Zuid-Afrikahuis se gespreksreeks oor Afrikaanse skrywers en boeke begin met Jolyn Phillips se Bientang
2021-03-01’n Bespreking van die “laaste Strandloper” en Jolyn Phillips, die skrywer van ’n verhalende gedig oor haar, het ’n nuwe reeks aanlyn gesprekke ingelei oor Afrikaanse skrywers en hul onlangse werke. Die Gentse hoogleraar Yves T’Sjoen het met haar gesels vir die eerste uitsending van Boeken uit het Huis. Willem de Vries lewer verslag.
Lewende, gesaghebbende digitale biblioteek vir Afrikaanse letterkunde
2021-02-17Die ontwikkeling van ’n omvattende aanlyn bron oor alle publikasies wat oor die Afrikaanse letterkunde handel, is tans goed op dreef. Die projekbestuurder van die Digitale bibliografie van die Afrikaanse letterkunde aan die Noordwes-Universiteit is die letterkundige Janien Linde. Sy het aan Willem de Vries vertel van die projek wat reeds aanlyn beskikbaar is en wat deurentyd bygewerk word.
PEN Afrikaans Vertaalfonds: Aandag vir Afrikaanse werke in vertaling neem internasionaal toe
2021-02-03Ten spyte daarvan dat die wêreld ingrypend verander het, bly daar ’n aanvraag vir vertaalde werke. Buitelandse uitgewers raak ook meer bewus van die bestaan en potensiële steun wat die PEN Afrikaans Vertaalfonds bied, sê Catrina Wessels, bestuurder van PEN Afrikaans, in ’n gesprek met Willem de Vries.
Nieuwe opleiding Nederlands in India
2021-01-20Van vanjaar af bied die English and Foreign Languages University (EFLU) in Hyderabad in Indië ’n kursus in Nederlands aan. Kristof Baten en Yves T’Sjoen, albei van die Universiteit Gent (UGent), was saam met kollegas van die Nederlandse Taalunie (NTU) en die Universitêre Sentrum vir Taleonderrig (UGent-UCT) nou betrokke by die gesprekke oor en oprigting van die nuwe pos aan die EFLU, die belangrikste universiteit in Indië vir buitelandse tale. Baten en T’Sjoen het Willem de Vries se vrae beantwoord.
Navorsing oor Breytenbach bring belangrikheid van Vlaamse bande aan die lig
2020-12-22"Die nuwe navorsing oor Breytenbach en sy bande met Vlaandere bied ’n geweldig boeiende ondersoek, en Viljoen het voorgestel dat dit in vennootskap of samewerkend aan te pak is. T’Sjoen is dit met haar eens."
Ontvanger van P.C. Hooft-prys, Alfred Schaffer, ’n digter werksaam in die gebied tussen Afrikaans en Nederlands
2020-12-18Die gesiene Nederlandse digter Alfred Schaffer wat in Suid-Afrika woon en werk, is die ontvanger van die P.C. Hooft-prys in 2021 vir sy poësieoeuvre. Willem de Vries het met hom gesels.
GAZ-webinaar: Studie van Afrikaanse letterkunde baat by buiteperspektief en meertaligheid – Marni Bonthuys
2020-12-15Die Gentse Sentrum vir Afrikaans en die studie van Suid-Afrika (GAZ)-webinaar van die Universiteit van Gent se Sentrum vir Afrikaans en die studie van Suid-Afrika word op 16 Desember 2020 die eerste keer aangebied. Akademici in Suid-Afrika en België gaan hieraan deelneem. Marni Bonthuys, ’n dosent aan die Universiteit van Wes-Kaapland en aan Gent, is een van die deelnemers. Willem de Vries gesels met haar.
GAZ-webinaar: Martina Vitackova vertel van ’n Gentse webinaar oor Afrikaanse letterkunde en komende publikasies
2020-12-14Aan die einde van wat internasionaal allerweë ’n uitdagende jaar was, daag daar vandeesmaand in letterkundestudies iets met die aard van ’n nuwe lente en ’n nuwe geluid op in die vorm van die eerste webinaar van die Gentse Sentrum vir Afrikaans en die studie van Suid-Afrika (GAZ). Akademici van verskeie wêrelddele gaan hieraan deelneem. Die koördineerder van die webinaar is die Tsjeggiese vertaler van Afrikaanse letterkunde Martina Vitackova. Sy gesels met Willem de Vries.
Aldo Manuzio se Pieter Rouwendal: "Ik geef graag die boeken uit, die ik zelf niet meer weg kan leggen"
2020-12-10Werke van skrywers aan die orde van Dan Sleigh, Wilma Stockenström en Karel Schoeman verskyn al geruime tyd in Nederlandse vertaling by die uitgewery Aldo Manuzio. En danksy die PEN Afrikaans-vertaalfonds kry Afrikaanse fiksie toenemend raklewe in die Nederlande. Die uitgewer Pieter Rouwendal het met Willem de Vries oor sy liefde vir Afrikaanse skryfwerk en planne gesels.
Charlotte Van den Broeck: "Ik zie de vertalingen echt als een gedeeld auteurschap met de vertaler"
2020-11-17Die Vlaamse digter Charlotte Van den Broeck is vir die bundel Kameleon (2015) met die Herman de Coninck-debuutprys bekroon. Sedertdien het werke uit haar pen lesers in verskeie tale eweneens beïndruk. Haar debuut is nou in Afrikaans beskikbaar danksy Daniel Hugo se vertaling daarvan vir Protea. Vir Van den Broeck behels veral literêre vertaling ’n gedeelde outeurskap. Sy het Willem de Vries se vrae beantwoord.
"Wanneer gode slaap": Fanie Olivier deel sy ervaring van vertaalwerk aan ’n groot Belgiese Eerste Wêreldoorlog-roman
2020-09-24In Godenslaap (Afrikaanse vertaling: Wanneer gode slaap (Protea)), ’n roman wat die Eerste Wêreldoorlog op aangrypende wyse die groter Nederlandse literatuur binnegebring en aan die skrywer en digter Erwin Mortier die AKO-literatuurprys besorg het, kyk ’n Belgiese digter terug op haar lewe van bykans 100 jaar. Willem de Vries het met Fanie Olivier oor sy ervaring en vertaling van hierdie monumentale boek gesels.
Raster en Terras hebben mijn hang naar internationalisme geïntensiveerd – Erik Lindner
2020-07-07"Ik heb gedacht: Terras doe ik om een internationale ruimte open te houden, Revisor voor mijn eigen schrijven." Erik Lindner het met Willem de Vries gesels oor sy werksaamhede by die tydskrif waar hy vroeër vanjaar uitgetree het, hy bespreek internasionalisering en vertaling, en vertel van verskeie komende publikasies en projekte.
Gerekende Poolse letterkundige Jerzy Koch verken taal en letterkunde skeppend in sy eerste Afrikaanse digbundel
2020-05-21"Afrikaans is kompak en beskik oor ’n seggingskrag wat ek moeilik met ander tale kan vergelyk. Die taal het baie variëteite en ek geniet elke variëteit in wat ek lees of wat ek in die land self hoor. Ek trap in Afrikaans my paadjies en praat ook 'my' Afrikaans, skep my eie uitdrukkingsmoontlikhede in hierdie taal."
Breyten Breytenbach: Sal die nood ons leer herbesin?
2020-04-24"Ons is ’n bastervolk van vele oorspronge en volledig en onlosmaaklik inheems as Afrikane. Ons is (nie as enigstes nie maar net so 'geregtig' as wie dan ook) van die oorspronklike synsnyers en agter-die-sterre-aan-lopers. Ons taal moes gesmee en gelouter en versoepel word omdat ons hier moes oorlewe, moes andersmaak en andersword. Die storie is nog lank nie verby nie ..."
Bekroonde Belgiese digter "gelukkig en dankbaar" oor ontvangs van sy bundel in Afrikaanse vertaling
2020-02-27Het zingen van de wereld is Marc Tritsmans se twaalfde bundel. Telkens, in openbarende oomblikke in sy gedigte, wys die digter dat die wêreld veel meer aandag en respek van ons vra en verdien. Hy het Willem de Vries se vrae oor die bundel beantwoord.
