In het nieuws

Eskom-debakel kring al hoe wyer uit

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-02-28

"De Ruyter se beëdigde verklaring bevestig volgens ActionSA húlle oortuiging dat die ANC ’n kriminele sindikaat is wat direk verantwoordelik is vir die beurtkragramp."

De Ruyter se skielike vertrek laat die poppe dans

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-02-24

"Opposisiepartye en burgerlike organisasies het hom as ’n held bestempel. Hulle prys hom as heldhaftige fluitjieblaser, terwyl die ANC vuur spoeg en dreig om hom hof toe te sleep."

Eskom belowe en paai terwyl fase 8-beurtkrag wink

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-02-22

"Suid-Afrikaners is letterlik en figuurlik in die duister oor die kragsituasie nadat die  land die afgelope week nader as ooit vantevore gekom het aan fase 8-beurtkrag."

Ramaphosa en Cele moet skuld dra vir bloedbad, sê politieke partye en burgerregte-organisasies

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-02-21

"Verskeie opposisiepartye het hul oproep aan president Cyril Ramaphosa herhaal om Cele af te dank, terwyl Ramaphosa self ook blameer word vir wat sommige as ’n bloedbad bestempel."

Universiteite ontken beweerde diskriminasie teen Afrikaanse studente

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-02-17

"Twee voorheen wit Afrikaanse universiteite is in die spervuur oor beweerde taal- en rassediskriminasie teen Afrikaanse studente tydens verwelkomingsgeleenthede op die onderskeie kampusse aan die begin van die akademiese jaar."

Ramptoestand kan Suid-Afrika in ’n “rampdemokrasie” verander

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-02-16

"Solidariteit voel ook baie sterk daaroor dat dit ingrypende stappe gaan verg om die elektrisiteitskrisis te hanteer. Die probleem lê volgens hulle egter juis daarin dat die regering tot dusver nie die politieke wil gehad het om die regte dinge te doen nie."

Voetsek! sê DA-burgemeester vir Russiese oorlogskip

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-02-15

"Rusland se duidelike doelwit met Oefening Mosi II is om Suid-Afrika te misbruik vir hul propaganda teen die Weste."

Nog ’n metro se burgemeester is die goue ketting kwyt

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-02-14

"Om deesdae ’n burgemeester te wees in een van die land se metro’s wat deur koalisieregerings regeer word, blyk een van die mees riskante beroepe in die land te wees."

Staatsentiteit onder skoot weens beweerde korrupsie, magsmisbruik en viktimisering

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-02-10

"Sowat 20 burgerlike organisasies en besorgde prominente individue eis dat die raad van die omstrede agentskap vir media-ontwikkeling en diversiteit (MDDA), insluitend sy skandaal-geïmpliseerde voorsitter, geskors word."

Brand South Africa: How best to attract foreign tourists?

Anneleigh Jacobsen, Izak de Vries In het nieuws 2023-02-09

"There is no good way to spin loadshedding in an ad for South Africa as a tourist destination. Candle-lit dinners can only get you so far when you can’t charge your phone, use a hairdryer or watch TV while you’re on holiday. … But can we justify spending money on advertising South Africa when the basics are failing?"

Konstitusionele Hof beslis in AfriForum en Solidariteit se guns

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-02-09

"Die Konstitusionele Hof het die Suid-Afrikaanse regering ’n harde hou toegedien in die regering se pogings om diskriminasie op grond van ras te probeer regverdig."

DA hou eie alternatiewe staatsrede

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-02-08

"Die DA-leier, John Steenhuisen, het in aanloop tot Donderdag se staatsrede wat deur president Cyril Ramaphosa gehou sal word, sy eie alternatiewe staatsrede Dinsdag in Kaapstad gelewer." 

Vuurwarm politieke week lê vir Suid-Afrika voor

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-02-07

"Suid-Afrikaners behoort teen die einde van die week groter duidelikheid te hê wat president Cyril Ramaphosa en sy regering se planne is om die land uit die energiekrisis en die ekonomiese moeras te lei waarin beurtkrag dit gedompel het."

Openbare verontwaardiging oor sokkerborgskap

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-02-03

"Outa sê die Tottenham Hotspur-voorstel is nog ’n projek wat wys hoe verwyderd die regering is van die behoefte om sy skaars inkomste verstandig te bestee."

Skok en woede na leerder skoolmeisie glo aanrand

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-02-02

TimesLIVE berig die Gautengse Departement van Onderwys het gesê dat ’n graad 10-leerling wat glo by hierdie voorval betrokke was, geskors is.

Gemengde gevoelens oor regering se beoogde ramptoestand vir Eskom

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-02-01

"’n Nasionale ramptoestand kan Eskom-tenders en die verkryging daarvan bespoedig, aangesien dit baie reëls wat tot rompslomp lei, opskort, maar dit kan ook die deur vir korrupsie oopmaak."

Beurtkrag pootjie nou ook ID-dokumente en paspoorte

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-01-31

"By besoeke aan Bronkhorstspruit se Binnelandse Sake-kantoor saam met ’n raadslid, Lida Erasmus, is glo gevind dat daar gevalle is waar mense aansoek doen vir ’n ID-dokument of paspoort, die aansoek voltooi en ’n geldige kwitansie ontvang. ’n Paar weke later wanneer hulle na die kantoor terugkeer om uit te vind hoekom die dokumente nie gereed is nie, vind hulle dat die aansoek heeltemal uitgevee is as gevolg van beurtkrag wat veroorsaak dat die stelsel van lyn gaan."

Johannesburg terug na die ANC

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-01-27

"Onderlinge gevegte tussen koalisievennote in Johannesburg se stadsraad het weer eens die politieke beheer van Johannesburg se metroraad aan die ANC oorhandig. Dit volg nadat samesprekings tussen die DA en die Patriotic Alliance (PA) om die koalisie te probeer red Woensdagaand op die rotse beland het. Dit het die veelparty-koalisie in die stad Johannesburg se magsbasis vernietig en die burgemeester se kop vir ’n tweede keer binne ’n jaar geëis."

Skokkende video wys hoe man sy vrou na bewering aanrand

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-01-26

"’n Skokkende video van ’n man wat besig is om sy vrou na bewering in hulle slaapkamer aan te rand terwyl hulle minderjarige dogtertjie dit moet aanskou en hom probeer keer, dien as getuienis in ’n saak wat tans voor die hof is nadat dit aanvanklik teruggetrek is."

Suid-Afrika se rooi tapyt vir Rusland laat die rooi ligte flikker

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-01-25

"Die rooitapytontvangs wat Lawrof by die Waterkloof-lugmagbasis geniet het, stuur ’n gevaarlike boodskap die wêreld in."

Verified by MonsterInsights
Top