Dodelike koronavirus op pad na Suid-Afrika
2020-02-04"Die DA se skaduminister van gesondheid, Siviwe Gwarube, sê die feit dat ’n pasiënt in Botswana geïdentifiseer is wat moontlik met die virus besmet is, beteken dat die virus reeds op ons drumpel is."
Openbare Beskermer klou soos ’n neet aan haar pos
2020-01-31"Verskeie politieke partye, burgerlike organisasies en kommentators het al haar kop geëis en gevra dat sy haar tas pak en loop, maar sy skop met alle mag vas."
Suid-Afrika gereed vir dodelike koronavirus
2020-01-30"Die minister van gesondheid het Woensdag by ’n nuuskonferensie in Johannesburg besonderhede gegee oor die regering se voorsorgmaatreëls om die koronavirus te identifiseer en te beheer, sou die virus die land binnedring."
AfriForum wil wêreldwyd kla oor Suid-Afrika
2020-01-29"Brandpunte waarop daar in die besonder gefokus sal word, is onder andere onteiening sonder vergoeding, plaasmoorde, haatspraak en die Suid-Afrikaanse regering se heldeverering van beweerde menseregteskenders."
Oud-LP sê boer het hom as kind gemolesteer
2020-01-28"’n Voormalige parlementslid beweer hy is jare gelede as kind deur ’n boer van Worcester gemolesteer."
Suid-Afrika dop korrupsietoets
2020-01-24"Suid-Afrika is, soos die res van Afrika, pens en pootjies deel van die mees korrupte lande ter wêreld."
Uniseks toilette sit die pot mis
2020-01-23"Die meerderheid Suid-Afrikaners is sterk gekant teen uniseks toilette wat in openbare plekke soos lughawens deur mans en vrouens gedeel word."
SAL skarrel rond oor vlugte
2020-01-22"Die lugdiens sê tydens die huidige proses van sakeredding is die jongste kansellasies ’n verantwoordelike strategie om geld te bespaar en die lugdiens se kapitaalposisie te verbeter."
Kaapse Dokter saai amok onder Kapenaars
2020-01-21"Die stormsterk Suidooster wat die Kaap sedert verlede week teister, het wingerde omgewaai, verhoed dat skepe Kaapstad se hawe verlaat en selfs daartoe bygedra dat die hele land met ’n stadige internet sukkel."
Afrikaanse skole is eilande van uitnemendheid
2020-01-17"Ten spyte van talle uitdagings vaar Afrikaanse skole in Suid-Afrika steeds uitstekend op alle terreine."
Minister vra wapenvrye Suid-Afrika
2020-01-16"Cele se pleidooi vir ’n wapenlose land geskied teen die agtergrond van die groot aantal misdade in die land wat met gesteelde of onwettige wapens gepleeg word."
Zuma al weer te siek vir Zondo
2020-01-15"Jacob Zuma se regsverteenwoordigers het aan regter Raymond Zondo gesê hul kliënt sal eers in Maart beskikbaar wees om te getuig voor die kommissie wat staatskaping ondersoek."
Is die skrif aan die muur vir Cyril?
2020-01-14"Sy politieke vyande in die ANC, wat hoofsaaklik Zuma-gesindes is, slyp behoorlik hulle tande om van Ramaphosa ontslae te raak en hom na sy politieke graf te stuur."
"2019 se matriekuitslae is ’n klug"
2020-01-10"As die syfer van leerders wat nie matriek voltooi nie in ag geneem word, lyk die prentjie heeltemal anders en glad nie so rooskleuring nie."
Leerling blink uit na herrie oor "duiwelskuns"
2020-01-09"Die matriekleerling wie se kuns die hele land verlede jaar aan die gons gehad het nadat ’n pastoor dit as demonies uitgekryt het, het onderskeidings in al agt sy vakke behaal."