Krugerwildtuin se renosters op groot skaal afgemaai
2022-09-09"Suid-Afrika se wêreldbekende Krugerwildtuin het in minder as twee jaar sowat 12 persent van sy renosterbevolking verloor. Meer as 350 renosters is in dié tyd deur renosterstropers afgemaai."
Kernkrag se toekoms in Suid-Afrika wek vrae
2022-09-08"Die positiewe moontlikhede wat kernkrag inhou ten spyt, is Suid-Afrika nie meer in ’n posisie om daaruit voordeel te trek nie. So sê Wynand Boshoff van die Vryheidsfront Plus."
Lui, lui telefoon, maar die polisie antwoord nie
2022-09-07"Volgens die DA se navorsing het net 44% van die 270 polisiestasies regoor die land wat deur hulle gebel is, hul telefone beantwoord."
Boere sê Land Bank is deel van hulle ondergang
2022-09-06"Land Bank word die afgelope tyd uit verskeie oorde van wanbestuur beskuldig en ook daarvan beskuldig dat hulle boere links en regs likwideer om hulle eie bas te probeer red. Die bank word ook op sosiale media daarvan beskuldig dat hulle die boere se vertroue verloor het."
KZN vloedhulp wemel van ongerymdhede
2022-09-02"Van die R342 miljoen voorwaardelike toelaes en ramphulptoelaes wat vir tydelike wooneenhede opsy gesit is, het KZN minder as 10% van die fondse reg bestee."
Reserwebank soek antwoorde by Ramaphosa oor Phala Phala
2022-09-01"Hulle wil onder andere weet of die President die buitelandsevaluta-transaksie aangemeld het wat die bron was van die Amerikaanse dollars wat na bewering van sy plaas gesteel is, soos wat deur die wet vereis word."
Misdaad in Suid-Afrika neem steeds toe
2022-08-31"Die kwessie van misdaad is een wat byna alle burgers ervaar, ongeag hul ekonomiese status of waar hulle woon. Dit blyk uit die jongste data wat deur Statistieke Suid-Afrika vrygestel is."
Deurbraak om vermeende staatskapers agter tralies te kry
2022-08-30"Hul inhegtenisneming hou verband met ’n hoogs omstrede kontrak vir lokomotiewe wat die Suid-Afrikaanse belastingbetalers miljarde rand gekos het. Molefe ontken die bewerings teen hom en sê hy sal nie ’n verklaring aflê voordat die aanklagte teen hom bekendgemaak is nie."
"Kill the Boer, kill the farmer" is geen haatspraak, bevind hof
2022-08-26"Die Gelykheidshof het Donderdag beslis dit sou vryheid van spraak inperk as die lied 'Dubula Ibhunu' as haatspraak verklaar sou word. Regter Edwin Molahlehi het ook gelas dat AfriForum die koste betaal."
Pretoria spartel om die stad se ligte aan te hou
2022-08-25"Pretorianers leef in vrees dat Eskom enige dag die stad se krag kan afsny omdat hulle elektrisiteitsrekening aan Eskom met sowat R1,6 miljard agterstallig is."
Landwye stakings sal die ekonomie verder destabiliseer
2022-08-24"Suid-Afrikaners kan hulle voorberei op nóg landwye stakings later vanjaar ondanks waarskuwings deur ekonome en sommige politieke partye dat stakings die land se ekonomie groot skade berokken."
Ramaphosa staan bont oor kaderontplooiing
2022-08-23"Regter Raymond Zondo het in sy verslag oor staatskaping bevind dat die ANC se ontplooiingsbeleid in stryd is met onder meer die Grondwet en die Staatsdienswet, omdat dit kandidate benadeel het wat nie deur die party verkies is nie."
Marie Luttig-gedenklesing: Die behoud van Afrikaans as inklusiewe taal
2022-08-19"Die direkteur van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM), Michael Jonas, sê terwyl daar ’n berekende poging van regeringskant is om die invloed van Afrikaans en Afrikaanses af te skaal, is Afrikaanssprekendes besig om oor ’n wye spektrum te verenig."
Ekologiese ramp dreig in Krugerwildtuin weens vergiftiging
2022-08-19"Volgens die Krugerwildtuin gebeur vergiftiging van wilde diere in Suid-Afrika om verskeie redes. Dit kan wees as gevolg daarvan dat mense proteïene soek om te eet, boere probeer om 'probleemdiere of -voëls' te hanteer, gewetenlose individue probeer om voël- of dieredele vir die mutihandel te misbruik, of weens chemikalieë wat deur onervare werkers gestort word."
Lotto-baas maak spore na bewerings van korrupsie
2022-08-18"Gedurende die tien jaar waartydens sy aan die stuur van die organisasie was, was daar verskeie bewerings van korrupsie en wanadministrasie ten koste van gemarginaliseerdes."