EFF-"boewery" wyd veroordeel
2020-09-09"AfriForum het ’n beroep gedoen op Bheki Cele, die minister van polisie, om daadwerklik op te tree teen oortreders wat Clicks-winkels landwyd gevandaliseer en beskadig het. AfriForum sê die polisie het gefaal in hul plig om die burgery te beskerm teen dié persone, wat dink dat hulle die land se wette sonder enige gevolge kan oortree. Dit volg nadat ’n rasseherrie ontketen is weens ’n omstrede Clicks-advertensie. Verskeie EFF-leiers het hul ondersteuners aangemoedig om hierdie kettingwinkel 'aan te val'."
EFF plunder en brand na omstrede haar-advertensie
2020-09-08"Die voormalige openbare beskermer Thuli Madonsela sê die onmin wat losgebars het na die Clicks-advertensie wat die hele land in rep en roer het, is ’n teksboekgeval van onbewuste vooroordeel. Madonsela, wat die leerstoel in maatskaplike geregtigheid in die Fakulteit Regte aan die Universiteit Stellenbosch beklee, sê dit is goed om die advertensie te veroordeel, maar anargie en geweld ondermyn die saak."
ANC-kaders maak bokspronge voor Zondo
2020-09-04"’n Lid van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee wat na bewering tydens haar termyn as ANC-minister met omkoopgeskenke van Bosasa oorlaai is, het Donderdag voor die Zondo-kommissie behoorlik kleigetrap om die bewerings teen haar te verduidelik."
Nog DA vuil wasgoed kom ná Gauteng-leier bedank
2020-09-03"Die DA-leier in Gauteng wat Woensdag bedank het, sê as die party hom gaan slegsê omdat hy bedank het, en hy weet hulle sal, dan gaan hy nog dinge van die party oopvlek in die openbaar."
Ramaphosa streng oor korrupsie
2020-09-01"Pogings in die ANC om ontslae te raak van president Cyril Ramaphosa het misluk. Die ANC-leier het sterker uit die afgelope naweek se vergadering van die Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) gestap as wat hy verlede Vrydag daar ingegaan het."
Ace Magashule moet op die rooi tapyt verskyn
2020-08-28"Daar was die afgelope tyd uit verskeie oorde druk op die ANC om teen Magashule en ander hoëprofiellede van die party wat van korrupsie beskuldig word, op te tree."
0% alkohol sal nie dronkbestuur keer
2020-08-27"Die AA sê ’n 0%-alkoholbeperking in die bloedstroom sal niks aan mense se gedragspatrone verander nie, omdat daar geen gevolge is vir diegene wat gereeld onder die invloed van drank bestuur nie."
Middelklas verarm as gevolg van COVID-19
2020-08-26"Terwyl die regering se maatskaplike toelaes die armstes probeer help, meen die navorsingstudie daar behoort ook hulp verleen te word aan die gevalle wat aan armoede grens, soos die kwesbare middelklas, om te keer dat hulle nie ook in totale armoede verval nie. Suid-Afrika se algemene BBP sal na verwagting met tot byna agt persent afneem in 2020 en stadig herstel tot 2024, waarsku die verslag."
Manuel en Mboweni kry raas van ANC-base
2020-08-25"Mboweni is deur die ANC-leier, Cyril Ramaphosa self in die bek geruk oor ’n twiet van hom. Manuel is in ’n verklaring deur sy party geroskam oor uitlatings wat hy Maandag tydens ’n webinaar gemaak het."
AfriForum in diplomatieke geskille betrokke
2020-08-21"Die burgerregteorganisasie AfriForum bevind hom midde-in ’n diplomatieke geskil tussen Suid-Afrika en Botswana. Dit gaan oor beweerde bedrog en geldwassery in Botswana waarin die sakevrou Bridgette Motsepe-Radebe, skoonsuster van president Cyril Ramaphosa en vrou van oudminister Jeff Radebe, geïmpliseer word."
ANC gekap omdat lede wegkom met korrupsie
2020-08-20"Zandile Gumede is Woensdag ingehuldig ten spyte van die voortslepende bedrog- en korrupsiesaak teen haar wat verband hou met ’n multimiljoenrand-vullisverwyderingstender."
Zuma moet weer hof toe
2020-08-19"Dié slag is dit een van vele vroue wat hom hof toe sleep en nie die staat nie."
Inperking het ekonomie onberekenbare skade berokken
2020-08-18"Die landbou-organisasie Saai het sy stem gevoeg by diegene wat meen die verslapping van die inperkingsregulasies wat die naweek deur president Cyril Ramaphosa aangekondig is, is te laat en te min."
Vlak 2 en fase 2 – die land juig én grom boos
2020-08-14"Suid-Afrikaners het die afgelope week skaars bly geword oor die moontlike vooruitsig dat die noodregulasies van vlak 3 na vlak 2 verlig gaan word, toe hulle wreed deur Eskom ontnugter word met fase 2- en selfs fase 3-beurtkrag wat in werking kan tree."
Suid-Afrika se stille diplomasie met Zimbabwe onder skoot
2020-08-14"Die Suid-Afrikaanse regering loop uit verskeie oorde onder skerp kritiek deur omdat daar geswyg word oor die menseregtevergrype in Zimbabwe."