Onderwysers draai stokkies
2019-04-10"Skoolhoofde en die swak dissipline wat by skole gehandhaaf word is grootliks verantwoordelik vir die toedrag van sake. '’n Mens kan nie ’n skool doeltreffend bestuur as die skoolhoof self nie by die skool is nie,' het Motshekga gesê."
Bewerings van korrupsie laat Ace yskoud
2019-04-09"Hy ontken steeds al die bewerings teen hom en dreig diegene wat sulke bewering maak met hof-aksies. Eerste in sy visier is Pieter-Louis Myburgh, skrywer van die boek, Gangster state – Unravelling Ace Magashule’s web of capture, waarin onthullings gemaak word wat met meer getuienis as voorheen bevestig word."
Suid-Afrikaners in duister oor Eskom se planne
2019-04-05"Die belofte deur die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordan, dat die land nie ’n pikdonker winter tegemoet gaan nie, is egter met skeptisisme deur talle Suid-Afrikaners begroet. Almal deel nie sy vertroue in die vooruitsig dat daar minimum beurtkrag toegepas sal word in die komende maande nie."
SA-stede met meeste geweld: Kaapstad, Nelson Mandelabaai en Durban
2019-04-03"In 2018 se lys was Kaapstad eerste in Suid-Afrika met ’n moordsyfer van 66,4 vir elke 100 000 inwoners."
Gift of the Givers se helpende hand
2019-03-29"Die Suid-Afrikaanse humanitêre groep Gift of the Givers het nog vier helikopters na Mosambiek gestuur om vasgekeerde inwoners by te staan na sikloon Idai die streek getref het. Sowat 700 mense is dood en duisende in Mosambiek, Malawi en Zimbabwe is haweloos gelaat."
Malema se uitsprake “klink” net na haatspraak sê MRK
2019-03-28"Die vuurvreter politikus Julius Malema se onlangse uitsprake 'klink' na haatspraak maar kwalifiseer nie as haatspraak nie. So het die Menseregtekommissie (MRK) bevind na verskeie uitsprake van die EFF-leier sedert 2016."
Vytjie-fluitjieblaser sluit by ACDP aan
2019-03-27"Mentor is een van die persone wat die afgelope tyd voor die Zondo-kommissie getuig het oor staatskaping. Sy was een van die eerste Zuma-fluitjieblasers wat die ANC in die openbaar van staatskaping beskuldig het."
Moslemhaat steek kop uit by sommige Afrikaanse Christene
2019-03-26"Ds Riaan de Villiers, leraar van die Groote Kerk in Kaapstad, het ’n storm onder Afrikaanse Christene ontketen toe hy na die slagoffers van die massamoord op 50 biddende Moslems in Nieu-Seeland verwys het as sy broers en susters en ook dat hulle kinders van God is."
Sleg vir SA as ANC nou slae kry by stembus
2019-03-25"Volgens Naidoo is die slegste scenario een waar die ANC gedwing sal word om ’n koalisieregering met die populistiese EFF te vorm."
NG Kerk se base gee bes oor gays
2019-03-20"Die NG Kerk se leiers het tou opgegooi in hulle stryd om te verhoed dat gays in die kerk mag trou en dat gay predikante selibaat moet wees. Daar is besluit om 'te berus' by die hofuitspraak waartydens die NG Kerk slae gekry het oor sy rondomtalie-gaybesluite."
Eskom hou die land in die duister(nis)
2019-03-19"Die energiekenner Chris Yelland sê die onderbreking van kragvoorsiening uit Mosambiek is nie die hoofoorsaak van die huidige beurtkrag in Suid-Afrika nie. Eskom beweer die gebrek aan krag van Cahora Bassa in Mosambiek dra grootliks by tot fase 4-beurtkrag, hoewel ander opwekkingseenhede ook probleme ondervind."
Koning van die diereryk slaap in sel
2019-03-15"Nóg ’n koning van die diereryk het die afgelope week sy rieme styfgeloop en moes ’n nag in die polisieselle agter tralies deurbring nadat hy amok gemaak het."
Woedende Zuma dreig om miernes oop te skop
2019-03-13"Zuma het hom die slag wéér tot Twitter gewend om sy misnoeë te kenne te gee. Dit is duidelik dat hy, sowel as sy ondersteuners waarvan daar nog baie is, woedend is oor die bewerings in die verslag wat deur sy opvolger geïnisieer is."
NG Kerk “verleë” na hofuitspraak oor gays
2019-03-12"Die NG Kerk het minder as twee weke tyd om te besluit of hulle kans sien vir nóg ’n hofgeding nadat die kerk in die hof slae gekry het omdat hulle nie hul eie reëls nagekom het nie. Die hof het ook beslis die kerk het in stryd met die land se grondwet opgetree deur teen gay mense te diskrimineer."
Noord-Kaap ''in die mark'' om Eskom se skuld te delg
2019-03-01"’n 21-jarige Kapenaar het die land behoorlik aan die gons gehad met ’n satiriese petisie waarin hy voorgestel het dat die Noord-Kaapse provinsie teen ’n bedrag van R420 miljard aan Namibië verkoop word om Eskom te skuld te help delg."