Jean Oosthuizen

Joernalis

Bosasa se kaartehuis tuimel vinnig inmekaar

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-02-27

"Die maatskappy wat sy naam verander het na African Global Operations (AGO), het die afgelope paar weke soos ’n kaartehuis ingetuimel nadat sy betrokkenheid by korrupsie die land geskok het."

Vrye Weekblad herrys uit die dood

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-02-22

"Die progressiewe Afrikaanse stem in die media Vrye Weekblad herleef binnekort as ’n aanlyn koerant op die internet met die veteraanjoernalis Max du Preez weer in die warm redakteurstoel."

Wêreld se "Restaurant van die jaar" in Kaapse vissersdorpie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-02-21

"’n Piepklein Kaapse restaurant met ’n personeel van slegs sewe mense het stof in die oë geskop van talle groot en bekende restaurante regoor die wêreld toe dit aangewys is as restaurant van die jaar."

Ramaphosa pleit vir ’n nuwe politieke orde

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-02-15

"Die President het Donderdag tydens sy repliek in die debat oor sy staatsrede gesê politieke leiers en partye moet hulle weerhou van verklarings wat ander rassegroepe, taalgroepe of godsdiensgroepe in die land verkleineer of beledig."

Beurtkrag lok duisende na slimfoontoepassing

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-02-14

"Die aantal gebruikers het in ’n week gestyg van 2 500 aktiewe gebruikers tot meer as 400 000. Die toepassing stuur kennisgewings of 'push notifications' uit na die gebruikers wat daarop geregistreer het om hulle in kennis te stel hoe laat ’n spesifieke buurt sonder krag gaan wees."

Nuwe beelde vir Afrikanergeskiedenis

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-02-13

"Die FAK wil sy 90ste bestaansjaar daaraan wy om Afrikaans se kultuurerfenis te verewig. Die vereniging wil onder meer dié rolspelers vereer wat die taal help vestig, bevorder en bewaar het."

Eskom se ligte brand al flouer

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-02-12

"Beurtkrag kan vir ten minste die volgende paar maande weer Suid-Afrikaners se voorland wees en dit lyk of Eskom, wat die land van krag moet voorsien, se kersie besig is om al hoe flouer te brand."

Engels nou amptelik UP se enigste taal van onderrig

Jean Oosthuizen Academisch 2019-02-08

"Vir die eerste keer sedert die Universiteit van Pretoria (UP) se ontstaan is Engels vanjaar die enigste taal van onderrig en leer vir alle eerstejaarprogramme aan die UP."

Die tameletjie van veeltalige universiteite

Jean Oosthuizen Academisch 2019-02-08

"Die vonk in die kruitvat was toe Mboweni hom in die openbaar in sy persoonlike hoedanigheid op Twitter gedistansieer het van UP se besluit om Afrikaans uit te faseer as medium van onderrig."

Tonge klap nadat onderwyseres kind klap

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-02-08

"Die tonge klap behoorlik op sosiale media nadat  ’n onderwyseres van Kaapstad een van haar leerlinge deur die gesig geklap het na ’n onderonsie tussen hulle in die klas."

Wiele van geregtigheid begin draai oor staatskaping

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-02-07

"Die eerste skote om staatskapers agter tralies te probeer kry het Woensdag geklap. Vyf werknemers van Bosasa het op aanklagte van onder meer korrupsie, geldwassery en bedrog in die handelshof in Pretoria verskyn."

Nederland deel van diplomatieke uitval met SA

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-02-06

"’n Diplomatieke relletjie het tussen Suid-Afrika en vyf van die land se grootste internasionale handelsvennote (onder andere Nederland) uitgebreek wat die ANC en die SAKP warm onder die kraag gehad het. Die diplomatieke onenigheid op die vooraand van Suid-Afrika se algemene verkiesing later vanjaar, spruit uit ’n vertroulike diplomatieke dokument wat aan die media gelek is."

Kommer oor skole se veiligheid na brugtragedie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-02-05

"Die departemente van onderwys en openbare werke behoort onmiddellik strukturele ingenieurs te ontplooi om ondersoek in te stel na die veiligheid en toestand van alle skole in die land."

Nuwe wêreldklas navorsingsinstituut by US

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-02-01

"Een van mees gevorderde en gesofistikeerde biomediese navorsingsfasiliteite ter wêreld is tans in aanbou by Universiteit Stellenbosch (US). Die Biomediese Navorsingsinstituut (BMNI) se hoofdoelwit is om ondersoek in te stel na siektes wat die grootste impak op gemeenskappe in Suid-Afrika en die res van Afrika het."

Afrikaanse kerke loop leeg

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-01-31

"Twee van die groot Afrikaanse kerkgenootskappe se lidmaatgetalle het verlede jaar weer skerp gedaal. Die NG Kerk het in een jaar bykans 21 000 belydende lidmate verloor terwyl die Gereformeerde Kerke oor die laaste 10 jaar meer as 16% van sy lidmate verloor het."

Verified by MonsterInsights
Top