n onderhoud met Giselle Botha     

Marli van Eeden, Giselle Botha Interviews 2019-07-29

Talle Suid-Afrikaanse studente besoek Europese lande jaarliks as deel van studie-uitruilprogramme om meer oor die kultuur en leefwyse van die land te leer en hul horisonne te verbreed. Giselle Botha vertel meer oor haar studie-ervarings en avonture in Duitsland, Nederland en België.

The Hotazel Years. 1974‒1980.

Obie Oberholzer Kunst 2019-07-26

"This story started with a dream in Pretoria some 44 years ago and continued as grains of silver suspended in photographic paper, later becoming electronic pixels – culminating in a lifetime of images. I saw the country in tonal values of black and white, striving for subtle detail in the shadows and highlights. Sometimes this was very difficult, as we lived in a land of extreme contrasts."

AA sê Gauteng se e-tol sal nooit werk nie en moet waai

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-07-26

"Om motoriste sover te kry om tolgeld te betaal, vir die omstrede e-tolstelsel op die N1-snelweg in Gauteng, is so goed soos om ’n dooie perd op te saal. Skrap dit liewer. Dit is die boodskap van die Outomobiel-Assosisasie (AA) aan die ministeriële taakspan wat voor die einde van volgende maand ’n oplossing moet kry vir die e-tol-probleem wat nou al jare lank sloer."

Matjiesfontein: jou Karoo blaaskansie

Menán van Heerden Reizen 2019-07-26

"Geurige lamstjops, ’n wyntjie op die stoep, en die beste appeltert in die geweste. ’n Blaaskansie by die Victoriana Karoo-oase Matjiesfontein, skuins voor die lente en somer, is net wat mens nodig het om tweede-helfte-van-die-jaar batterye te herlaai. Op Matjiesfontein is daar iets vir almal!"

Save H2O Today for tomorrow

Cliffordene Norton Meningen 2019-07-26

"Cape Town’s drought has been well documented, but water scarcity is not an isolated local problem: it’s a challenge that is faced globally. The H2O Today exhibition currently at the Iziko South African Museum (Cape Town) is in its last week (ends 31 July 2019) and worth seeing."

Belge, boeke, Bloemfontein en Nederlandse vrae oor feite

Izak de Vries SASNEV 2019-07-25

"Geraldine Reymenants, die algemene verteenwoordiger van die Vlaamse regering in Suid-Afrika, was in gesprek met die Nederlandse skrywer Wytske Versteeg. Hulle is bygestaan deur Corneli van den Berg, die literatuurfeeskoördineerder vir die Vrystaat Kunstefees. Versteeg is ’n politoloog, maar ook ’n skrywer. Die gesprek oor haar navorsing was net so fassinerend as die gesprek oor haar fiksie."

EET KREEF!: Die verhaal van PW Botha se wysvinger en Johannes Kerkorrel se middelvinger

Wilken Calitz Muziek 2019-07-25

"In April 1989 vertrek ’n stoet kombi’s uit Johannesburg met sowat twintig wit 'terroriste' aan boord om iets te gaan doen wat min mense nog vantevore gewaag het: om skoor te soek met PW Botha en die NG Kerk – wat min of meer dieselfde ding was. Saans op die TV-nuus het PW die Afrikanervolk gewaarsku, met ’n wysvinger in die lug, teen die Johannes Kerkorrel-tipes. Saans ná die nuus het Kerkorrel voor duisende gatvol Afrikaners ’n ander vinger gelig vir die Botha-tipes."

Zondo hoor van moord en doodsdreigemente

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-07-25

"Skrikwekkende getuienis van doodsdreigemente en selfs moord is Woensdag voor die Zondo-kommissie gelewer toe ’n boer van Vrede sy getuienis voor die kommissie voortgesit het."

Persverklaring: Saterdag 27 Julie 2019 van 9.00 tot 13.00 by SASNEV

Voertaal SASNEV 2019-07-25

Kom kuier saam! Op Saterdag 27 Julie 2019 vind daar ’n paar spesiale gebeure plaas by SASNEV in Pinelands. Almal is welkom om die bekendstelling van Die vrede kom later deur Diana Ferrus by te woon. Ook: “Stichting Trias Neerlandica” gaan as stigterslid amptelik aankondig dat ’n beurs gestig is vir Suid-Afrikaanse leerders van Hoërskool Groenberg (Grabouw) om in 2020 na Nederland te reis om hul taal en kultuurhorisonne te verbreed. 

NG-dominee wat saam met Moslems bid vrygespreek van dwaalleer

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-07-24

"’n NG-dominee wat deur ’n medekollega in sy kerk van dwaalleer aangekla is omdat hy ’n gebedsbyeenkoms saam met Moslems bygewoon het, is deur sy kerk se ring vrygespreek van dwaalleer."

NALN-tydkapsule: Van België na Suid-Afrika in 1950

Leana Lategan Geschiedenis 2019-07-24

Reis saam met die Nasionale Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) in Bloemfontein (Suid-Afrika) terug in tyd. Leana Lategan gaan gereeld interessante, waardevolle en soms byna vergete argief-items met Voertaal-lesers deel. Rob Antonissen is eerste aan die beurt. Hy was in sowel België as Suid-Afrika ’n gerekende akademikus en kenner van onder meer die Afrikaanse letterkunde. 

Skreeusnaakse Nederlandse woordeskat en valse vriende

Menán van Heerden Over taal 2019-07-23

"'Fokkerij'; 'knuffel'; 'kater'; 'paraplu' ... Nederlandse en Afrikaanse woordeskat stem met ongeveer 70% ooreen, volgens Dorothea van Zyl. Maar net soos daar Afrikaanse woorde is wat uniek is, het Nederlands woordeskat wat vir skreeusnaakse misverstande kan sorg! 

Verified by MonsterInsights
Top