Paul Mashatile: ’n sluipmoordkomplot of politieke kulkuns?
2025-04-29"Dit is dus ’n aantyging wat nie ligtelik gemaak kan word en ook nooit ligtelik opgeneem mag word nie – onwaarskynlik soos wat dit ook al mag voorkom."
Sal Ramaphosa Trump se ego kan streel?
2025-04-15"Grasie is weliswaar nie noodwendig die vaardigheidstel wat in die tyd van Trump benodig word om 'diplomatieke' sukses te behaal nie; gedienstigheid sal dalk meer vrugte dra."
ANC en DA moes SA deur die RNE uit die gemors haal; nie verder laat verval
2025-04-14"Indien die RNE nou, ná slegs nege maande, sal vou of verswak, sal ons dieper in die gemors verval. En nie die ANC óf die DA sal hul hande in onskuld kan was nie."
Die geopolitieke gort is gaar tussen Suid-Afrika en Amerika en die einde is nog nie in sig nie
2025-02-17"En dit is wat tans aan bod is in die diplomatieke rusie tussen Amerika en Suid-Afrika: ’n ingewikkelde skaakspel waardeur albei lande probeer om die beste posisie te verkry en sodoende hul invloed uit te brei."
"[Amerika] is ons woning nie": Ramaphosa en Trump se trompop botsing
2025-02-04"Sonder dat hy enige besonderhede kon verskaf, beweer [Trump] dat die Suid-Afrikaanse regering die allerverskriklikste vergrype pleeg deur grond te gryp en deur die behandeling van 'sekere klasse' van landsburgers. ... Suid-Afrika voel reeds die Amerikaanse angel aan die bas met die uitvoerende bevele wat deur Trump onderteken is aangaande hulpverlening aan lande deur die USAID-agentskap."
Historiese slaagsyfer vir matrieks in ’n druipelingland
2025-01-17"En einde ten laas: Wat gaan ’n arbeidsmark met ’n werkloosheidsyfer van tussen 30% en 40% (afhangend van die definisie wat ingespan word) uit dié 'historiese' matriekslaagsyfer baat?"
Volgende jaar is ’n ander land
2024-12-12"Die groot onsekerheid waarmee ons 2025 binnegaan, is of die RNE staande gaan bly."
Het SA rede om te hoop op ’n vrolike feesgety?
2024-11-14"Hierdie skuif deur Ramaphosa dra egter ook vrugte of bied 'oorlewingsuurstof' aan sy party, want die DA- en ander RNE-ministers van ander partye se ingesteldheid tot doelgerigte dienslewering en letterlik ’n gehaas na resultate oplewer, gee ’n besonderse indruk van sy regering as ’n effektiewe, werkende een. Dit moet in sy guns tel."
Wie’s baas op die RNE-plaas?
2024-11-05"Hierdie 'enkele kompromis' sou kon verwys na een van drie moontlike beleidspunte, naamlik die nasionale gesondheidsversekering, die BELA-wet oor onder meer skole se taal- en toelatingsbeleid, of dalk ook buitelandse beleid."
"Zuma-manuskrip" steeds onvoltooid
2024-06-14"Wat politieke waarnemers en konstitusionaliste in die politiek en in die breër samelewing intussen ’n kollektiewe sug van verlugting sal laat slaak, is die vooruitsig dat ’n (ver)swak(te) MK van die mag ontneem sal word om sy ongrondwetlike agenda in werking te stel."
Nuwe tydvak wink ná Suid-Afrika se historiese stemdag
2024-06-03"Die verskyning nou van twee reënboë moes ook van metaforiese waarde wees. Wat dit was, was my nie beskore om met presiesheid te kon bedink nie. Dit sou, spekulatief of by nadenke, kon beteken dat ’n dubbele seëning oor die land rus – of op die land wag."
Pasop vir die plakkaat op die paal
2024-05-28"Om die ANC nóg ’n kans te gee, kan dalk net daartoe lei dat ons vir ’n verdere vyf jaar saam met Frazer Barry en Tribal Echo moet sing: 'Djy’s ’n plakkaat op ’n paal / en djy bly my mense faal.'"
Wat die DA nie in ag neem met sy vlagadvertensie nie
2024-05-15"Die vlag het vir swart Suid-Afrikaners een van die belangrikste simbole (kenmerke, aanduiders) geword van die uitbeelding (voorstelling, illustrasie) van vryheid."
’n Nuwe stryd om die hart en siel van die Kaap van Goeie Hoop
2024-04-16"Maar weens die gesogtheid van die provinsie as ’n kroonjuweel in die land – vergeleke met ander provinsies – is daar meer as genoeg rede vir die ANC en ander partye om te strewe na die beste wetgewerkantore in die straat met die Nederlandse naam – Waalstraat – in die Moederstad. Dit is kompleet asof ons teruggekeer het na die dae van kolonialisme toe daar geveg is om beheer van die Kaap van Goeie Hoop."
Ramaphosa se rol in Zuma-herlewing
2024-04-13"Dit is die Suid-Afrikaanse president se skuld. Matamela Cyril Ramaphosa het gedog hy doen die regte ding toe hy in Augustus verlede jaar 'spesiale remissie' aan sy voorganger, Jacob Zuma, toegestaan het."
