In het nieuws

Iranse oorlogkepe in Kaapstad kan tot sanksies lei, waarsku VSA

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-04-04

"Suid-Afrika se vriendskapsbande met lande soos Rusland en Iran en hulle militêre teenwoordigheid aan die Suid-Afrikaanse kus is besig om die wenkbroue van sy Westerse bondgenote al hoe meer te laat lig. Enkele weke nadat ’n Russiese oorlogskip ten spyte van wye veroordeling deur kundiges, diplomate en aktiviste in Kaapstad se hawe vasgemeer het, het twee Iranse oorlogskepe verlede Vrydagoggend ook by die hawe aangekom."

Thabo Mbeki kap in plofbare brief na die ANC

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-03-31

"Die voormalige president en ANC-leier Thabo Mbeki beskuldig die ANC in ’n striemende brief daarvan dat die hulle iets het om weg te steek ten opsigte van die Phala Phala-kwessie waarby Cyril Ramaphosa betrek word."

Suid-Afrikaners soek antwoorde na bisarre ontsnapping

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-03-30

"Bester se raaiselagtige ontsnapping verlede jaar uit die G4S-maksimumveiligheidsgevangenis in Bloemfontein het die land geskok en in stomme verbasing gelaat."

Tshwane het weer ’n DA-burgemeester

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-03-29

"'Is dit wat Suid-Afrikaners moet verwag wanneer die ANC (plus hul nuwe vennote in rooi) hul meerderheid in 2024 verloor?' het Beaumont gevra."

Belgiese koninklikes sluit staatsbesoek aan Suid-Afrika in Kaapstad af

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-03-28

"België se koning en koningin het hul staatsbesoek aan Suid-Afrika Maandag afgesluit na ’n tweedaagse program vol aktiwiteite in Kaapstad."

Belgiese koninklikes word luisterryk in Suid-Afrika ontvang

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-03-24

"Die koning en koningin van België is Donderdag op luisterryke wyse deur president Cyril Ramaphosa in Suid-Afrika ontvang tydens die eerste amptelike staatsbesoek deur ’n Belgiese monarg aan Suid-Afrika."

Stygende inflasie tref armes die hardste

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-03-23

"Hierdie styging van die inflasiekoers plaas verdere druk op die reeds benarde ekonomiese situasie in die land. Dit sal veral ’n negatiewe impak hê op huishoudings, wat reeds swaarkry weens die hoë brandstof- en voedselpryse."

EFF se berg het ’n muis gebaar

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-03-22

"Die EFF se aanspraak dat die afgelope Maandag se poging om die hele land tot stilstand te dwing die suksesvolste protesaksie in die land se geskiedenis was, word allerweë as erg oordrewe beskou."

Druk op Suid-Afrika om Poetin te arresteer

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-03-21

"Suid-Afrika is onder groot druk om die Russiese president, Wladimir Poetin, te arresteer wanneer hy die land later vanjaar vir die Brics-beraad besoek. Omar al-Basjir is in 2015 toegelaat om Suid-Afrika te verlaat sonder om ingevolge die Internasionale Misdaadhof-wetgewing aangehou te word."

Spanning bou op vir Maandag se "landwye stilstand"

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-03-17

"Die regering, politieke partye en burgerlike organisasies het almal gebeurlikheidsplanne daargestel om te verhoed dat die protesaksie handuit ruk en tot plundering en geweld aanleiding gee."

Universiteit Stellenbosch kry slae by Menseregtekommissie oor Afrikaans

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-03-15

"In die MRK se verslag wat Woensdag bekend gemaak is, word onder meer beveel dat die US skriftelik om verskoning moet vra vir die debakel."

EFF se nasionale stilstand bedreig lewens, sê DA

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-03-15

"Die DA sê dit sal ’n fout wees om die skade te onderskat wat die EFF se dreigende 'national shutdown' aan besighede en werkers kan aanrig. Daarom gaan die DA hof toe vir ’n dringende interdik teen die EFF, sodat 'plunderaars en anargiste' gestuit kan word."

Steve Hofmeyr dok R100 000 op en vra LGBTQI+-gemeenskap verskoning

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-03-14

"Die Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr se omstrede uitlatings oor die LGBTQI+-gemeenskap het hom R100 000 uit die sak gejaag, asook ’n onvoorwaardelike openbare verskoning wat hy op sosiale media moes plaas."

Totsiens Suid-Afrika, sê jonges

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-03-10

"Die stroom landsverlaters wat besig is om die land duur aan broodnodige vaardighede te kos, is veral kommerwekkend omdat die kritieke vaardighede wat so verlore gaan, dieper strek as wat selfs hierdie syfer toon. Dit is toenemend jongmense wat weggaan, maar nie uitsluitlik jongmense nie."

Tshwane se burgemeester goue ketting na agt dae kwyt

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-03-09

"Die gekonkel van Cope se enigste raadslid in die Tshwane-metroraad, Murunwa Makwarela, met die ANC en EFF om van die DA-geleide koalisieregering ontslae te raak, het hom duur te staan gekom. Hy is nie net sy goue burgemeestersketting kwyt nie, maar sit nou op straat sonder werk."

Nuwe kabinet is ’n "bondel gebreekte eiers in dieselfde mandjie"

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-03-08

"’n Geleentheid van verspeelde kanse. Dit is hoe burgerlike organisasies en opposisiepartye Cyril Ramaphosa se kabinetskommeling van die afgelope week opsom."

Phala Phala-dollars in Ramaphosa se rusbank na bewering "vuil" geld

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-03-07

"Die SAID het bevestig dat hulle geen rekords het van die $580 000 wat aan Ramaphosa se Phala Phala-plaas betaal is nie."

Kragkrisis kan vererger voordat dit beter word

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-03-03

"Teen fase 16, waar die frekwensie van fase 8 verdubbel word, is die aantal ure van beurtkrag oor ’n vierdaagse siklus 96 uur, wat beteken dat daar eintlik glad nie elektrisiteit is nie en dit maak nie juis praktiese sin nie."

Ramaphosa loop ’n bloutjie by die konstitusionele hof

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-03-02

"Nuwe druk gaan op Cyril Ramaphosa geplaas word om oop kaarte te speel oor die diefstal van miljoene rand by sy Phala Phala-wildsplaas nadat hy Woensdag ’n bloutjie in die Konstitusionele Hof geloop het oor die saak."

Werkloosheid daal effens, maar bly steeds hemelhoog

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-03-01

"Ongeveer 3,4 miljoen (33,6%) uit 10,2 miljoen jongmense van 15-24 jaar was egter steeds werkloos en ook nie op skool, of besig met opleiding nie."

Verified by MonsterInsights
Top