Nóg duurder petrol is Suid-Afrikaners se voorland
2021-11-19"Suid-Afrikaanse brandstofpryse het op 3 November aansienlik gestyg. Die Automobiel Assosiasie van Suid-Afrika (AA) waarsku dat R20 per liter teen die einde van die jaar ’n moontlikheid is."
DA kla minister by Verenigde Nasies aan oor Afrikaans
2021-11-18"Die DA het ’n klag by die VN se Organisasie vir Opvoedkunde, Wetenskap en Kultuur (Unesco) aanhangig gemaak teen die Suid-Afrikaanse regering en die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande."
Piepklein party kraai koning in verskeie munisipaliteite
2021-11-17"Die PA het reeds hulle eerste burgemeester in Laingsburg tot die amp verkies gekry en hoop om nog verskeie burgemeestersposte en ander uitvoerende poste op burgemeesterskomitees landwyd in te palm."
Mej Heelal-kompetisie ontketen politieke storm in Suid-Afrika oor Israel
2021-11-16"Vanjaar se Mej Heelal-kompetisie het in ’n politieke speelbal ontaard. Die regering het hulle steun aan die Mej Suid-Afrika-kompetisie onttrek omdat die organiseerders weier om vanjaar se Mej Heelal-kompetisie te boikot omdat dit in Israel plaasvind."
Vier broers se ontvoerders nog op vrye voet
2021-11-12"Kenners sê die sielkundige effek wat die insident op die kinders en die res van die gesin gehad het, moet nie onderskat word nie. Die hele gesin sal waarskynlik berading by ’n traumaterapeut of sielkundige moet ontvang."
FW de Klerk vra vir oulaas verskoning vir die pyn van apartheid
2021-11-11"Suid-Afrika se laaste wit staatspresident onder apartheid, FW de Klerk, het in sy heel laaste boodskap aan die mense van Suid-Afrika opnuut onvoorwaardelik verskoning gevra vir die pyn wat apartheid veroorsaak het."
Eskom is in totale verval, sê opposisie
2021-11-11"’n Wonderwerk is nodig om in Suid-Afrika se huidige elektrisiteitsbehoeftes te voorsien vanweë die haglike toestand waarin Eskom tans verkeer en die totale verval by die organisasie."
Fluitjieblaser wat voor Zondo getuig het vlug landuit
2021-11-10"Williams beweer in sy verklaring hy is deur die regering, die universiteit waar hy etiek doseer het en deur baie vriende in die steek gelaat."
Ramaphosa positief oor ekonomiese vooruitsigte
2021-11-09"President Cyril Ramaphosa is vasbeslote om voort te gaan met sy ambisieuse beleggingsveldtog om buitelandse beleggers na die land te lok."
"Infodemie" veroorsaak entstofhuiwerigheid in Suid-Afrika
2021-11-05"Die goeie nuus is dat slegs ’n klein aantal mense heeltemal teen die entstof gekant is."
Talle koalisies kom na reusewegblystem
2021-11-04"Die Suid-Afrikaanse politieke landskap het die afgelope week drasties verander en ’n nuwe era binnegegaan waar koalisiepolitiek aan die orde van die dag sal wees. Dit volg nadat die ANC vir die eerste keer sedert 1994 nie daarin kon slaag om landwyd en in talle munisipaliteite meer as 50 persent van die stemme te trek nie."
Groenkrag wink terwyl Eskom in die duister voortploeter
2021-11-03"Volgens Eskom word beurtkrag slegs as ’n laaste uitweg geïmplementeer om die stabiliteit van die kragstelsel te handhaaf."
Universiteite met hof gedreig oor verpligte inentings
2021-11-02"’n Taakspan is aangestel om ’n risikobepaling te doen van die verskillende faktore wat hierby betrokke is vir personeel en studente."
Koerantgroep se "bewyse" oor tienling bevraagteken
2021-10-29"Die koerantgroep het die hele land Woensdag na hul asems laat snak toe hulle tydens ’n nuuskonferensie volgehou het dat die tienling wel gebore is. En hulle beweer daar word in staatshospitale handel gedryf met babas, van wie sommige selfs gebruik word om moetie mee te maak."
Krieket SA se kniebuigbesluit jaag talle die harnas in
2021-10-28Lees ook Quinton de Kock se kant van die saak (pas uitgereik via Krieket Suid-Afrika (KSA)).